Weskus Gemeente

Weskus Gemeente Ons as gemeente wil in die voetspore en leiding van 2000 jaar se gelowiges stap en die Bybel as enigste onfeilbare Woord van God aanvaar. 1. (Mat 24:36-25:13)

Ons onderskryf die volgende belydenisskrifte:
• Heidelbergse kategismus
(http://www.gksa.org.za/heidelbergsekategismus.htm)
• Westminster confession (http://www.ligonier.org/learn/articles/westminster-larger-catechism/)

2. Doel

’n Gemeente waar Jesus Christus die Hoof is. (Kol 1:18, 2:19)
• Waar die enigste begeerte is om Jesus te verheerlik.
• Waar die enigste visie is om die opgestaande He

re Jesus te volg. (Hebr. 12:1-3)
’n Gemeente waar gebed in die naam van Jesus tot die Vader is.
• Waar gebed die kern uitmaak van elke besluit en byeenkoms.. (Kol 1:18, 2:19)
• Waar gebed ’n werklike smeking tot ons Hemelse Vader is vir Sy wil en leiding op ons lewens. (Matt 6:9-10, 7:7-12, Ef 6:18-20)
’n Gemeente waar die werking van die Heilige Gees gelowiges toerus.
• Waar gelowiges dan optree as getuies van die gekruisigde Here Jesus. (Hand 1:8, 4:19-20, 1 Kor 2:1-2)
’n Gemeente waar die Woord altyd sentraal staan in ons lewens en in ons byeenkomste.
• Waar ons glo dat God primêr deur Sy Woord met ons praat.
• Waar ons in die Woord soek na al ons antwoorde. (2 Tim 3:16-17, Hebr 4:12)
’n Gemeente waar verhoudings sentraal staan.
• Waar ons liefdesverhouding met die Here Jesus en met mekaar die kern van ons getuienis na buite uitmaak. (Matt 22:37-38 Jon 13:33-34, 1 Joh 2:9)
• Waar gelowiges mekaar se laste dra. Hierdie laste kan geestelik en materieel wees. (Hand 2:43-47)
• Waar verhoudings belangriker is as strukture.
• Waar daar in mense se lewens investeer word. (Hand 19:8-10, Kyk na Jesus se bediening)
’n Gemeente waar gelowiges lidmate is van die Kerk van Jesus:
• Waar die kerk ’n organisme is wat lewe. (1 Kor 12:12, Luk 13:18-21, Matt 5:13-16)
• Waar die kerk ‘n beweging is van God en waar God die rigting bepaal.
’n Gemeente waar die evangelie van Jesus die krag van God is wat mense red.
• Waar gelowiges besef en met hulle hele hart glo dat die grootste nood van die mensdom is dat hulle in sonde vasgevang is en slegs deur die bloed van Jesus Christus verlos kan word. (Romeine 6:10-14, Spr 16:6-9, Lukas 19:1-9, 2 Pet 3:8-9)
• Waar gelowiges self weer tot bekering kan kom.
• Waar ongelowiges wedergeboorte kan ervaar. (Luk 3:3-8, Matt 4:17, 11:20, Joh 3:3, 1 Pet 1:23-25)
• Waar daar ’n honger is om God se stem te hoor.
• Waar daar ’n honger is om God se stem TE LAAT hoor. (Rom 1:16, 10:14-15, 1 Kor 1:21-24, 15:3-4)
’n Gemeente waar dissipelskap ’n leefwyse is.
• Waar elke gelowige self ’n pad van dissipelskap stap.
• Waar elke gelowige ook ’n pad van dissipelskap met iemand stap. (Matt 28:19)
’n Gemeente waar bediening ’n lewenswyse is in die lewe van elke gelowige.
• Waar bediening plaasvind waar elke gelowige leef en werk. (Rom 12:1, Fil 1:20-21)
’n Gemeente waar sonde gehaat word met alles wat binne ons is.
• Waar ’n sondaar egter ‘n oorvloed van genade en vergifnis kan ontvang. (Romeine 6:10-14, Spr 16:6-9, Lukas 19:1-9, 2 Pet 3:8-9)
’n Gemeente wat die Here loof en prys.
• Waar gelowiges se lewens hierdie lof uitbasuin.
• Waar musiek en lofprysing ook ’n belangrike deel hiervan is. (Ps 149-150, Ef 5:18-20)
’n Gemeente waar gelowiges die Here elke dag opsoek in hulle persoonlike stiltetyd. (Lukas 22:39)
’n Gemeente waar daar betrokkenheid is by sending.
• Waar daar op die Sending behoefte in ons eie omgewing en land gefokus word.
• Waar daar betrokkenheid by wêreldsending is. (Hand 1:8, 2 Kor 8:1-5)
’n Gemeente waar gelowiges drie eienskappe in hul verhoudings met mekaar najaag.
• Waar die waarheid altyd gepraat word.
• Waar liefde altyd die motief is.
• Waar genade altyd die deurslag gee. Deur God se genade leef ons en deur dieselfde genade laat ons leef. (Joh 1:16-17, 1 Pet 4:7-8)
’n Gemeente waar die sekerheid van ons geloof in Jesus Christus lê.
• Waar gelowiges gebind word aan Jesus Christus, en nie aan die gemeente nie.
• Waar gelowiges ledemate is en nie lidmate nie. (1 Kor 2:2, Ef 3:6-21, Kol 1:24-29)
’n Gemeente waar elke gelowige die gemeente opbou deur sy/haar gawe.
• Waar gelowiges om hierdie rede nie die byeenkomste van die gemeente wil mis nie. (1 Kor 12,13,14, 1 Pet 4:9-11)
’n Gemeente waar daar verskillende generasies en rassegroepe is. (Joel 2:28-29)
’n Gemeente waar ouers toegerus word vir die belangrikste taak van ouerskap.
• Waar ouers vir hulle kinders daagliks geloofswaarhede voor leef en leer. (Deut 6:6-9, 11:18-21)
’n Gemeente waar die belydenis van ons geloof ’n daaglikse handeling is in ons lewe voor- en saam met God. (Romeine 10:8-10, 1 Pet 3:13-16)
’n Gemeente wat Jesus se wederkoms elke dag verwag.

