06/09/2026
Goeiemore broers en susters. Hiermee die liturgie vir die erediens om 09:00. Volg die onderstaande skakel na ons Youtube blad vir die lewendige uitsending van die erediens.
https://www.youtube.com/
Lees: Heb. 1:1; 2: 1-4.
Fokus: NGB Artikels 4 en 5.
Tema: Die gesag van die Heilige Skrif alleen grondves ons in die geloof sodat ons nie wegdryf nie.
- Daarom moet ons ag slaan op die Woord.
Vers 1 begin met daarom: Hoofstuk 2 se argument is gegrond op dit wat die skrywer in Heb. 1 bespreek het, nl. die uitnemendheid van Christus. Omdat Christus die hoogste gesag is, moet ons ag gee op die wat ons van Hom gehoor het. Dit is die eerste opdrag van die teks. Ag slaan, of aandag gee, in die Grieks gaan oor ‘n aanhoudende en bewuste fokus op dit wat ons gehoor het, sodat ons nie wegdryf nie. Ons belydenis maak dit duidelik dat ons geloof alleen op die Woord van God gerig word, deur die Woord gegrondves en bevestig word. Wanneer ons vashou aan die Woord, sal ons nie van God af wegdryf nie, maar die heeltyd seker wees van Christus werk vir ons.
- Want die Woord word deur God gegee en bevestig.
Die rede hoekom die skrywer so sterk daarop aandring dat ons moet ag slaan op dit wat ons gehoor het, is omdat dit van God af kom. Vanaf vers 3 sien ons die hele proses van hoe die Bybel by die gelowige kerk uitgekom het: Die Woord is deur die Here, dit is Christus, verkondig en daarna deur die apostels as agente van God se openbaring aan die gelowiges oorgedra. Die werk van die apostels is verder deur God bevestig in die buitengewone gawes van die Heilige Gees wat God in die apostels gewerk het. Daarom is die Woord van God gesagvol en is die Woord, nie wonders en tekens en allerhande kragtige dade, die bron en behoud van ons geloof.
Sing.
Vooraf: Sb. 24 (1-1): 1.
Ps. 9: 1,7,10
Ps. 32: 1,3
Ps. 34: 4,6 (Tweede melodie)
Ps. 97: 1,7
Ps. 89: 1,5,6
Del dine videoer med venner, familie og verden