NG Kerk Vredenburg Moedergemeente

NG Kerk Vredenburg Moedergemeente Die gemeente is gestig in 1902 en het 1,390 lidmate. Omgeegemeenskap, naby God, tot seën vir almal.

Op soek na 'n ruimte vir jou volgende byeenkoms?NG Kerk Vredenburg se lokale is beskikbaar vir kerklike, gemeenskaps- en...
03/06/2026

Op soek na 'n ruimte vir jou volgende byeenkoms?

NG Kerk Vredenburg se lokale is beskikbaar vir kerklike, gemeenskaps- en besigheidsgeleenthede.

Of dit nou vergaderings, opleiding, werkswinkels, kleingroepe, bestuursvergaderings of spesiale funksies is – ons het 'n verskeidenheid ruimtes om aan jou behoeftes te voldoen.

✨ Bekostigbaar
✨ Betroubaar
✨ Gerieflik geleë

Kontak ons gerus vir besprekings en navrae:
📞 022 713 1724

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!

Baie dankie aan almal wat Sondag ná die erediens saam gekuier het tydens ons Moedersdag teedrinkgeleentheid.Dit was ’n b...
12/05/2026

Baie dankie aan almal wat Sondag ná die erediens saam gekuier het tydens ons Moedersdag teedrinkgeleentheid.

Dit was ’n besonderse oggend van lekker saamwees, gesels en waardering vir die wonderlike ma’s en vroue in ons gemeente.

Ons is dankbaar vir ’n gemeente waar mense saam kan lag, deel en mekaar ondersteun.

Op 5 April het ons as gemeenskap by die groot klip bymekaargekom om saam die sonsopkoms te beleef en Opstandingsondag te...
18/04/2026

Op 5 April het ons as gemeenskap by die groot klip bymekaargekom om saam die sonsopkoms te beleef en Opstandingsondag te vier. Dit was ’n besondere oomblik van dankbaarheid en herinnering aan die nuwe lewe, hoop en oorwinning wat Jesus se opstanding bring.

Baie dankie aan elkeen wat saam met ons daar was en die oggend so spesiaal gemaak het. Julle teenwoordigheid, geloof en samehorigheid wys opnuut die mooi hart van ons kerkfamilie. 🤍

“Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie; Hy het opgestaan!” – Lukas 24:5-6

🌟 Dankie vir ’n Wonderlike Paternoster Basaar! 🌟Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan elke persoon wat ons Patern...
18/04/2026

🌟 Dankie vir ’n Wonderlike Paternoster Basaar! 🌟

Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan elke persoon wat ons Paternoster Basaar op 28 Maart ondersteun het.

Dankie aan almal wat dit bygewoon het, saam kom kuier het en deel was van die dag se vreugde en gemeenskap. Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie.

’n Spesiale woord van dank ook aan elkeen wat gehelp het met voorbereiding, skenkings, stalletjies, kosmaak, opruim en al die harde werk agter die skerms. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Dit was ’n geseënde dag vol samehorigheid, lag en mooi herinneringe.

Mag julle elkeen ryklik geseën word. 🤍

Ons nooi jou uit om hierdie week ’n oomblik van stilte, nadenke en ontmoeting met God te kom beleef by ons Lydenstyd-sta...
30/03/2026

Ons nooi jou uit om hierdie week ’n oomblik van stilte, nadenke en ontmoeting met God te kom beleef by ons Lydenstyd-stasies in die kerk.

⏰ Besoektye:
Maandag – Woensdag
🕘 09:00 – 15:00 (oop vir stil besoeke gedurende die dag)
🌙 18:30 (’n spesiale aand-ervaringsgeleentheid)

Kom sit, luister, bid en beleef die pad van Lydenstyd op ’n diep en betekenisvolle manier.
Almal is welkom. 💜

🌿 Gemeente-ete | NGK Vredenburg 🌿Merk solank die datum in jou dagboek!Ons nooi almal hartlik uit na ’n gesellige gemeent...
22/03/2026

🌿 Gemeente-ete | NGK Vredenburg 🌿

Merk solank die datum in jou dagboek!

Ons nooi almal hartlik uit na ’n gesellige gemeente-ete waar ons saam kan kuier, lag en mekaar beter leer ken.

📅 24 Mei 2026

Meer inligting volg binnekort – hou hierdie spasie dop!

Ons sien baie uit daarna om saam met julle te kuier 🤍

Gister was ’n besondere dag in ons gemeente toe hierdie groep jongmense hul belydenis van geloof afgelê het.Met opregte ...
16/03/2026

Gister was ’n besondere dag in ons gemeente toe hierdie groep jongmense hul belydenis van geloof afgelê het.

Met opregte harte het hulle “ja” gesê vir hul geloof en hul pad saam met God. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en dankbaar vir die getuienis wat julle lewens reeds is.

Hierdie video is ’n samestelling van hul eie woorde — gedagtes uit hul harte oor geloof, hoop en hul verhouding met God.

Mag julle altyd onthou dat julle nooit alleen stap nie. Mag julle geloof groei, julle lig helder skyn en julle altyd God se liefde uitdra waar julle gaan.

🙏 Ons bid dat God julle ryklik sal seën op die pad vorentoe.

✞ Almal word hartlik uitgenooi na ons As-Woensdag diens op 18 Februarie om 18:30 in die Kerk. Kom begin die Lydenstyd sa...
07/02/2026

✞ Almal word hartlik uitgenooi na ons As-Woensdag diens op 18 Februarie om 18:30 in die Kerk. Kom begin die Lydenstyd saam met ons!

’n Hartlike welkom aan ons nuwe kerkraadslede! 🌸Renier Faasen (Mannebediening), Annari Engelbrecht (Berading), en Juanit...
09/12/2025

’n Hartlike welkom aan ons nuwe kerkraadslede! 🌸

Renier Faasen (Mannebediening), Annari Engelbrecht (Berading), en Juanita De La Harpe-Coetzee (Spiritualiteit).

Mag God julle seën in hierdie nuwe seisoen van diens en groei! 🙏💫

Ons Gemeentebraai op 29 November was ’n fees van saamwees! 🔥Baie dankie aan almal wat deel was van die lekker kuier. Ons...
09/12/2025

Ons Gemeentebraai op 29 November was ’n fees van saamwees! 🔥
Baie dankie aan almal wat deel was van die lekker kuier. Ons gemeente is werklik ’n familie! ❤️

Address

H/v Hoof/en Kerkstraat
Vredenburg
7380

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 12:30
Wednesday 09:00 - 12:30
Thursday 09:00 - 12:30

Telephone

+27227151276

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Vredenburg Moedergemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share