Preek van die Leek

Preek van die Leek Die Preek Van Die Leek is ’n inisiatief uit Nederland en wat nou vir die tweede keer ook in Suid-Afrika aangebied word. www.preekvandieleek.co.za

Die Preek Van Die Leek is ’n inisiatief wat in Nederland ontstaan het en wat nou vir die tweede keer ook in Suid-Afrika aangebied word. Vroeër het predikante groot invloed op die samelewing gehad. Hierdie rol word in moderne samelewings dikwels deur skrywers, komediante, joernaliste, politici en wetenskaplikes oorgeneem. As projekspan d**k ons dit behoort spannend te wees wanneer persone uit hierd

ie omgewings op die kansel sou klim met ʼn Bybelteks in die hand. Ons is nuuskierig om te sien hoe die optrede van so ʼn persoon in die vorm van ʼn kerkdiens kan tuiskom waar daar gebid, gesing, gelees en gepreek word. Hierdie openbare figure wat preek is nie gekies op grond van hul geloofsoortuigings maar op grond van hul dapper en kreatiewe deelname aan openbare debatte en hul invloed in die samelewing – want predikante van ons tyd dra lankal nie meer toga’s nie.

Address

3 Alexander Road
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Preek van die Leek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share