Gereformeerde Kerk Thabazimbi

Gereformeerde Kerk Thabazimbi AAN GOD ALLEEN DIE EER EN HEERLIKHEID Erediens Tye
9:30

31/10/2025

Ds Nikolaas Pienaar

The Five Solas: The Heart of the Gospel

Romans 11:36, "For from Him and through Him and to Him are all things. To Him be the glory forever. Amen."

The Five Solas are the distilled essence of biblical Christianity. They are not dusty slogans of a bygone era, but blazing torches of divine truth that pierce through every age's darkness. Each "Sola" declares a truth upon which the Christian stands--or falls.

1. Scripture Alone (Sola Scriptura)
God's Word stands as our supreme and final authority in all matters of faith and practice (2 Timothy 3:16–17). It is not tradition, emotion, or experience that determines truth--but the written Word of God. To deny Sola Scriptura is to dethrone God's Word as our final authority, and enthrone sinful human opinion. The believer who clings to Scripture alone, drinks from the purest fountain of divine truth, unpolluted by the fallible dictates of sinful men.

2. Grace Alone (Sola Gratia)
Salvation flows entirely from the unmerited favor of God (Ephesians 2:8–9). Grace is not God's response to our human effort--it is His sovereign initiative toward the undeserving, the ill-deserving, and the Hell-deserving. The lost sinner contributes nothing to his salvation, but the sin that made it necessary. This humbles our pride, and magnifies God's mercy. Salvation by grace alone, reminds us that we are trophies of divine compassion, and not architects of our own salvation.

3. Faith Alone (Sola Fide)
Faith is the empty hand that receives the perfect righteousness of Jesus (Romans 3:28). To add our works to faith, is to nullify the cross of Jesus. Works do not save us; yet they always follow salvation. Saving faith will always bear gospel fruit--but that fruit is never the root of salvation. We are justified once for all, by trusting alone in the Lord Jesus, and His sin-atoning death.

4. Christ Alone (Sola Christus)
Jesus is the exclusive Mediator between God and man (1 Timothy 2:5). No priest, no saint, no sacrament can bridge the chasm which sin created. The sin-atoning death of Jesus is sufficient for salvation--nothing can be added without blasphemy. Every shadow in the Old Testament finds its fulfillment in Him. To cling to Jesus alone, is to stand upon the Rock of Ages. To trust in anything else, is to sink in the sand of human religion, and then into the pit of Hell.

5. To the Glory of God Alone (Sola Deo Gloria)
From creation to redemption, all things exist for God's glory (Isaiah 43:7; Romans 11:36). The Christian life is not man-centered, but God-centered. Grace saves, faith believes, and Christ redeems--all so that God might be glorified. To the true believer; every act of obedience, every breath of life, every beat of the heart, is an opportunity to glorify the Lord who reigns forever.

Sovereign Lord, thank You for Your Word that reveals Your grace, Your grace that grants faith, and Your Son who paid my eternal sin debt. May my life resound with one purpose--to bring glory to You alone. Amen.

["Reformation Day" is celebrated on October 31st every year. The Reformation was a 16th century movement that sought to restore the Church's teaching and practice to the authority of Scripture alone--Sola Scriptura. It opposed the corruption and heretical doctrines of the Roman Catholic Church. The movement recovered the biblical gospel of salvation by grace alone, through faith alone, in Christ alone--all to the glory of God alone.]

27/09/2025

Dr. Malan van Rhyn

DIE HERE HET VIR MY GESÊ. REGTIG?!

Ons leef in ‘n tyd waarin mense beweer dat die Here iets vir hulle gesê het. In Hebreërs 1:1, 2 staan daar egter iets uiters belangriks. Daar staan: “In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun.” Uit die (aoristus) werkwoordvorm in die Grieks (ἐλάλησεν) is dit duidelik dat God klaar gepraat het deur sy Seun.

Op hierdie openbaring van God in die N.T. volg geen verdere besondere openbaring nie. God het Hom in Jesus Christus so ten volle uitgespreek, dat Hy tot met sy wederkoms nie verdere openbarings hoef te gee nie. ( De Klerk, P.J.S. 1951. Die brief aan die Hebreërs, p. 18.).

