Nederduitsch Hervormde Kerk Duncanville

Nederduitsch Hervormde Kerk Duncanville Duncanville gemeente

11/06/2022

Die Here is VOOR jou om jou pad gelyk te maak.Die Here is LANGS jou om jou in Sy arms toe te vou.Die Here is AGTER jou om die aanvalle van die Bose af te slaan.Die Here is ONDER jou om jou te dra as jy mag val.Die Here is RONDOM jou om jou te beskerm....Die Here is BOKANT jou om jou te seën.Die Here is BINNE-IN jou om jou te lei met Sy Heilige Gees.Die drie-enige God is BY jou – van nou af tot in ewigheid.

13/11/2021
01/08/2021

Ek glo in die son, selfs al skyn dit nie. Ek glo in liefde, selfs al is ek alleen. Ek glo in God, selfs wanneer Hy stil is.
Ons almal is menslik, en almal kry seer. Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer. Ons almal wil graag vergifnis hê, Maar dis soms so moeilik net om jammer te sê. Ons almal het stories, van trane en spyt, Ons almal het verhale van liefde en verwyt.
Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie, Maar onthou, die lekkerste appels is nie altyd rooi nie.
Vergewe en vergeet, is soos bitter en soet. Die soet laat jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed. Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jou nie. Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie. Leer om te lewe en ander te laat leef, Leer om na die goeie in die lewe te streef. Daar’s net een van jou, en net een kort kans, Om op die ritme van jou geluk, in die lewe te dans.
Verlos jouself en begin diep binne rond delf. Maak stupid grappies en lag hardop vir jouself. Daar’s beter dinge as rykdom en geld, Al bly jy in ‘n tent iewers in die veld. Dis jou eie keuse maak of breek, Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek.
Tel op jou kop, hou jou trane vir ‘n ander dag, D**k terug aan goeie tye, en mis dit vir ‘n slag.
D**k aan al die dinge wat jy al behaal het, En buitendien is dit God wat jou lewe bepaal het. Voel die verligting van vergifnis in jou are, Voel die speling van gevoel oor jou hart se snare Lewe en laat leef, die res kan maar staak, Want dis meer as asem haal, wat in jou lewe saak maak…
‘n Mens lewe nie van brood en water alleen nie, En God het jou nie verniet aan die wêreld geleen nie!

30/06/2021

Niemand kom regtig van nerens......
Almal kom maar van iewers,-erens..........
maak nie saak of almal d**k jy is niemand.......
vir God is jy spesiaal- by Hom is jy iemand.......
Almal het geraamtes in die kas......
en almal bly in huise van glas...........
Soms sien ons net sleg en kyk op almal neer........
en soms breek dit n hart en dit maak so seer........
Die lewe is te kort om te haat.......
en van ander sleg te praat.........
Hoekom kan ons nie ook soms iets moois in ander sien....
en besef dat hulle ook n plekkie in die Son verdien..........
Soms is ons te vinnig om ons tong te keer........
en soms doen ons nie juis moeite om te probeer.......
dalk wil daai persoon ook maar net iets in die lewe wees.......
en moet ons probeer om dieper in hul harte te lees.......
Dalk as ons dieper gaan delf.......
vind ons iets in hulle van onsself........
Soms is hul lewens ook in woeste water......
en ons besef dit eers baie later.......
Soveel verlore tyd gaan verby.......
wat jy juis n hand van vriendskap kan kry........
miskien moet ons stilstaan en ons hande uitreik.......
en na die lewe deur hul oe kyk.......
Niemand is ooit te goed of sleg.........
en soms is iemand verkeerd,al d**k hulle huls reg.......
Soms as ons neersienend of lelike gedagtes wil kry....
moet ons dalk twee keer d**k om liewers stil te bly........
want dalk wil ons nie iemand regtig verstaan......
en net God weet wat in die lewe en hart van n verstoteling aangaan.........
So maak nie saak waar die lewe lei........
elkeen sal by God n plekkie kry.........
want Hy gee nie om van waar ons kom......
want Hy gee aan elkeen n plekkie in die son...Amen!!! Shalom!!!

