06/09/2026
Siende Blind en Horende Doof
Melissa Mc Donald gesels vanuit Johannes 9 : 1 - 41 oor die blinde man wat deur Jesus genees is, asook die verskillende reaksie van die omstaanders. Sommiges sien en glo, ander verwerp Jesus ondanks die getuienisse. Vandag het ons steeds die probleem dat party nie bereid is om die waarheid te ondersoek en te glo nie - dit is tot hulle eie nadeel.