Die feit dat God klaar gepraat het deur sy Seun, maak dat God ook aan die einde van die Bybel in Openbaring 22:18, 19 kan sê dat niemand iets hieraan mag byvoeg of weglaat nie. Indien enige iemand dus vandag beweer dat God vir hom iets gesê het, en hy kan nie in die Skrif aantoon waar God dit vir hom sê nie, weerspreek hy die Skrifwaarheid dat God se besondere openbaring aan ons nou afgesluit is en is hy eintlik besig om by te voeg by die Bybel.

Geen wonder nie dat ons in die Dordtse Leerreëls bely: “Ons geloofsekerheid spruit nie voort uit enige besondere openbaring wat sonder of buite die Woord om plaasgevind het nie, maar uit die geloof aan die beloftes van God wat Hy in sy Woord baie oorvloedig tot ons troos geopenbaar het ... (5:10).”

Hierdie geloofswaarhede bely ons ook so in die Nederlandse Geloofsbelydenis. In artikel 7 bely ons: “ Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. ... En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut. 12:32), blyk dit dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte (of bewerings) van mense ... met die Goddelike Skrif gelykstel nie ...” Iemand wat beweer: “Die Here het vir my gesê ...” , en hy kan nie in die Skrif aantoon waar God dit vir hom sê nie, doen juis dit – hy stel dit wat hy verkondig gelyk aan dit wat in die Bybel staan.

ʼn Ware profeet is iemand wat sê: So sê die Here. Omdat God se besondere openbaring aan ons afgesluit is ʼn ware profeet vandag iemand wat sê: So sê die Here in sy Woord. As iemand hom vandag voordoen as ’n profeet en hy kom sê vir jou dinge soos: Die Here het vir my gesê om vir jou dit of dat te kom sê, wees dan uiters versigtig. In die bedeling waarin ons nou lewe, praat God nie meer deur nuwe openbarings deur sogenaamde profete nie. Nee, Hy praat deur sy Woord.

Net hy is ’n profeet vandag wat vir mense kan sê: So sê God in sy Woord, en wat vir jou kan wys waar dit in die Bybel staan.

Die hervormers, manne soos Luther en Calvyn, het al eeue gelede die dwaling van besondere openbarings buite die Woord om bestry met die kreet Sola Scriptura (die Woord alleen). Vandag gaan daar egter meer en meer ʼn kreet op na die Bybel plus nuwe, vars openbarings van God.

Ons moet dus op ons hoede wees vir ʼn teologie wat menslike ervarings gelykstel met die gesagvolle Woord van God. Sodra ons die Woord alleen laat vaar, maak ons die deur vir teologiese chaos en geestelike verwarring wyd oop. Sodra iemand voorgee dat hy nuwe openbarings van God ontvang, is hy reeds op hierdie gevaarlike pad. Dan is hy nie ʼn profeet nie maar ʼn valse profeet!

Wees dus baie versigtig vir mense wat beweer dat die Here buite die Bybel om vir hulle besondere openbarings gee. Hulle verloën die Woord self.

In die bedeling waarin ons leef, is die Bybel die enigste plek waar ons God self hoor praat. En dit is wonderlik dat dit so is, want nou kan niemand ons mislei met allerhande openbarings wat hulle kwansuis ontvang het nie. In die eerste plek sê God self dat Hy in hierdie bedeling waarin ons leef, die een tussen hemelvaart en wederkoms, nie meer besondere openbarings sal gee nie, behalwe dit wat in die Woord is. Verder is hierdie Woord vir ons op Skrif gegee, ons kan alle bewerings van sogenaamde openbarings aan die Bybel toets en daarin kontroleer.

Hou daarom liewer aan God se Woord vas en bly weg van mense wat hulle as profete voordoen wat vandag direkte openbarings van God ontvang. Toets eerder alles wat mense oor God sê aan die Woord. Glo die beloftes van God se Woord, en bly weg van mense wat beweer dat God aan hulle besondere openbarings gegee het buite die Woord om. Verdiep u liewer in God se Woord deur dit elke dag te lees en te oordink en uit te leef. Dan weet u dat u op die regte pad, op God se pad is en sal u met vreugde en vrymoedigheid die Here kan dien.