05/06/2021

Kom ons bid saam...................................86
Onse Vader - God is die Skepper en die Vader van alles - Hy is ons Hemelse Vader wat in ons behoeftes voorsien - Ons is Sy kinders
Laat U naam geheilig word –Dit is die aanbidder se wens dat die naam van God hoog geag en geeer word onder alle mense.
Laat u koninkryk kom - Die versoek is ‘n wens dat God oral moet heers, dat Sy wette gehoorsaam moet word, en dat veral die evangelie van Christus oral verkondig moet word totdat die wêreld vol gevul word met Sy glorie.
Laat U wil geskied – Die wil van God is dat mense sy wette moet gehoorsaam en heilig moet lewe. Die woord “wil” verwys na Sy wet en wat aanvaarbaar is vir Hom. Soos wat Sy wet in die hemel gehoorsaam word moet dit ook op aarde ons begeerte wees om Hom lief te hê en Sy wet (wil) te gehoorsaam.
Gee ons vandag ons daaglikse brood – Die woord “brood” beteken alles wat nodig is om aan die lewe te bly. Hierdie versoek openbaar ons afhanklikheid van God.
En vergeef ons ons skulde – Die woord “skulde” word figuurlik gebruik. Ons sonde het ‘n ooreenkoms met skuld. Skuldenaars is gebind deur ‘n kontrak aan hulle skuldgewers. Ons het nie so ‘n kontrak met God nie en daarom word die woord “skulde” as figuurlik beskou. Die woord “skulde” beteken hier ons “sondes / oortredinge teenoor God” – wat slegs deur God vergewe kan word. Die versoek brei uit - soos ons ook ons skuldenaars vergewe -. Soos wat God ons ons oortredinge vergewe moet ons die wat ons te na kom dieselfde doen. Ons kan nie verwag om vergifnis te ontvang as onsself nie kan vergewe en vol verbittering is nie.
En lei ons nie in versoeking nie – ‘n Versoek soorgelyk aan die van Dawid in "Psa 141:4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie." God versoek geen mens nie. Die gedeelte moet dus gebruik word in die sin van “toelaat”. Moet nie toelaat dat ons versoek word in sonde nie. Hieruit word geimpliseer dat God beheer het oor die versoeker deur ons te red daarvan as ons tot Hom bid. Die woord “versoeking” beteken beproewing, teistering of enige iets wat ons geloof beproef.
Verlos ons van die Bose – Die Bose dui op satan. Die beteken in hierdie gedeelte is “verlos ons van sy mag, sy leuens, sy lokvalle en sy versoekings. Om van hom verlos te word is om veilig te wees in Jesus. Of dit kan ook beteken verlos ons van die swaar en beproewings in ons lewe.
Aan U behoort die koninkryk – Dit is God se heerskappy. God het beheer en mag oor alle dinge.
en die krag – God het die mag en krag om ons gebede te beantwoord en te gee wat ons vra. Ons kan dit nie self doen nie, maar God is Almagtig en alle dinge is moontlik deur Hom.
en die heerlikheid – Dit is, U is die eer en glorie. Nie vir ons glorie nie, maar God se glorie. Dat u heerskappy, krag en U glorie gemanifisteer word deur die verhoor van ons gebed.
Amen – Hierdie woord is van Hebreuse afkoms wat beteken om waar gen getrou te wees. Dit woord gee uitdrukking aan “waarlik, so sal dit wees”..AMEN

25/05/2021

2 Kor4:7*
*Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.*
Soms is ons soos hierdie potte gekraak, of gebars deur omstandighede, dalk seer gekry deur harde houe deur die lewe aan ons toegedien en gegee....
Maar sien...
Deur elke seer skyn U helder lig, deur elke hou toegedien...elke swaar waardeur ons sò bitter moeilik vorentoe moes bèur,
kom Ù o Heer, en skyn Ù Lig,
Ù salwing,
Ù krag....
Ù bring heling sag,
Ù herstel,
want Ù is God...
Ù is in beheer...
Ù regeer...
U troue liefde hou ons teer...
Aan Ù boesem
Vader, Heer!!!
Ons is Ù sin, ons behoort aan Ù...
Ons kan juig en getuig, want Ù is God,
Ten volle in beheer
Ons loof en prys Ù altyd deur...
KONING JESUS Ù REGEER
AMEN🙌🏼
ONS HET Ù SÒ LIEF O, HEER❤️

