Rtb Gemeenskap

Rtb Gemeenskap Ps Gerhard & Andoline Smit

Ondersteun gerus AGS se jeug in die geleentheid❤️
05/09/2026

Ondersteun gerus AGS se jeug in die geleentheid❤️

05/09/2026

“En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.”
JAKOBUS 1:22-25 AFR53

🌸 HEERLIKE LENTEDAG! 🌸Soos die lente ons herinner dat God nuwe lewe bring, herinner Sy Woord ons vandag daaraan dat Hy o...
01/09/2026

🌸 HEERLIKE LENTEDAG! 🌸

Soos die lente ons herinner dat God nuwe lewe bring, herinner Sy Woord ons vandag daaraan dat Hy ook iets nuuts in ons lewens kan doen. 🌱

Miskien voel jou pad vandag droog of onseker, maar God belowe:
“Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”
Jesaja 43:19

Waar ons net ’n woestyn sien, sien God reeds ’n pad.
Waar ons net droogte sien, berei Hy reeds ’n rivier voor.
Waar ons dink alles is verby, sê Hy: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen!” 🙏🏻✨

Mag hierdie nuwe lente seisoen vir jou ’n herinnering wees dat God steeds werk, steeds voorsien en steeds hoop bring. 🌷

🌿 Geloof. Hoop. Liefde.
Mag jy vandag God se nuwe begin in jou lewe raaksien.

’n Baie geseënde en heerlike lentedag vir elkeen van julle! 🌸💛

— Stem van Hoop —

Vat terug die spasie tussen jou en God🙏🙏Wow baie dankie Ps Marinda Young vir die ongelooflike sang en Woord bediening.Ps...
30/08/2026

Vat terug die spasie tussen jou en God🙏🙏

Wow baie dankie Ps Marinda Young vir die ongelooflike sang en Woord bediening.
Ps Lienie van AGS Rustenburg alles was so mooi en perfek gereel.🙏

Harte is aangeraak en die Gees vd Here het ons besoek. Dit was ‘n heerlike lag en huil oggend by die voete van Jesus❤️

As jy naby is besoek gerus vir Ps Lienie en Eben Henning van AGS Ridderstraat, vir warm, Gees gevulde dienste.

Antieke Jeug - Pottery klas🙌Saterdag 8 Aug 26🙌Baie baie dankie vir elkeen wat vandag saam ons geniet het. Elke hand wat ...
08/08/2026

Antieke Jeug - Pottery klas🙌
Saterdag 8 Aug 26🙌

Baie baie dankie vir elkeen wat vandag saam ons geniet het. Elke hand wat gehelp het met uitpak en skoonmaak na die tyd. Ek waardeer elkeen van julle. Dit was ‘n baie lekker oggend ons het dit vreeslik geniet.
Elke kerkie vertel ‘n storie, iets uit die verlede, iets oor die toekom, ‘n herinnering aan ‘n geliefde, ‘n storie van hoop. Self die wat deur diep storms was en nog staan vertel ‘n storie van uithou en aanhou. 🙌Julle was ‘n awome groep dames en elkeen is baie kosbaar vir ons.
Dankie vir die mooi gesindheid, lekker lag en deel van julle mooi stories.🙌

Dankie vir al die manne wat gehelp het met die skoonmaak na die tyd🙌

Baie dankie Ge**er vir jou mooi hart, baie geduld en mooi manier waarop jy die klas aangebied het. Dankie dat jy jou mooi talente met ons kom deel het. Ons het dit baie geniet❤️mag die Here jou hande ryklik seen🙌

Gerda,Daan,Tannie Sonja se skoonsus en Lizette wat nie deel is van die Antieke jeug nie maar by ons gekuier het en gehelp het baie dankie dus altyd lekker om julle te sien❤️

Manne oggend 1 Aug 26Die wêreld soek helde maar God soek manne🙏❤️🙌Ons is baie dankbaar en gee al die eer aan Koning Jesu...
05/08/2026

Manne oggend 1 Aug 26
Die wêreld soek helde maar God soek manne🙏❤️🙌

Ons is baie dankbaar en gee al die eer aan Koning Jesus vir ‘n geseende oggend saam die manne in die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Baie dankie vir elkeen wat die oggend uitgekoop het om tyd saam die Here te spandeer.

Baie dankie aan Zane Meas en Steyn Fourie vir die bediening van die Woord🙌🙌

Baie dankie aan die gemeentes wat hande gevat het met ons om ‘n sukses van die oggend te maak ons waardeer julle Ps James Smith en Ps Duimpie Nortje🙏🙏

Baie dankie vir elke gemeente lid wat baie ure ingesit het om alles perfek te hê vir die oggend. Elkeen wat gehelp het maak nie saak hoe klein of groot jou insette, ons waardeer elkeen van julle.

Jesus seen!!

Address

Rustenburg
0300

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rtb Gemeenskap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Rtb Gemeenskap:

Shortcuts

Share