Ons is immers mense wat deur Jesus Christus uit genade, sonder enige verdienste van ons kant, gered is. En dit maak ons dankbaar. So dankbaar dat ons die Bybel as hoogste gesag in ons lewens aanvaar. So dankbaar dat ons ook enduit gehoorsaam wil wees aan God se Woord.

Gereformeerde kerk Thabazimbi het Saterdag, 13 September 2025, 'n manne ontbyt gehad.Die rol van manwees in die samelewi...
13/09/2025

Gereformeerde kerk Thabazimbi het Saterdag, 13 September 2025, 'n manne ontbyt gehad.

Die rol van manwees in die samelewing, huis en kerk is bespreek.
Alle eer aan ons Hemelse Vader vir die geseënde en positiewe oggend.

14/03/2025

Dit is met leedwese dat ons bekend maak die afsterwe van ouderling Louis Scheepers. Ons bid sr. Sanet en familie die troos van die Here toe in hierdie tyd. Begrafnis reëlings sal later deurgegee word.

01/01/2025

Met leedwese kondig ons die afsterwe van br. Gerard Shuring op Saterdag 28 Desmber. Begrafnis is Masndag 6 Januarie om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk Thabazimbi. Troos word die familie toegebid.

19/12/2024

Ds Nikolaas Pienaar

Die Nuwe Testament begin met die lewe, dood en opstanding van onse Here Jesus Chrsitus, die Tweede Persoon van God drie-Enig
Daar is geen deel van die Skrif wat so belangrik as dit is nie.
Alles in die Skrif vloei daarna toe of vloei daarvanaf uit.

Om Christus te ken is die ewige lewe
Om hom te verwerp is die ewige dood
Om in Christus te glo is om vrede met God te hê
Om nie in Hom te glo nie is om God as vyand te hê
Om Christus na te volg is om ‘n Christen te wees
Om Hom nie na te volg nie is om ‘n anti-Chris te wees
Om met Christus te wees is die hemel.
Om Hom nie te hê nie is die hel.

Daar is niks belangriker in die lewe as om Hom te ken nie.

19/10/2024

Ds. Nikolaas Pienaar

"𝑶𝒐𝒌 𝒉𝒚 𝒘𝒂𝒕 𝒔𝒍𝒐𝒆𝒓 𝒊𝒏 𝒔𝒚 𝒅𝒂𝒈𝒕𝒂𝒂𝒌
𝒊𝒔 𝒅𝒊𝒆 𝒃𝒓𝒐𝒆𝒓 𝒗𝒂𝒏 '𝒏 𝒐𝒑𝒑𝒆𝒓𝒔𝒕𝒆 𝒗𝒆𝒓𝒘𝒐𝒆𝒔𝒕𝒆𝒓" (𝑺𝒑𝒓𝒆𝒖𝒌𝒆 𝟭𝟴:𝟵)

Om te werk, en goed te werk, is 'n skeppingordinansie.
Daarom is om werk halfhartig, sloerend, uitstellend aan te pak 'n sonde.
Dis nie net 'n sonde wat maak dat jou taak onnodig lank laat vat nie, en dan ook die wat op die uitvoering van die taak wag, langer moet laat wag nie (waardeur jy bv hul tyd steel),
Maar so 'n houding teenoor werk maak jou die broer van 'n opperste verwoester.

Ja,
Die een wat lui bou, is die broer van die een wat mure breek.
Die een wat roes nie behandel nie, is die broer van die seesproei wat die roes bring.
Die een wat lui is in sy studeerkamer, is die broer van die een wat alle lering versmaai.
Die een wat nalatig in sy huwelik is, is die broer van die een wat die huwelik verbrokkel.
Die een wat lui is om sy taal reg te praat en sy kinders daarmee groot te maak, is die broer van die een wat daardie taal in die openbaar wil smoor.
Die een wat lui is in sy roeping in sy gemeenskap en skool, is die broer van die een wat daardie gemeenskap en skool wil vernietig.
Die een wat lui is in sy godsdiens en kerklike betrokkenheid, is die broer van die goddelose en van die valse kerke en sektegroepe.

