31/08/2026
Wanneer jy bietjie stilstaan en d**k, besef jy dat die meeste van ons probleme nie sommer net uit die bloute kom nie. Dit begin amper altyd by โn besluit. โn Besluit wat ons geneem het, โn besluit wat ons probeer ontduik, of โn grens wat ons net nie wil stel nie. Al is dit dalk โn bitter pil om te sluk, moet ons erken dat dit die reine waarheid is.
Almal het geweet wat dat dit die Antarktiese ontdekkingsreisiger, Robert Scott se doel was om die eerste persoon te wees om die Suidpool te bereik. Maar ons weet almal ambisie alleen waarborg nie sukses nie. Scott het goeie raad geรฏgnoreer, beter maniere van vervoer van die hand gewys, sy sleรซ oorlaai en sy manne harder laat werk as wat slim was.
Hulle het wel uiteindelik by die Suidpool aangekom, net om uit te vind dat โn geselskap uit Noorweรซ hulle reeds voorgespring het. En op pad terug het elkeen van hierdie manne in die ongenadige sneeu en koue gesterf. Verkeerde besluite; geen grense; hardkoppigheid en geen verantwoordelike beplanning nie, het gelei tot die uiteindelike prys wat hulle betaal het: hulle lewens.
Dit klink dalk baie dramaties, maar dit is โn leersame les oor sommige van die verkeerde besluite wat ek en jy ook al langs die pad geneem het.
Jakobus 1:5 sรช: As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Die feit van die saak is: jou besluite mรกรกk saak, jou grense mรกรกk saak, en die keuses wat jy probeer ontduik โ maak die heel meeste saak. Maar die goeie nuus is dat jy nie aan jouself oorgelaat is nie. God staan nie op โn afstand en skud net sy kop nie. In plaas daarvan leun Hy juis nader en gee vir jou die nodige wysheid, krag en moed om anders te kies.
So vandag vra ek jou: wat is die een besluit wat jy al die hele tyd uitstel, of die een grens wat jy te bang is om te stel? Neem dit vandag na God toe. Want met sรฝ wysheid hoef jou toekoms glad nie soos jou verlede te lyk nie.
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit net van God bid.
Want dit is Sy Woord. Vars โฆ vir jou โฆ vandag.