23/10/2026
Hierdie Sondag in Veldhoven:
Ds. Lourens Bester preek op 25 Oktober. Hy het n jaar gelede ook die heel eerste erediens hier in die Eindhoven omgewing waargeneem.
Lourens het sy teologiese studies in Stellenbosch voltooi (2016) en sy bediening by Parke Gemeente in die Kaap begin, waarna hy vir vier jaar by Wellington Moedergemeente predikant was.
Einde 2022 het Lourens en sy vrou, Wilma, na Nederland verhuis, waar hy sy MBA-studies voltooi het. Hy is tans deel van DHL se internasionale projekspan en woon tans in Den Haag, nadat hulle vier jaar in Maastricht gewoon het. Lourens en Wilma het albei in die Boland grootgeword en mekaar tydens Kruiskerk se Atlete vir Christus-uitreik ontmoet.
Lourens sien die afgelope vier jaar in ’n nuwe land en nuwe hoofstuk as ’n tyd vol genade, waar die nuwe, die vreemde en selfs die alledaagse hom telkens daaraan herinner dat die Here beslis hier saam met ons stap.
Ons sien uit na die erediens en nooi almal uit om dit by te woon.