Daar is werk, goeie harde en eerbare werk om te doen!
En wanneer jy so werk, selfs in die kleine, is jy 'n gedugte vyand vir die opperste verwoester.

Moet nie die doen van klein take, vlytig en getrou, gering ag nie!

Ds. Nikolaas Pienaar
23/08/2024

Ds. Nikolaas Pienaar

Kom geniet die oggend saam met ons by die kerksaal. Moenie vergeet om julle bestellings te plaas nie.
01/08/2024

Kom geniet die oggend saam met ons by die kerksaal. Moenie vergeet om julle bestellings te plaas nie.

22/06/2024

Ds. Nikolaas Pienaar

𝗗𝗶𝗲 𝗪𝘆𝘀𝗲 𝗟𝗲𝘄𝗲: 𝗦𝗽𝗿𝗲𝘂𝗸𝗲 𝟲:𝟲-𝟭𝟭 𝗗𝗶𝗲 𝗹𝗲𝘀 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗺𝗶𝗲𝗿

𝘎𝘢𝘢𝘯 𝘬𝘺𝘬 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘪𝘦𝘳, 𝘭𝘶𝘪𝘢𝘢𝘳𝘥,
𝘬𝘺𝘬 𝘩𝘰𝘦 𝘩𝘺 𝘸𝘦𝘳𝘬, 𝘦𝘯 𝘭𝘦𝘦𝘳 𝘣𝘺 𝘩𝘰𝘮.
𝘏𝘺 𝘩𝘦𝘵 𝘯𝘪𝘦 '𝘯 𝘭𝘦𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘪𝘦,
𝘯𝘪𝘦 '𝘯 𝘰𝘱𝘴𝘪𝘨𝘵𝘦𝘳 𝘰𝘧 '𝘯 𝘳𝘦𝘨𝘦𝘦𝘳𝘥𝘦𝘳 𝘯𝘪𝘦,
𝘵𝘰𝘨 𝘮𝘢𝘢𝘬 𝘩𝘺 𝘴𝘺 𝘬𝘰𝘴𝘷𝘰𝘰𝘳𝘳𝘢𝘢𝘥 𝘳𝘦𝘨 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘰𝘮𝘦𝘳,
𝘷𝘦𝘳𝘴𝘢𝘮𝘦𝘭 𝘩𝘺 𝘴𝘺 𝘷𝘰𝘦𝘥𝘴𝘦𝘭 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘰𝘦𝘴𝘵𝘺𝘥.
𝘏𝘰𝘦 𝘭𝘢𝘯𝘬 𝘨𝘢𝘢𝘯 𝘫𝘺 𝘯𝘰𝘨 𝘭𝘦̂, 𝘭𝘶𝘪𝘢𝘢𝘳𝘥,
𝘸𝘢𝘯𝘯𝘦𝘦𝘳 𝘨𝘢𝘢𝘯 𝘫𝘺 𝘰𝘱𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯?

𝘕𝘰𝘨 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘴𝘭𝘢𝘢𝘱, 𝘯𝘰𝘨 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘴𝘭𝘶𝘪𝘮𝘦𝘳,
𝘯𝘰𝘨 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘩𝘢𝘯𝘥𝘦𝘷𝘰𝘶 𝘦𝘯 𝘣𝘭𝘺 𝘭𝘦̂,
𝘦𝘯 𝘥𝘢𝘢𝘳 𝘰𝘰𝘳𝘷𝘢𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘢𝘳𝘮𝘰𝘦𝘥𝘦 𝘫𝘰𝘶 𝘴𝘰𝘰𝘴 '𝘯 𝘳𝘰𝘸𝘦𝘳,
𝘥𝘢𝘢𝘳 𝘰𝘰𝘳𝘳𝘰𝘮𝘱𝘦𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘦𝘣𝘳𝘦𝘬 𝘫𝘰𝘶 𝘴𝘰𝘰𝘴 '𝘯 𝘪𝘯𝘣𝘳𝘦𝘬𝘦𝘳.
Dinge wat uitstaan:

𝗘𝗲𝗿𝗹𝗶𝗸𝗵𝗲𝗶𝗱
Dit is geen sonde om ‘n luiaard ‘n luiaard te noem nie.
Die feit dat hy aanstoot kan neem of verontwaardig kan voel het niks met die waarheid van die saak uit te waai nie.

