Gereformeerde Kerk Stilbaai

Gereformeerde Kerk Stilbaai Die Gereformeerde kerk Stilbaai is die vierde jongste van die 20 gemeentes in die GKSA Boland.

Kom maak gerus 'n draai by die Gereformeerde Kerk in Reservoirstraat vir die jaarlikse HANDWERKMARK. Daar word spesifiek...
17/12/2025

Kom maak gerus 'n draai by die Gereformeerde Kerk in Reservoirstraat vir die jaarlikse HANDWERKMARK. Daar word spesifiek handgemaakte produkte van ons plaaslike kunstenaars uitgestal en verkoop. 🎨
Daar is ook 'n lekker teetuin waar onder andere heerlike tuisgemaakte koeke, quiches en broodjies verkoop word in ons pragtige tuin. Dit is boonop ook veilig vir kinders om te speel in 'n groot sandpit en op 'n lekker klimraam. 🍰🫖☕️
Verder is daar ook 'n Witolifanttafel waar jy as koper 'n donasie maak ten bate van die skryfbehoeftefonds vir Bertie Barnard. Onder andere is daar 'n pragtige spinwiel (sien foto) met toebehore te koop, so spring gou!!!!

Ons herinner u graag aan die Gereformeerde Kerk Stilbaai se Geloftefees wat DV 16 Desember om 09:30 sal begin. Die eredi...
15/12/2025

Ons herinner u graag aan die Gereformeerde Kerk Stilbaai se Geloftefees wat DV 16 Desember om 09:30 sal begin. Die erediens word gelei deur ds Sarel Cilliers, wat ook 'n historese vertelling sal gee. Daarna sal ons lekker saam feesvier. Bring gerus u eie drinkgoed en eetgerei.

Dit is amper weer tyd vir die jaarlikse geloftedag en geloftefees. Ons is baie opgewonde om te deel dat Ds. Sarel Cilliers, wat ń nakomeling van die voortrekker Sarel Cilliers is, die diens sal lei en ook ń historiese vertelling en feesrede sal voorhou.

Ons nooi elkeen wat in die omgewing is om saam met ons op hierdie dag die Here te aanbid en fees te vier.
Die diens en fees sal plaasvind op 16 Desember 2025 vanaf 09:30 by ons kerkgebou, Reservoirstraat 7, Stilbaai. Bring gerus jou eetgerei en drinkgoed en kom vier die dag.

Dit is amper weer tyd vir die jaarlikse geloftedag en geloftefees. Ons is baie opgewonde om te deel dat Ds. Sarel Cillie...
29/11/2025

Dit is amper weer tyd vir die jaarlikse geloftedag en geloftefees. Ons is baie opgewonde om te deel dat Ds. Sarel Cilliers, wat ń nakomeling van die voortrekker Sarel Cilliers is, die diens sal lei en ook ń historiese vertelling en feesrede sal voorhou.

Ons nooi elkeen wat in die omgewing is om saam met ons op hierdie dag die Here te aanbid en fees te vier.
Die diens en fees sal plaasvind op 16 Desember 2025 vanaf 09:30 by ons kerkgebou, Reservoirstraat 7, Stilbaai. Bring gerus jou eetgerei en drinkgoed en kom vier die dag.

24/09/2025
Môre is die laaste dag van Stilbaai Handwerkmark! 🎨Kom maak gerus 'n draai en ondersteun plaaslike kunstenaars teen wegg...
19/12/2024

Môre is die laaste dag van Stilbaai Handwerkmark! 🎨
Kom maak gerus 'n draai en ondersteun plaaslike kunstenaars teen weggeepryse of kom geniet 'n lekker melkskommel en toebroodjie by ons teetuin!
Reservoirstaat 7, Stilbaai-Wes

15/12/2024

Kom luister Woensdag 18 Desember om 19:30 na Doep is nie dood nie - Huldeblyk aan Koos du Plessis, een van Afrikaans se gewildste liedjieskrywers.

Die verhoogproduksie Doep is nie dood nie bevat ‘n formidabele versameling liedjies en tekste van wyle Koos du Plessis. Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend geword het, word wyd beskou as die Bob Dylan of dalk die Leonard Cohen van Afrikaanse musiek. Koos is in 1984 tragies op ‘n relatief jong ouderdom oorlede, maar het ‘n rykdom van wysheid en skoonheid in sy oeuvre van liedere en geskrifte nagelaat.

Jannie du Toit se verhoogproduksie beklemtoon hoe lewendig en relevant Koos se kreatiewe nalatenskap vier dekades ná sy dood bly. Jannie gaan in “Doep is nie dood nie” voort met sy selfopgelegde taak en passie om die kuns van sy oorlede vriend te verewig deur dit aan nuwe generasies bekend te stel. Die program is ook ‘n herwaardering van artistieke werk op die hoogste vlak in ligte Afrikaanse musiek.

Jannie het die program saamgestel met die hulp van Carl Theunissen, oudjoernalis, vriend en kollega van Koos du Plessis. Clinton Zerf het die meerderheid van die verwerkings gedoen – meesterlik uitgevoer deur Susan Mouton, hooftjellis van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes en pianis Chanie Jonker. Jannie voltooi met sy kitaar die hoogs afgeronde instrumentale ensemble.

Na ‘n openingseisoen by die Oudtshoorn Kunstefees gedurende Maart 2014, gevolg deur ander kunstefeeste, het die produksie die Standard Bank Ovation-toekenning by die Grahamstad-fees in 2015 ontvang. Die verdere reise van Doep is nie dood nie sluit optredes op landswye en internasionale toere in – onder andere ‘n besoek aan België en Nederland. Die algemene reaksie van die media en publiek bly dié van totale verwondering oor die omvang en gehalte van Koos du Plessis se kreatiewe werk wat ongeëwenaard is in Afrikaans.

Bespreek jou kaartjie by https://www.quicket.co.za/events/294100-jannie-du-toit-doep-is-nie-dood-nie/ #/ teen slegs R120 per persoon, kinders kan gratis kom saam luister!
Die verhoogproduksie word in die vorm van 'n buitelugkonsert aangebied, so bring gerus 'n piekniekmandjie en 'n glas wyn en kom geniet die aand!

Besoekers aan Stilbaai hierdie feesseisoen word hartlik uitgenooi na die eredienste van die Gereformeerde Kerk! Alle die...
11/12/2024

Besoekers aan Stilbaai hierdie feesseisoen word hartlik uitgenooi na die eredienste van die Gereformeerde Kerk! Alle dienste vind plaas by ons kerkgebou, Reservoirstaat 7 Stilbaai-Wes, en geniet gerus 'n koppie tee of koffie saam met ons na afloop van die diens!

Dienstye as volg:

Sondag 15 Desember: 09:30
Maandag 16 Desember: Geloftefees 09:30
Sondag 22 Desember: 09:30
Woensdag 25 Desember: Kersdiens 09:00
Sondag 29 Desember: 09:30
Sondag 5 Januarie: 09:30

Dit is met groot opgewondenheid dat ons Stilbaai se inwoners en besoekers nooi na ons jaarlikse GELOFTEFEES! Kom geniet ...
03/12/2024

Dit is met groot opgewondenheid dat ons Stilbaai se inwoners en besoekers nooi na ons jaarlikse GELOFTEFEES! Kom geniet die dag en 'n heerlike skaapspit na afloop van die diens!

14/04/2024

Sondag 17 Desember 2023 Ds F van Staden

14/04/2024

Sondag 4 Februarie 2024 Prof PP Kruger

Address

Reservoirstraat
Stilbaai-Wes
6674

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Stilbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category