23/04/2021

Hulle Wil My Nie Toelaat Nie.
Dit was ‘n pragtige Sondag oggend. Mense was besig om die kerk binne te stroom en die kerk banke was byna almal gevul. Soos wat die mense inkom ontvang hulle by die deur ‘n traktaatjie met al die aankondigings, opsomming van vandag se preek, watter liedere word gesing en vir wie moet voorbidding gedoen word.
Aan die einde van die ry staan ‘n ou man. Sy klere was vuil en jy kon gou agterkom dat hy vir ‘n paar dae nie gebad of geskeer het nie. Toe hy by die diaken by die deur kom, haal hy die flenter bruin hoed van sy kop af, uit respek. Sy hare was lank, vuil en deurmekaar. Sy skoene was ou vellies wat vol gate is en die voorste punt oopgesny is vir sy tone. Die diaken kyk hom op en af en sê, Uhm, jammer meneer, maar ek is bevrees ons kan jou nie laat inkom nie. Jy sal die orde in die diens kom ontstig en ons laat niemand toe wat die orde van die diens kan ontwrig nie. Ek is bevrees jy sal moet gaan.”
Die ou man kyk af na homself met ‘n uitdrukking van ongeloof op sy gesig. Hy plaas sy bruin flenter hoed terug op sy kop en draai om en loop.
Hy was baie hartseer aangesien hy vreeslik lief was daarvoor om te luister na die koor wanneer hulle lofliedere sing tot eer van God. Hy was veral lief daarvoor om na die klein kindertjies te luister as hulle voor in die kerk staan en hulle kinder lofliedere sing. In sy sak dra hy ‘n klein verweerde Bybeltjie en dit gee aan hom groot plesier om te sien of die predikant dalk ‘n stukkie lees uit die Bybeltjie wat hy dalk onderstreep het.
Maar hy was baie beleefd en wou nie moeilikheid veroorsaak nie en het net sy kop laat sak en weer die klompie trappies van die pragtige kerk afgeklim na die geplaveide voetpaadjie wat lei na die kerk.
Hy het op die steen muurtjie gaan sit naby die grens van die kerk en sy ore behoorlik gespits om te luister na die sang in die kerk deur die toe deure en ruite. Ag, hoe wens hy, hy kon daar binne wees saam met die res van die gemeente.
Na verloop van ‘n paar minute kom daar skielik agter hom ‘n jongman aan wat langs hom kom sit. Hy vra die ou man wat is hy besig om te doen? Hy antwoord, “Ek wou na die kerk toe gaan vandag, maar hulle d**k ek is te vuil, my klere te oud en verweer en hulle was bang dat ek hulle diens sal ontstig.
Jammer, ek het myself nog nie voorgestel nie. My naam is Jan.” Die twee mans skud hande en Jan kan nie help om op te merk dat die man ook lang hare het soos hy. Hy dra ‘n lap oor sy liggaam en die is vasgemaak met ‘n konings blou band om sy middel. Hy het sandale aan sy voete, wat nou vuil en vol stof is.
Die vreemdeling raak Jan se skouer aan en sê, “Jan, moenie te sleg voel omdat hulle jou nie wil laat ingaan nie. My naam is Jesus, en ek probeer al vir jare om in die kerk te kom maar hulle wil my ook nie toelaat nie.”
(Heb 13:2) Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

22/04/2021

EK hoor jou HULPGEROEP, sê die HERE. My ore is OOP om te LUISTER na jou opregte SMEEK-GEBED. Ek sien jou KINDERLIKE geloof en VERTROUE in My alleen. Ek sien die AFHANKLIKHEID waarmee jy My aanroep in jou GEBED. Ek het reeds My ENGELE opdrag gegee vir jou bonatuurlike VOORSIENING en SORG. Ek stuur vir jou VREDE en KALMTE in hierdie STORM. Jy het nie verniet GEBID en GEGLO nie. Ek SPREEK nou ‘n radikale DEURBRAAK in jou lewe en omstandighede. Dis EK wat jou STYF VASHOU. Jy is MYNE! Amen

11/01/2021

I am inviting you to join me for a short prayer in the name of the Father, the Son and the Holy Spirit. Let us pray together. Lord God, thank you very much for all the blessings that you never get tired of giving us. Even if we are not worthy of your love, you are still there to love us. Lord, we are humbly asking for forgiveness from You for all our sins, whether they are intentional or not - please forgive us. Cleanse our hearts and remove all the negative emotions that we hold. Lord, I lift my future to you. May you straighten the path that I am walking. Cause me to make wise, Godly choices for my life- choices that will honor You. Please be with me on my journey, Lord. You will serve as my guide and refuge. Lord, though I am a sinner, fragile in temptation and often my faith is weak, I pray that you will not let go of me, but hold me in your loving arms. Lord, we need you. Pour your love and forgiveness out to the world. Touch each one of us. Make each of us your instrument of love so that other people can know you. Give each of us enough wisdom to reveal your greatness to others. Dear Lord, we will not get tired of worshiping You. From the smallest to the greatest of your blessings, I will be in debt until my death. May the love that first came from you reign in the life of every child reading this prayer. Use us for your plans. Lord, I pray that You will stop this spreading disease - heal our land. This is causing huge damage to our families and communities. Please take care of us, Lord. You are our only hope and strength. Lord God, all the praise and thanksgiving are yours, in the name of JESUS, Amen. I love you Lord

06/01/2021

Ons almal is menslik,en almal kry seer...
Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer...
Ons almal wil graag vergifnis hê
Maar dis soms so moeilik net om jammer te sê...
Ons almal het stories,van triomf en spyt...
Ons almal het verhale van liefde en verwyt...
Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie...
Maar onthou die lekkerste appels is nie altyd rooi nie...
Vergewe en vergeet is soos bitter en soet...
Die soet laat jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed...
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jouself nie...
Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie...
Leer om te lewe en ander te laat leef...
Leer om na die goeie in die lewe te streef...
Daars net een van jou en net een kort kans...
Om op die ritme van jou geluk in die lewe te dans...
Maak stupid grappies en lag hardop vir jouself...
Daars beter dinge as rykdom en geld...
Al le jy in ñ tent iewers in die veld...
Dis jou eie keuse maak of breek...
Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek...
Tel op jou kop hou jou trane vir ñ ander dag...
D**k terug aan goeie tye en mis dit vir ñ slag...
D**k aan al die dinge wat jy al behaal het...
En buitendien is dit God wat jou lewe bepaal het.....

Address

Senator Roodt Weg, Duncanville
Vereeniging
1939

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nederduitsch Hervormde Kerk Duncanville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category