24/08/2026
💧 ’N DAG VAN GENADE – JANCO SE DOOP 💙
Gister het ons as gemeente die besondere voorreg gehad om saam met Mindus en Zanmari Crous die doop van hulle seuntjie, Janco, te vier. 🙏🏻✨
Baie geluk aan julle as gesin met hierdie kosbare geloofsgeleentheid. Mag Janco grootword met die diepe wete dat hy aan die Here behoort, en mag julle hom met liefde en geloof begelei op sy lewenspad.
Ons sê ook baie dankie aan Ds Leon Foot wat die besondere diens en doopgeleentheid gelei het.
💧 Die doop herinner ons aan God se genade.
Die doop is ’n sigbare teken van God se liefde, trou en genade – ’n herinnering dat God se genade ons voorafgaan en dat ons aan Hom behoort. Dit wys ons telkens terug na Jesus Christus en die nuwe lewe wat Hy vir ons moontlik maak.
Mag Janco se lewe ’n getuienis wees van God se genade, en mag ons as gemeente hom en julle as gesin deur gebed, liefde en ondersteuning begelei.
“Want uit genade is julle gered, deur die geloof. En dit kom nie uit julleself nie; dit is die gawe van God.” – Efesiërs 2:8 ❤️
🌿 Baie geluk, Mindus, Zanmari, SF, Frans-Pieter en Janco! Asook aan die grootouers🤗
Mag die Here julle as gesin en familie ryklik seën en julle op hierdie besondere geloofspad dra.
Namens die NG Kerk Steynsrus
✝️ *’n Gemeente wat saam glo, saam bid en saam leef