Revival South Africa

Revival South Africa Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Revival South Africa, Religious organisation, Jan Groentjie Street 2162, Touwsrivier.

07/05/2024

Ek is in George om te kom ween saam met George. As u in die George omgewing is Inbox my.

05/05/2024

Skakel vanoggend om 10H00 live in op Facebook vir ons Sondagoggend boodskap.

04/05/2024

Goeie More Geliefdes,

Ek wil graag 'n bemoedigende gedagte met julle deel vanoggend. In die verhaal van Mordegai en Ester in die Bybel sien ons hoe God in staat is om deur te kom vir ons van 'n kant wat ons nie eens verwag het nie. Selfs wanneer alles hopeloos lyk, kan Hy 'n deurbraak bewerkstellig.

Mag jy vandag moed vind in die besef dat jou deurbraak dalk uit 'n onverwagse rigting kom. Ek bid vir elkeen van julle se persoonlike uitdagings, dat God julle sal verras met 'n wonderwerk.

Mag julle 'n geseënde dag hê!

Groete in Christus
Past Brendon

02/05/2024

Goeie môre, geliefdes. Ek bid vir 'n oorwinnende dag vir julle. Mag die Here vandag aan u guns bewys, soos aan Ester guns bewys was.

01/05/2024

Die goedertierenheid van die Here is tot in ewigheid. Maak nie saak hoe donker jou situasie vanaand mag wees nie, die Here bly in beheer en Hy verander sake. Hou aan glo!

30/04/2024

Dit is ons eerste Post oor Politiek.

People's Movement for Change (PMC)

Tema: Die Kerk & Politiek

Die kerk speel 'n kritiese rol in die politiek, 'n rol wat onontbeerlik is vir die bevordering van regverdige en etiese leierskap.

Met die agteruitgang in die regering weens die afwesigheid van goddelike rigting, is dit noodsaaklik dat gelowiges, soos Moses wat sy mense uit Egipte gelei het, na vore moet tree.

In hierdie seisoen van my lewe is dit my roeping om die politiek te betree en namens God se mense te praat, wat vir lank onderdruk was deur 'n stelsel wat nie werklik vir die mense is nie. Die regerende party, die ANC, het ons mense gefaal, en daarom moedig ek al my broers en susters aan om teen die ANC te stem vir 'n nuwe party wat ons na 'n nuwe rigting weg van die ANC kan lei, na 'n plek waar ons mense se nood weer prioriteit sal geniet.

Daarom ondersteun ek die People's Movement for Change (PMC) en nooi ek almal uit om op 29 Mei saam met my vir PMC te stem. Laat ons hande vat en saam 'n kragtige verskil maak.

Ek wil u almal aanmoedig om nie moed te verloor nie. Kom ons hou aan bid; die Here is aan die werk, en Hy het die hulpgeroep van Sy kinders gehoor.

Geskryf deur Die Kneg van die Here,
Past Brendon Jaftha.

29/04/2024

Goeie Naand Familie;

Ek is op soek na mense in die volgende dorpe. As u van een van hierdie dorpe is, kontak my asseblief 📩, of as u van enige ander dorp in die Wes-Kaap & Noordkaap is en u wil saam met my werk, kontak my asseblief 🤝.

Die dorpe sluit in:

Rawsonville, Worcester, Laingsburg, Leeu-Gamka, Beaufort-Wes, Prins Albert, De Rust, Uniondale, Dysselsdorp, Oudtshoorn, Knysna, George, Mosselbaai, Ladismith, Heidelberg, Riversdal, Slangrivier, Swellendam, Montagu, Ashton, Robertson, Malmesbury, Ceres, Caledon, Bredasdorp.

Die gesprek is egter Polities en Evangeliese uitreikings!

Ons wil graag 'n draai maak in u dorp 🌍.

28/04/2024

Die Woord vd Here se as die Seun jou dan vrygemaak het. Is jy waarlik vry!

26/04/2024

Goeiedag, geseëndes van die Here. Vind vreugde in die Here, want dit is die dag wat die Here gemaak het. - Filippense 4:4

23/04/2024

Ek wil vir iemand vandag se, Kyk die Here maak voor jou 'n deur oop wat niemand kan toemaak nie!!!

19/04/2024

Die boodskap van vandag is:

"Die sonstraal skyn deur jou venster; die Here is lief vir jou".

Moontlik sit jy vandag in negatiewe donkerte, maar die Here se lig breek vir jou deur in jou donkerte.

God breek vandag elke negatiwiteit in jou lewe.

Address

Jan Groentjie Street 2162
Touwsrivier
6880

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Revival South Africa posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share