Boere Hulp SA / Farmers Assistance S.A NPC Reg No 2018/021632/08

Boere Hulp SA / Farmers Assistance S.A NPC Reg No 2018/021632/08 This is a Non for profit organisation. Helping farmers and farm workers
with food and fodder for there animals.

Ons Boere is ons Toekoms / Farmers are our Future

Non-Profit Organizational Commitment

As a Non Profit Organization, Non-Governmental Organization, Foundation or Trust, we are committed to being UNASHAMEDLY ETHICAL.

20/10/2025

Wishing all students of Ventersdorp success in their matric exams. Stay focused, stay calm, and give it your all. Your efforts will undoubtedly be rewarded. Remember that your worth extends beyond academics; u are more than your grades. Trust in your preparation and abilities. Don't compare yourself to others, focus on your own growth. Carry with u the confidence that comes from knowing u have prepared to the best of your abilities.
Every exam is just a step toward your bright future. May these exams be a stepping stone to your success. We pray formyou all.Good luck, and we can't wait to see what u achieve next.
From
Farmers Assistance SA. And Ventersdorp Outrich for Cancer Group

Kom ons ondersteun ons mense en gaan geniet die natuur in die Moordenaars Karoo!!!
28/06/2024

Kom ons ondersteun ons mense en gaan geniet die natuur in die Moordenaars Karoo!!!

Adventures in the Moordenaarskaroo @ Spitzkop Kerux Meat, Venue & Campsite

01/02/2024
Help die Karoo Boere van Merweville en omliggende distrikte.
10/01/2024

Help die Karoo Boere van Merweville en omliggende distrikte.

Help ons om die Boere in Merweville te help !!! Karoo Droogtehulp , Kontak Hennie Alberts. Luister gerus na die opname, ...
03/01/2024

Help ons om die Boere in Merweville te help !!! Karoo Droogtehulp , Kontak Hennie Alberts. Luister gerus na die opname, en raak bewys met wat in die droogte area aangaan!Reik uit en help!!! Voer, fondse medisyne. Raak betrokke!!! Karoo Droogtehulp

Hennie Alberts - Karoo Droogtehulp Dr Karen Wessels - Mamre Genetika - Is dit winsgewend om n lam te voer in n voerkraal Dr Danie Odendaal - Veeartsnetwerk - Bloutong Agraforum Nuwejaarsboodskap

31/12/2023

2024

Ek het die oujaar gelos,
agter die murasie by die bloekombos
waar rooi papawers oopmond blom,
in die laaste strale van die somerson.
Ek pak vir jou en my 'n tas ~
vir die Nuwe Jaar
'n tas wat pas:
Vir Winter;
Mirre, Goud en Wierook
sodat jy ook,
die son se warm strale
sag mildelik oor jou vel voel gloed.
Ek breek vir ons 'n plaasbrood
ek skink ons kelkies boepens vol;
robynrooi wyn,
vir jou en my,
op vriende en samesyn.
Ek salf jou;
laventel, katjiepiering en jasmyn
en kis jou seerkry woorde
en jou pyn.
Ek pak vir ons reis,
padkos om te deel -
pannekoek met kaneel,
sodat jy jou verlede los
en liefwees proe en weet
ek sal jou nooit vergeet.
Ek knoop jou naam
in 'n borsruikertjie saam
en skryf dit tussen sterre
in die melkwegraam.
Ek kneus 'n suurlemoen se blaar
sodat jy die reuk
van oor en nuut,
begin ervaar:
Mag jou voete
nooit die pad verloor
en op jou nuwe roete,
jou oë altyd
bly hoop.
Mag jou skewe paaie reguit loop
en jou mondhoeke
altyd lag.
Ja kyk, more is 'n nuwe dag!
Ek pen 'n koesterwoord
hier op my hart se dun papier:
Vir jou ~
Mag jy vrede vind
in jou olyfboord,
Kaalvoetkind,
Koningskind.
Ek wens jou vroeë purper reën
en God se rykste seën.
Mag jy liefde vind
en jou swaeltjies
altyd terugkeer ~
weer en weer,
na die somer hier.
Mag jy altyd onthou
die Kaapse berge se poeierblou.
Mag jy bly dans
as musiek begin speel
en jou Nuwejaarskans
in genade en vreugde uitdeel.
Mag my woorde vlerke kry,
ek woordtowenaar.
Laat jou gebede hoog vlieg
en vry...
Mag die Nuwe Jaar
net vrede, vreugde en liefde baar,
vir jou en my,
en vir mekaar.
My 2024 wens vir jou
gestrik,
in satynrooi lint ~
met liefde vas gebind.

07/12/2023

Ronel Nell Engela Redelinghuys Van Niekerk

07/12/2023

Reg, so die tyd kom vinnig nader vir ons sanggeleentheid by Tygervallei sentrum, Saterdag 9 Des om 11hoo by die "food court" area.

Die Winelands Philharmonic Orchestra olv Reghardt Kuhn en sy orkes beloof goeie musiek en ons sangers is u die publiek wat soos 1000e stemme gaan klink wanneer u vol lof en hartlik gaan sing.

Ons mikpunt was 1000 stemme maar ons gaan dit dalk oortref.

En nou het ons 'n professionele videograaf boonop gekry saam met 'n professionele fogograaf.

Kom sing asb heerlik saam die volgende liedere:

Love changes everything

Amazing grace

You raise me up

Stille nag

Silent night

Druk asb self die lirieke uit en bring dit saam vir uself.

Deel ook hierdie boodskap ver en wyd en kom deel in ons dankbaarheid teenoor u as gemeenskap vir ondersteuning en bydraes die afgelope aantal jare aan ons boeregemeenskappe oor die land weens die droogte.

Ons sien opgewonde uit na u opkoms en heerlike sang.

Vriendelike groete

Hennie Alberts
Karoo Droogtehulp
0825500283

Address

59 Kruger Street
Wolmaransstad
2630

Telephone

+27645297562

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boere Hulp SA / Farmers Assistance S.A NPC Reg No 2018/021632/08 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Boere Hulp SA / Farmers Assistance S.A NPC Reg No 2018/021632/08:

Share