Romeine week 10
11/02/2026

Romeine week 10

Visit the post for more.

Jesaja 2:6-22Inleiding In die middel van die profesie oor hoe God sy volk sal verlos en vir hulle oorvloedig sal seën en...
06/02/2026

Jesaja 2:6-22

Inleiding In die middel van die profesie oor hoe God sy volk sal verlos en vir hulle oorvloedig sal seën en herstel sal bring, praat Jesaja met God oor die volk en verklaar dat hy kan verstaan hoekom God hierdie volk verwerp. Hierdie volk word deur God verwerp as gevolg van hulle sonde. Dit asof hy sê: “Here waarom moet ek enige iets goeds aan hulle verkondig, U het hulle met reg gestraf vir hulle afskuwelike dade.” Hy is kwaad vir sy volksgenote en sê dat die Here hulle nie moet vergewe nie....

Inleiding In die middel van die profesie oor hoe God sy volk sal verlos en vir hulle oorvloedig sal seën en herstel sal bring, praat Jesaja met God oor die volk en verklaar dat hy kan verstaan hoek…

Naaman word genees.Naäman was die bevelvoerder van die leër van die koning van Aram. Hy was ’n belangrike en dapper man,...
06/02/2026

Naaman word genees.

Naäman was die bevelvoerder van die leër van die koning van Aram. Hy was ’n belangrike en dapper man, maar hy het melaatsheid gehad. ’n Jong dogtertjie uit Israel, wat as diensmeisie in Naäman se huis gewerk het, het vir haar meesteres gesê: “Ag, as my heer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sou hy gesond word.”...

Naäman was die bevelvoerder van die leër van die koning van Aram. Hy was ’n belangrike en dapper man, maar hy het melaatsheid gehad. ’n Jong dogtertjie uit Israel, wat as diensmeisie in Naäman se h…

Romeine week 9
04/02/2026

Romeine week 9

Visit the post for more.

Elisa in Bet-El en die Weduwee se Olie
30/01/2026

Elisa in Bet-El en die Weduwee se Olie

Van Jerigo af het Elisa na Bet-El gegaan. Terwyl hy op die pad was, het ’n groep jong seuns uit die stad uitgekom. Hulle het hom gespot en vir hom gesê:“Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!” Elisa h…

Jesaja 2:1-5
30/01/2026

Jesaja 2:1-5

Inleiding Die Woord van die Here het die volk, deur Jesaja, in hoofstuk 1 gewaarsku oor hul sonde en hul skynheiligheid. Hy het hulle gewys op wat dit is wat die Here werklik verlang, nl. gehoorsaa…

Romeine Week 8
27/01/2026

Romeine Week 8

Visit the post for more.

Elisa neem die mantel op en help die mense van Jerigo
23/01/2026

Elisa neem die mantel op en help die mense van Jerigo

Toe Elia in die hemel opgeneem is, het Elisa alleen agtergebly. Die mantel van Elia het op die grond geval en Elisa het dit opgetel. Hy het teruggegaan na die Jordaanrivier en by die water gaan sta…

Jesaja 1
23/01/2026

Jesaja 1

Inleiding Dit is voorwaar ʼn ambisieuse taak om Jesaja in blog vorm te behandel, maar ons kan begin om dit op te breek in drie Messiaanse beelde naamlik: Die Koning (hoofstuk 1-37), die dienskneg (h…

Romeine Week 7
19/01/2026

Romeine Week 7

Visit the post for more.

Romeine Week 6
19/01/2026

Romeine Week 6

Visit the post for more.

20/12/2025

Neem asb kennis dat daar die 21 ste en 28ste Des geen erediens sal wees nie, maar wel die 25ste, Kersdag.

Address

Hoek Van Kerk Straat En Witteklip Straat
Vredenburg

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Weskus Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Weskus Gemeente:

Share