NG Kerk Florida-Suid

NG Kerk Florida-Suid EREDIENSTE TYDELIK OPGESKORT AS GEVOLG VAN COVID-19.

Eredienstye: Sondae 9:00 tot 10:00
Kantoorure: Maandae 08:00 tot 11:00

Kontak die kantoor Maandae tussen 08:00 tot 11:00 op 011 672 7274 of stuur ń epos na [email protected]

26/07/2020

Oordenking: 26 Julie 2020

28/06/2020

Deel 2: Oordenking 28 Junie 2020

28/06/2020

Deel 1: Oordenking 28 Junie 2020

21/06/2020

Deel 2: Oordenking 21 Junie 2020

21/06/2020

Deel 1: Oordenking 21 Junie 2020

Deel 2: Oordenking 31 Mei 2020
31/05/2020

Deel 2: Oordenking 31 Mei 2020

Deel 1: Oordenking 31 Mei 2020
31/05/2020

Deel 1: Oordenking 31 Mei 2020

Deel 2: Oordenking 24 Mei 2020
24/05/2020

Deel 2: Oordenking 24 Mei 2020

Deel 1: Oordenking 24 Mei 2020
24/05/2020

Deel 1: Oordenking 24 Mei 2020

Hemelvaart Diens
21/05/2020

Hemelvaart Diens

Handelinge 1:9-11Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle ...
21/05/2020

Handelinge 1:9-11

Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Gebedsbried 17 tot 23 Mei 2020Sondag 17 Mei – AanbiddingLees en oordink 1 Tessalonisense 1:2-10. Laat ons Paulus se dank...
19/05/2020

Gebedsbried 17 tot 23 Mei 2020

Sondag 17 Mei – Aanbidding

Lees en oordink 1 Tessalonisense 1:2-10. Laat ons Paulus se dankgebed vir die Gemeente ons eie maak, gerig op onsself. Laat ons die Here dank vir al Sy seëninge, en in besonder vir:

Geloof - as ‘n gawe van God; as motifering van ons werksaamhede; as medewerkers van God.

Liefde - as ons dryfveer; doen dade en werke van liefde; doen alles asof vir God self;

Hoop - dien God en verwag Jesus!

Laat ons Geloof, Hoop en Liefde gebou wees op die dade, bevele en beloftes van God die Vader.

Maandag 18 Mei – Gebed Maak Kruisdra Maklik

Here Jesus, dit is goed om te weet dat U self ‘n kruis gedra het en vir my ‘n voorbeeld van oorwinnende kruisdra bied. Begrypende Here Jesus, hou my styf vas in hierdie donker tyd van my lewe, sodat ek nie van U sal afdwaal, omdat my kruis my geknak het nie. God van krag en vertroosting, ek neem my toevlug na U vir krag om my kruis oorwinnend te dra. Heilige Gees, staan my in liefde by in oomblikke van kruisdra en bewaar my van wanhoop en help my om opnuut U genade te ontdek. Ek neem my toevlug na U vir krag om my kruis oorwinnend te dra. Amen.
Uit: “Meer as die Lewe” deur ds. Solly Osrovech.

Dinsdag 19 Mei – Staan Vas in Geloof

Moet nooit die onwrikbare waarheid uit die oog verloor dat God nog altyd in beheer is nie. Christus het gewaarsku dat ons steeds vervolging sal ondervind (en dit in verskeie vorme) – maar ons weet dat Hy die wêreld reeds oorwin het en dat ons in Hom alleen vrede sal vind. Romeine 12:12 “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed”. Hou dus vas aan jou geloof sodat God jou op Sy tyd tot die ewige koninkryk sal toelaat. Dankie Hemel Vader, dat U ons deur ons uitdagings, wil leer. Deur ons droefheid en lyding word ons terug geroep na ons Anker, om weer in U ons krag te vind.

Woensdag 20 Mei - Aanbidding

“Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk” (Kol.1:29). U het ‘n eie besondere taak; maak dit ‘n taak van voorbidding. Jy kan jou werk in Sy krag doen, deur die werking van die Heilige Gees in jou. Doen gereeld voorbidding vir almal wat saam met jou werk en elke werker in die Gemeente, hoe gering hulle take of selfs hoe onbekend hulle ook al aan jou mag wees. Laat almal vir mekaar bid. Uit: “Gesprek met God” deur Andrew Murray.

Donderdag 21 Mei – Hemelvaart

Augustinus het gesê: “U het voor ons oë opgevaar, ons het hartseer omgedraai, net om U in ons hart te ontdek”. Soos verwoord in die Liedboek lied 422:3: “Die Heer, die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan! Aan Hom die lof, die roem en eer, Hy laat ons met Hom triomfeer. Laat ons, o Here, deur U Gees, afhanklik en oorwinnaars wees”.

Vrydag 22 Mei – Tye van Versoeking

Die Here versoek ons nie, maar Hy laat tye van versoeking en swaarkry toe (Daniël 12:10; Rom. 5:3; 1 Pet. 1:7). Waarom is dit nodig om in die diepste van ons wese getoets te word? Vra Hom om jou hart en gedagtes te reinig. Te dikwels ontdek ons dat daar verskuilde motiewe in ons harte is: arrogansie; trots; ambisie en aanmatiging wat ons van die Here af wegdryf. Vader ek gee my lewe nou weer aan U oor. Ek oorhandig aan U die gesag van my lewe en vra U om my te lei en vir my aan te toon wat U wil hê ek moet doen of nie moet doen nie.

Saterdag 23 Mei – Pinkster

Die Pinksterbidure sou van Sondag 24 Mei tot Woendag 27 Mei, plaasvind. Aangesien ons ingeperk is weens die Corona-Pandemie is ons op onsself aangewese om nie te verslap in ons gebedslewe nie. Coenie Burger sê: “Die wonderlike is dat die Here Jesus op Pinksterdag Sy Gees kom uitstort het op Sy Gemeente en op elkeen van ons. Hy het vir ons ‘n Helper gegee om ons by te staan en te dra – Sy Gees wat ons troos as ons moedeloos word, wat ons inspireer en hoop gee as ons lam voel, wat ons leer, en wysheid gee as ons dom en raadop raak en wat heeltyd vir ons heenwys en herinner aan ons Here Jesus Christus, sodat ons Hom sal raaksien wanneer die storms rondom ons woed”. Geseënde Pinkster vir elkeen van Julle....Jy’s nie alleen nie.

Address

8ste Laan 6, Florida
Roodepoort

Opening Hours

Monday 08:00 - 11:00
Sunday 09:00 - 10:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Florida-Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Florida-Suid:

Share

Category