Q Uitreik Teater bied aan: " Die Voorhangsel Skeur"

Q Uitreik Teater bied aan: " Die Voorhangsel Skeur" 'n Drama oor die KRUISIGING - OPSTANDING en UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES.

Nog 'n "collage" foto van die vertoning Sondag, 17 Mei.Ons hoop jy was gister middag daar om die ongelooflike vertoning ...
19/05/2026

Nog 'n "collage" foto van die vertoning Sondag, 17 Mei.

Ons hoop jy was gister middag daar om die ongelooflike vertoning te kon sien.

Die afgelope naweek was die toneelstuk “Die Voorhangsel skeur” deur die Quellerina Gemeente aangebied.Die drama wat gesk...
18/05/2026

Die afgelope naweek was die toneelstuk “Die Voorhangsel skeur” deur die Quellerina Gemeente aangebied.
Die drama wat geskryf is deur Simon Bruinders bied ‘n vars nuwe perspektief oor die bekende Paas gebeure en speel af in die 50 dae na die kruisiging van Jesus.
Die verhaal fokus op die ongeloof van Thomas (Simon Bruinders) en speel af teen die agtergrond van die vrees en onsekerheid wat die volgelinge van Jesus in daardie tyd beleef het. Sentraal tot die stuk is die oogpunt van Lasarus (Sheridon Green, hy speel ook Judas) en Jairus se dogter Talitha (Rochelle Seitz). Omdat hulle beide deur Jesus (Frans de Wet) uit die dood opgewek was, is hulle van die eerstes wat glo dat Hy uit die dood opgestaan het, omdat hulle verstaan dat dit moontlik is.
Die belanrike rol van vroue, wat deel was van die kern groep van gelowiges word uitgebeeld deur Moeder Maria (Simonè Joubert), Maria Magdalena (Marthe-Marie Kohne) en Zenobia (Marguerite Bruinders, sy speel ook die diensmeisie van Pilatus.)
Die spanning van die stuk word verder ontwikkel en uitgebeeld deur die ervarings van drie van die dissipels, Petrus (Barry van Rensburg), Johannes (Cassandra Hanmer) en Matteus (Ian van Wyk, hy speel ook Pontius Pilatus).
Ander ondersteunende karakters in die stuk is Simon van Sirene wat die kruis gedra het (Emil Gryffenberg), priester Nikodemus (Stefan Nortje, hy speel ook die romeinse soldaat) en Kajafas die hoë priester (Daan Pieterse).
Een van die hoogtepunte van die vertoning was die sang duet deur die talentvolle Simonè en Marguerite. Ander sleutel tonele wat die gehoor se harte aangeraak het was die verhoor van Jesus deur Pontius Pilatus, Petrus wat Jesus misken en verloon en Simon van Sirene wat besef die Nasarener is die verwagte Messias. Dit alles bou op na die klimaks waar Thomas die opgestane Jesus sien, besef dat die opstanding werklike gebeur het en hy sy ongeloof bely.
Die akteurs was ondersteun in hulle spel deur die impak van die audio visuele tonele sowel as die profesionele klank en beligting wat kosteloos verskaf is deur Alvin Bruinders se maatskappy Sound HQ Solutions. Dit het alles meegewerk om die storie te vertel en die reaksie van die mense in die gehoor na die tyd was sprekend, baie van hulle het opgemerk hoe die stuk hulle aan die hart geraak het en dat hulle ander mense wil aanmoedig om dit te kom kyk.
Na die sukses van die eerste twee vertonings wil Simon (Regie) en Emil (Produsent) graag die stuk in ‘n groter teater opvoer. Hulle wil graag die Evangelie versprei deur die kuns van teater in Afrikaans en wil ‘n beroep doen aan beskermhere van die kunste (Patrons) om hierdie projek finansieel te ondersteun sodat die groter publiek dit sal kan sien.

'n "collage" foto van die vertoning gisteraand.Ons hoop jy was gister middag daar om die ongelooflike vertoning te kon s...
18/05/2026

'n "collage" foto van die vertoning gisteraand.

Ons hoop jy was gister middag daar om die ongelooflike vertoning te kon sien.

17/05/2026

Kyk hier

👇

Moet dit nie vandag misloop nie.

Sien jou vandag.

Dit gebeur vandag 👏👏.Ons Sien uit om jou daar te Sien 😃.Daar is nog tyd.  Sien jou vandag Saterdag, 16 Mei om 16h00Ontho...
16/05/2026

Dit gebeur vandag 👏👏.

Ons Sien uit om jou daar te Sien 😃.

Daar is nog tyd. Sien jou vandag Saterdag, 16 Mei om 16h00

Onthou ook more, Sondag, 17 Mei om 15h00.

Ontmoet die verhoog spelers.
15/05/2026

Ontmoet die verhoog spelers.

"Dis nog nie te laat nie..."Onthou 16 &17 Mei.Kontak gerus Vir Emil of Simon om plek te bespreek. Kaartjies  gratis.Sien...
14/05/2026

"Dis nog nie te laat nie..."

Onthou 16 &17 Mei.

Kontak gerus Vir Emil of Simon om plek te bespreek. Kaartjies gratis.

Sien verdere besonderhede op die foto.

Address

Johannesburg
Roodepoort
1716

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Q Uitreik Teater bied aan: " Die Voorhangsel Skeur" posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share