Hervormde Kerk Zimbabwe (Harare)

Hervormde Kerk Zimbabwe (Harare) Die Hervormde Kerk Harare.

25/06/2015

Ds Theuns Botha weer Sondag 28 Junie in Harare vir die erediens. Maak gerus sfsprake as daar mense is wat graag besoek verlang.
Lekker naweek vir almal!

14/10/2014

DUTCH REFORMED CHURCH BULAWAYO
We have three beautiful golden Labrador puppies (male) for sale for our fund for underprivileged. Both parents are registered. Inoculated and dewormed. 8 Weeks old. They are available for US$ 150!!! each. Only this three left.
Call 0777008324 Theuns

14/07/2014

Ds Theuns is weer Sondag 20 Aug in Harare en is beskikbaar vir afsprake. Hy kom die maand een week vroee"r aangesien dr Frikkie Labuschagne die 27e met Nagmaal, 'n gemeente vergadering gaan hou op Harare.

26/05/2014

Tannie Babs Immelman is in Avenues Hospitaal opgeneem vir operasie vanmiddag. Sy het haar heup gebreek na 'n val. Baie sterkte en seën aan haar en oom Abel in die moeilike tyd.

20/05/2014

Ds Theuns van Bulawayo is weer die komende naweek in Harare en sal Sondag die erediens lei. Afsprake kan gemaak word vir gesprek of besoeke.

13/03/2014

Mnr Rowan Cronje, voorheen predikant van ons Kerk, is Saterdagnag 8 Maart onverwags in sy slaap oorlede nadat hy die afgelope jaar ’n stryd teen kanker gevoer het. In Januarie 1962 is hy as predikant in Gemeente Salisbury georden. Nadat hy die gemeente agt jaar bedien het, het hy tot die politiek in Rhodesië
toegetree en in die destydse kabinet van mnr Ian Smith en later ook pres Robert Mugabe gedien. Van 1982 tot 1994 het hy as kabinetslid in die regering van die destydse Bophuthatswana-tuisland gedien. Rowan het as ouderling gedien in al die gemeentes waar hulle ingeskakel het. Hy het ook vir twee termyne as
ouderlingslid van die Kommissie van die AKV gedien. In 1994 het die gesin hulle in Pretoria gevestig en was sedertdien lidmate van Gemeente Pretoria-Oos, waar Rowan ook ouderling was. Sy gedenkdiens vind Saterdagoggend 15 Maart om
10:30 vanuit Gemeente Pretoria-Oos plaas. Hy laat sy vrou, Edel, drie kinders en sewe kleinkinders agter.
Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou, gesin en familie.

18/02/2014

Ek is veilig terug in Bulawayo. Graag wil ek al die wonderlike lidmate van Harare bedank vir die naweek en die feestelike Nagmaal waarin ons almal met soveel oorgawe gedeel het. Ek en Adri het die grootste waardering vir julle liefde en ondersteuning.
Ds Theuns Botha.

13/02/2014

Ds Theuns en Adri Botha is die naweek in Harare en ons vier Sondag die Heilige Nagmaal om 10:00. Enige afsprake of behoeftes kan met hom gereël word by 0777008324
Geseënde naweek vir almal!

23/01/2014

Ds Theuns hou Sondag die erediens in Harare en vertrek daarna na die laeveld om lidmate daar te besoek.

01/01/2014

Dit is met leedwese dat ons aan u deurgee dat ds Thys Redelinghuys Saterdag verdrink het in die see aan die suidkus. Hy was besig om iemand anders te probeer red. Ons innige meegevoel namens die gemeente Zimbabwe word betuig aan Hermien en hulle familie. Ds Thys sal onthou word vir sy liefde vir die lidmate van die gemeente Zimbabwe. Ons eer sy nagedagtenis.

01/01/2014

’n Baie geseënde jaar word al ons lidmate en hulle families toegebid. Ry die golwe van 2014 met groot wysheid. Vrede! Ds Theuns en Adri Botha.

22/11/2013

Ds Theuns die naweek in Harare. Nagmaal Sondag!

Address

Harare

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Zimbabwe (Harare) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share