Immanuel PPK Secunda

Immanuel PPK Secunda Ons visie is om ons generasie te lei in ‘n transformerende verhouding met Jesus en opbouende eerlike samesyn met ander gelowiges. Matthéüs 28:19-20 Op Sy tyd.

Ons weet wat dit is wat pla. Ons verdoof onsself met vermaak, musiek, vriende, werk, gejaag na geld en geluk of sommer net geldmors. Ons sit gewoonlik aandagtig en kyk na ons foon skermpies en lees of ‘text’ iemand anders terwyl ons mense om ons het wat smag na geselskap en vriendskap. Dit is die tekens van ons tyd, almal is ge’connect’ maar niemand is werklik vriende nie, almal weet wat het die K

ardashians vir middag ete geëet maar ons ken skaars ons buurman. Ons sien mense met musiek permanent in hul ore geprop en Whatsapp boodskappe wat gesprekke afknip sonder dat enige iemand ‘n oog knip. Ons het alleen geraak in die chaos van die skares wat ons omsingel. Ons wil alles gereed en in kits vorm hê, so ook ons verhoudings, en ons denke omtrent God. As ons nie dadelik ‘n antwoord kan kry nie, dan beweeg ons aan sonder om te wag. Sonder om tyd te maak vir God...

Ons gemeente soek die hart van God. Eerlik en opreg en in stilte. Sonder enige fieterjasies. As jy siek en sat is daarvoor om siek en sat te wees kom sluit by ons aan en leer Hom ken soos Hy is. Indien jy sou belangstel om ons te wil besoek of meer inligting aangaande ons gemeente te wil bekom, kan jy ons kontak by [email protected] of jy kan gerus die kantoor skakel. Want jy is nie jou Facebook tydlyn nie en ons wil graag die regte `jy' leer ken.

🔥 SUNDAY SERVICE | IMMANUEL GEMEENTE 🔥Who gets the Glory?When the numbers don’t make sense…When the odds are against you...
21/03/2026

🔥 SUNDAY SERVICE | IMMANUEL GEMEENTE 🔥

Who gets the Glory?
When the numbers don’t make sense…
When the odds are against you…
When the victory comes—who will take the credit?

This Sunday, join us as Ps. Jonathan Jean-Pierre brings a powerful word that will challenge your perspective on success, obedience, and where the glory truly belongs.

📅 This Sunday
🕘 09:00
📍 Immanuel Gemeente

Come expectant. Come ready.
Let God have His glory.

Why Are You Here?This Sunday at Immanuel Gemeente, we welcome Jonathan Jean-Pierre bringing a powerful message that chal...
05/03/2026

Why Are You Here?

This Sunday at Immanuel Gemeente, we welcome Jonathan Jean-Pierre bringing a powerful message that challenges us to reflect on our purpose and position in God’s plan.

Sometimes we attend church out of routine… but what if God has something deeper in mind? What if your presence here is not by chance, but by divine appointment?

Come expectant. Come ready. Come discover why you are here.

📅 Sunday
📍 Immanuel Gemeente Secunda
🎤 Guest Speaker: Jonathan Jean-Pierre

👑 Wie Sit op Jou Troon?Ps. Jabey Baird’n Troon is ’n plek van gesag.Wat op daardie troon sit, bepaal die rigting van jou...
28/02/2026

👑 Wie Sit op Jou Troon?
Ps. Jabey Baird

’n Troon is ’n plek van gesag.
Wat op daardie troon sit, bepaal die rigting van jou lewe.

Wanneer God werklik regeer, bring dit vrede in chaos, sekerheid in onsekerheid en orde waar daar deurmekaar is.

Hierdie Sondag gaan ons ontdek wat gebeur wanneer ons die troon nie net met woorde nie… maar met oorgawe aan Hom gee.

Kom ervaar ’n woord wat jou perspektief kan skuif en jou geloof kan versterk.

🗓️ Sondag
📍 Immanuel Gemeente

Wanneer laas het jy net stil geraak en God toegelaat om te praat?Vanaand kom ons saam om te bid, te vertrou en te glo vi...
25/02/2026

Wanneer laas het jy net stil geraak en God toegelaat om te praat?

Vanaand kom ons saam om te bid, te vertrou en te glo vir deurbrake.
Moenie alleen dra wat jy saam kan neerkniel nie.

📍 18:15
Kom soos jy is. Gaan anders huis toe.

