NG Onderstepoort

NG Onderstepoort Jesus het gesê: "......Ek sal my kerk bou..." (Matt 16:18). Ons is die Kerk van Jesus Christus.

02/06/2026
🌸🎩 LAWWE HOEDE, GROOT INSPIRASIE! 🎩🌸Wat ’n besondere Damesoggend het ons beleef!Die saal was gevul met die oulikste, kle...
30/05/2026

🌸🎩 LAWWE HOEDE, GROOT INSPIRASIE! 🎩🌸

Wat ’n besondere Damesoggend het ons beleef!

Die saal was gevul met die oulikste, kleurvolste en mees kreatiewe hoede, maar nog meer as dit, met wonderlike vroue wat saam gelag, gekuier en mekaar bemoedig het.

Karien Snyman het die oggend geopen met ’n boodskap oor die krag van omgee en hoe God ons roep om mekaar op te help en saam sterk te wees.

Ons is diep geïnspireer deur Anel Coetzee wat haar verhaal gedeel het. Sy vertel dat haar grootste uitdaging nie haar gesiggestremdheid is nie, maar dikwels ’n samelewing wat nie altyd weet hoe om gestremdes te akkommodeer of te verstaan nie. In haar lewe het sy al baie verskillende hoede probeer, soos bvv. om 'n toppresteerder te wees, om te wys sy kan enige iets doen, maar vandag besef sy sy kan eenvoudig net wees wie God haar geskep het om te wees.

Anneri Burger het ons harte geraak met haar getuienis van geloof en volharding, ten spyte van daaglikse uitdagings. Ná ’n traumatiese gebeurtenis waarin sy albei haar bene verloor het, kies sy steeds elke dag om met moed vorentoe te leef, vas oortuig dat God steeds ’n plan en doel met haar lewe het.

Annetjie Botes het met haar rustige musiek die perfekte atmosfeer geskep, terwyl Anel ons opnuut ontroer het met ’n pragtige lied opgedra aan haar ma.

Dit was ’n oggend van lag, inspirasie, dankbaarheid, geloof en kosbare samesyn. Maar dit was ook meer as net ’n damesoggend. Elke kaartjie, elke koppie tee, elke gesprek en elke bydrae vorm deel van iets groter – die voorbereiding vir die Daughters of Glory Lof- en Aanbiddingsdag op 5 September, onder leiding van Babsie du Plessis.

Ons stap weg met dankbare harte en die herinnering dat God gewone vroue gebruik om buitengewone dinge te doen.

"Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook." – Johannes 20:21 💕🙏

🌸🎩✨

30/05/2026

Wat ‘n aangrypende lied!

25/05/2026

Ruimte se Winter Kermis.

24/05/2026

Nie op klip, maar in jou hart - Ds Gerrit Snyman

Address

377 Eeufees
Akasia
0182

Opening Hours

Monday 08:30 - 13:00
Tuesday 08:30 - 13:00
Wednesday 08:30 - 13:00
Thursday 08:30 - 13:00
Friday 08:30 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Onderstepoort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share