𝗧𝗮𝗸𝘁
TOV takt moet onthou word dat “die luiaard” hier, vooraf as “my seun” (v.1) aangespreek is.
Daar bestaan dus ‘n liefdevolle verhouding waarin hierdie skerp aanspreek die heil van die lui seun soek.

𝗗𝗶𝗲 𝗿𝗲𝗴𝘁𝗲 𝗴𝗲𝗯𝗿𝘂𝗶𝗸 𝘃𝗮𝗻 𝗦𝗮𝗿𝗸𝗮𝘀𝗺𝗲 𝗲𝗻 𝗦𝗸𝗮𝗻𝗱𝗲:
Goddelike sarkasme word aangewend deur die lui mens, wat bedoel is om as kroon van die skepping produktief die aarde te bewoon te bewaar en te bewerk, na die kleinste van diere te stuur: nl. die mier.
Die produktiewe mier wat sy werk doen steek die kroon van die skepping in die skande as hy lui is.

So word die luiaard in die skande gesteek.
Ons kan ook skande gebruik om mense tot waardige gedrag op te roep, maar dan moet ons sake self in orde wees!

𝗗𝗶𝗲 𝗹𝗲𝘀 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗺𝗶𝗲𝗿:

Die mier het nie ‘n leier, opsigter of regeerder nie.
Hy regeer oor homself.

Onder God het die mens die taak om oor homself te regeer.
Ons, as kroon van die skepping, is bedoel om verantwoordelike wesens te wees wat heerskappy oor onsself en die skepping voer.
Ons moet doen wat ons hande vind om te doen en dan met toekomsvisie.
‘n Mens kan maklik besig wees met dinge wat geen gewig dra nie.
Die drie ure wat mense gemiddeld per dag aan TV kyk spandeer is gelykstaande aan 41 dae van die jaar...
Daarvoor het die mens, ten spyte van die bietjie ontspanning en ontlading wat jy daar geniet – niks voor te wys nie, jou verhouding met jou nabymense baat ook nie noodwendig daaruit nie...

Die mier egter, met sy werk, maak sy kosvoorraad reg in die somer en versamel sy voedsel in die oestyd.
Hy berei voor op dae en tye wanneer dinge swaar gaan gaan.
Hy weet dat die toekoms nie gemak verseker nie en werk dienooreenkomstig.

In jou drie ure per dag, wat kan jy doen wat produktief is – wat vir jou en jou gesin ‘n hupstoot vir die toekoms kan gee?

Salomo sluit af deur te stel dat die armoede en gebrek die luiaard soos ‘n rower en ‘n inbreker oorval.

Net soos wat sukses in die lewe die produk van konstante produktiwiteit en daaglikse aksie (op alle fronte) is,
So is armoede in die reël nie die gevolg van oorlog of uitbuiting of diefstal of historiese onreg nie, maar eerder ‘n konstante onwilligheid om te doen wat jy moet en kan doen.
Kortstondige geluk, die middagslapie wat jou hele dag steel, die rekenaarspeletjie wat jou nag se rus steel, jy wat wag vir iemand wat vir jou sê wat jy moet doen voor jy produktief begin optree, is uiteindelik net so erg as ‘n gewapende dief wat by jou inbreek.

Mens, jy is kroon van die skepping, maak die mier tot skande!

Ds. Koos Venter het hierdie gedeel.
16/06/2024

Ds. Koos Venter het hierdie gedeel.

Gereformeerde kerk Thabazimbi het die voorreg gehad om die Dopperkombuis te beman by die Vuurfees van 24 en 25 Mei 2024.
27/05/2024

Gereformeerde kerk Thabazimbi het die voorreg gehad om die Dopperkombuis te beman by die Vuurfees van 24 en 25 Mei 2024.

Address

H/V Frikkie Meyer En Knoppies Doorn Str
Thabazimbi
0380

Opening Hours

10:00 - 11:15

Telephone

+27147721866

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Thabazimbi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Gereformeerde Kerk Thabazimbi:

Share