06/09/2026
Eindhoven-omgewing: Ds. Hanno Ackerman lei die erediens op 27 September.
Hanno het in 2015 sy teologiese studies voltooi by die Universiteit van Pretoria. Hy het as jeugwerker en Predikant gedien by gemeentes: Oosterlig, Elarduspark (Pretoria), Sonstraal en Stellenberg (Durbanville).
In 2021 het Hanno sy MBA voltooi, waarna hy in Nederland as Projek en Transformasie bestuurder by Accenture begin werk het. Hanno was ook vanaf die begin by Kerk in Afrikaans in Nederland betrokke.
Hanno en sy vrou Liaan, wie albei ook deel van die Kerk in Afrikaans musiekspan in Delfgauw was, woon in Dordrecht. Die Ackerman gesin is vergroot in 2024 met die geboorte van Luna, hulle dogter. Hanno het 'n passie vir atletiek, verandering en relevante geloof.
Ons sien baie uit na die erediens.
Almal is welkom!!