AGS OASIS Reynorif Gemeente

AGS OASIS Reynorif Gemeente Ons is 'n AGS gemeente gelee te 2 Buffelstraat, Reynorif Witbank.

    Beklee my met U Heilige Gees ๐Ÿ™‡๐Ÿปโ€โ™€๏ธ๐Ÿ™Œ๐Ÿป
06/09/2026


Beklee my met U Heilige Gees ๐Ÿ™‡๐Ÿปโ€โ™€๏ธ๐Ÿ™Œ๐Ÿป

06/09/2026

n Geseende oggend in Abba se teenwoordigheid!!Dankie aan elkeen wat vanoggend se diens bygewoon het.
AGS Oasis groete

06/09/2026

Kom beleef God

06/09/2026

Kom Beleef God Saam In NagmaalDiens

06/09/2026

Goeie more, Oasis-familie en vriende!

Ons sien baie daarna uit om julle vanmรดre om 09:00 by ons diens te ontvang en hartlik te verwelkom.

Kom ontvang vanmรดre dit wat Abba weer op my hart gedruk het. Ek glo dit is โ€™n woord wat vir elkeen van ons bedoel is.

Kom soos jy is!

Onthou ons droom:

Groter + Dieper + Sterker + Wyer

Ons sien uit om jou vanmรดre by ons Nagmaaldiens te sien. Kom deel saam in God se teenwoordigheid, Sy Woord en die gemeenskap van gelowiges.

AGS Oasis-groete
Deon S

30 Augustus Waneer GELOOF die onmoontlike ONTMOET ๐Ÿ™Œ๐Ÿป      :23
30/08/2026

30 Augustus
Waneer GELOOF die onmoontlike ONTMOET ๐Ÿ™Œ๐Ÿป :23

30/08/2026

Goeie middag, Oasis-familie en vriende.

Dankie aan elkeen wat vanoggend se diens bygewoon het. Dit was voorwaar โ€™n geseรซnde oggend in Abba se teenwoordigheid.

Terwyl ons vanoggend so bymekaar was, het ek in my gees ervaar dat ons gemeente โ€™n week van vas en gebed moet ingaan. Ek wil graag gehoorsaam wees aan die stem van die Heilige Gees en daarom roep ek โ€™n week van vas en gebed oor ons gemeente uit.

Ons gaan vas en bid:

๐Ÿ™ Vir โ€™n herlewing om in ons gemeente los te breek.
๐Ÿ™ Dat mense weer sal honger en dors na Abba en Sy geregtigheid.
๐Ÿ™ Dat daar โ€™n siele-oes sal inkom om saam met ons Abba te dien.
๐Ÿ™ Vir geestelike groei in elkeen van ons se lewens.
๐Ÿ™ Oor ons droom van GROTER + DIEPER + STERKER + WYER.
๐Ÿ™ Dat ons ons geloof en vertroue in Abba sal plaas vir herlewing en deurbrake in ons gemeente.

Ons begin met ons vas en gebed om middernag vanaand en gaan voort tot en met ons Nagmaaldiens op Sondagoggend, 6 September 2026.

Indien daar gemeentelede is wat saam wil bid en vas, stuur gerus vir my โ€™n WhatsApp. Ek sal โ€™n broadcast-lys saamstel waarop ek alles rondom die vas en gebed sal deurgee.

Kom ons vas en bid saam as gemeente.
Kom ons soek die aangesig van die Here.
Kom ons staan vas op Abba se Woord.

Mag ons saam verwag dat Abba groot dinge in ons gemeente gaan doen!

AGS Oasis-groete
Deon S

Address

2 Buffelstraat, Reynorif, Witbank
Witbank (1)
1034

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 12:00
18:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS OASIS Reynorif Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AGS OASIS Reynorif Gemeente:

Shortcuts

Share

Category