19/07/2025
Hemelse Vader,
Dankie dat U ons vandag weer die voorreg gegee het om te dans β nie net met ons liggaam nie, maar met ons hele hart en gees. Wat βn genade om U teenwoordigheid so tasbaar te beleef, om deur die vuur van die Heilige Gees beweeg te word en om U lof uit te stort op heilige grond.
Dankie, Here, dat U ons geroep het vir hierdie bediening. Dankie vir Die Kroon β βn plek waar ons kan dien, aanbid, en die Koninkryk van God kan uitdra met elke beweging, elke ritme, en elke tree van oorgawe.Dankie Jessy en Abby vir julle mooi harte en deel te wees can so iets spesiaals.
Ons besef: dit is nie ons nie β dit is U in ons hart. Dankie vir U gees. U liefde wat ons beweeg, en U roeping wat ons vashou. Vandag dans ons nie uit onself nie β ons dans onder die salwing van die Heilige Gees. U het my weer kom vul. U het my opnuut kom aanraak.
Dankie dat ek vandag weer kon dans.
Dankie vir nuwe vuur, nuwe vreugde en nuwe krag in U teenwoordigheid.
Ek gee aan U al die lof, al die eer, en al die aanbidding.