👀 KAN JY SIEN WAT GOD SIEN?Hierdie Sondag gaan nie net nóg ’n diens wees nie…Ons het die voorreg om Dr. Pieter Uys as sp...
19/02/2026

👀 KAN JY SIEN WAT GOD SIEN?

Hierdie Sondag gaan nie net nóg ’n diens wees nie…

Ons het die voorreg om Dr. Pieter Uys as spesiale gas by Immanuel Gemeente te hê, met ’n kragtige boodskap:

Sien wat God sien

Hoe anders sou ons lewe lyk as ons mense, situasies en selfs onsself kon sien soos God dit sien?
Wanneer ons perspektief verander… verander alles.

Kom beleef ’n oggend van insig, hoop en nuwe visie saam met ons.
Nooi iemand saam — hierdie is beslis ’n diens wat jy nie wil mis nie!

📍 Immanuel Gemeente
🕘 Sondag 09:00

✨ Beloftes van God ✨Ons leef in ’n wêreld vol onsekerheid… maar God se beloftes verander nooit.Wat Hy sê, doen Hy. Wat H...
13/02/2026

✨ Beloftes van God ✨

Ons leef in ’n wêreld vol onsekerheid… maar God se beloftes verander nooit.
Wat Hy sê, doen Hy. Wat Hy begin, voltooi Hy. Wat Hy belowe, hou Hy.

Kom hoor hoe Sy Woord vandag nog lewe bring, hoop herstel en geloof versterk.

🗓 Sondag
⛪ Immanuel Gemeente
🎤 Herman Victor
📖 Beloftes van God

Moenie net glo daar is beloftes nie — kom ontdek watter een vir jou is. 🙌

🚶‍♂️ Om saam met God te wandelOm saam met God te wandel is nie ’n oomblik nie — dis ’n leefstyl.Kom word herinner wat di...
05/02/2026

🚶‍♂️ Om saam met God te wandel
Om saam met God te wandel is nie ’n oomblik nie — dis ’n leefstyl.
Kom word herinner wat dit beteken om elke dag in pas met Hom te leef.

🗓 Sondag
⏰ 09:00
🎤 Ps. Jabey Baird
📍 Immanuel Gemeente
__

🚶‍♂️ To Walk With God
Walking with God is not a moment — it’s a lifestyle.
Come be reminded what it means to live daily in step with Him.

🗓 Sunday
⏰ 09:00
🎤 Ps. Jabey Baird
📍 Immanuel Gemeente

🔥🙏 Daar is krag in gebedWanneer ons saam bid, beweeg dinge.Mure val, harte verander, en God tree op.Kom staan saam met o...
03/02/2026

🔥🙏 Daar is krag in gebed
Wanneer ons saam bid, beweeg dinge.
Mure val, harte verander, en God tree op.
Kom staan saam met ons in gebed — nie uit gewoonte nie, maar uit verwagting.

🗓 Woensdag
⏰ 18:15
📍 Immanuel Gemeente
👥 Almal is welkom

Liefde God se liefde is nie afhanklik van wie ons is of wat ons doen nie —dit is onvoorwaardelik, standvastig en altyd g...
31/01/2026

Liefde
God se liefde is nie afhanklik van wie ons is of wat ons doen nie —
dit is onvoorwaardelik, standvastig en altyd getrou.
’n Boodskap oor hoe God ons liefhet en hoe daardie liefde ons lewens verander.
🎤 Ps. Jabey Baird
📍 Immanuel Gemeente

23/01/2026
🌿 Jy word genooi. 🌿Sondag kom ons saam stil word, luister en weer vra: ❓ Hoe Leef Jy?Wat is die standaard waarteen jy jo...
23/01/2026

🌿 Jy word genooi. 🌿

Sondag kom ons saam stil word, luister en weer vra:
❓ Hoe Leef Jy?

Wat is die standaard waarteen jy jou lewe meet? Hoe pas ons Woord beginsels toe in elke dag lewe?
Kom sit, ons gesels bietjie hieroor.
Nie ’n oordeel nie.
Nie perfekte mense nie.
Net ’n uitnodiging om nader te kom en nuut te kyk na hoe ons elke dag leef.

🎤 Ps. Jabey Baird
📍 Immanuel Gemeente
🗓️ Sondag
🕊️ Tema: Hoe Leef Jy?

Bring jouself. Bring ’n vriend. Jy is welkom.

Address

27 EG Jansen Street
Secunda
2302

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27825110792

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Immanuel PPK Secunda posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share