27/12/2020
Fellowship in Engels
In Afrikaans: Kameraadskap, gemeenskap, geselskap, broederskap, of lidmaatskap
Doel van kameraadskap, gemeenskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap.
Die gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap van veral Ware Christene (hulle wat die intensiteit van die Evangelie en Sending van Jesus Christus verstaan) is baie belangrik, want dit is in ons eenheid saam dat ons;
1. Die gelowige kan aanmoedig en laat groei in Jesus Christus (Romeine 1:11,12)
2. Dat die Wêreld moet weet Jesus was gestuur na die Aarde deur God, die Vader. (Joh.17:22,23)
Voorwaardes van kameraadskap, gemeenskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap
1. 'n Basiese verbintenis tot mekaar. (Rom. 12:10)
Sonder die basiese vertroue kan daar geen gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap wees nie.
Die diepte van gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap sal verskil op die diepte van die toewyding, verbintenis of blootgewing.
2. Ons verbintenis, toewyding of blootgewing moet gebaseer wees op 'Agape'. (Joh. 13:34)
'Agape', is een rigting liefde, wat lief he ten spyte van, nie weens of vanwee nie. So n toewyding of verbintenis sal nie geraak wees weens die ander persoon se veranderlike of onverenigbare gedrag nie.
3. Ware gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap is Jesus Christus - gesentreerd.
(1 Joh. 1:3 en Fil. 2:1-2)
Ons se kameraadskap, gemeenskap, broerderskap, geselskap en lidmaatskap met mekaar word gevind of gebaseer in ons gemeenskaplike verbintenis en toewyding tot Jesus Christus.
4. Om in die lig te wandel.
Ons se gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap sluit in die behoefte om oop, eerlik en opreg met mekaar te wees. Dit soms sal bedoel:
* Om ons sondes te bely aan ander, of om mekaar se oortredinge en sondes te bedek. (1 Joh. 1:6,7)(Matt 18:15).
* Gehoorsaamheid tot die Lig
Algemene en spesifieke gebooies wat God ons gegee het.
* Die verwydering van enige maskers of valse bedenking. (1 Pet. 1:22)
Sovele van die wêreld se gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap is skynheilig, geveins of huigelagtig - vertolk n rol, en dit is nie eg nie.
* 'n Ware en opregte belangstelling in anders se welstand. (Fil. 2:3,4)
Daar moet geen versteekte agendas, by motiewe, gierigheid of self verryking wees nie. Ons begeerte moet wees om te gee en nie om te ontvang nie en so ook om te offer sonder dat ons iets daarvoor moet of wil ontvang.
* Om bereid te wees om ons lewens vir mekaar af te le (Joh. 15:12,13
Lewe beteken meer as net om fisies te lewe. Dit beteken ook ons materiele besittings, ons persoonlike belange en voorkeure, ens. (Jak. 2:15,16)
Hierdie beteken om openlik van onsself te deel. Ons kan alleenlik mekaar ken as ons bereid is om meer van onsself te openbaar.
C. Gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap of lidmaatskap in die Kerk opset beteken.
1. Om alles te deel. (Handelinge 4.32)
Daar was 3 vlakke van ontwikkeling in hulle gemeenskap, kameraadskap, broederskap, geselskap of lidmaatskap, eerstens hulle was van een hart (gees), daarna was hulle van een siel (verstand), en daarna gevolg deur die fisiese uitdrukking van hulle het alles gesamentlik besit. Nie eensydig of afsonderlik nie.(Handelinge 2:44,45)
2. Le Hulle Lewens Neer
(Romeine 16:3,4)
3. Toegewyd om mekaar te dien as broers. (1 Kor. 16:15)
4. Om n kanaal van voorsiening te wees vir ander in nood (2 Kor. 8:14)(1 Kor. 16:17)
5. Deel in lyding (Fil. 4:14)
6. Gee van Offer / Offergawe (2 Kor. 8:2,3)
7. Beoefen gasvryheid. (3 John 5)(Heb. 13:2)
8. Bou mekaar op en aanmoedig mekaar. (2 Thess. 2:8)(2 Tim. 3:10-14)
D. Resultate van gemeenskap, kameraadskap, geselskap, broederskap en lidmaatskap.
Die resultaat van gemeenskap, kameraadskap, broederskap, geselskap en lidmaatskap in die vroeer kerk was:
* Die vrees van en vir God (Handelinge 2:43
* Blydskap (Handelinge 2:46)
* Lewe in guns met alle mense (Handeling 2:47)
* Byvoeging van nuwe gelowiges (Handelinge 2:47)
* Alle behoeftes voorsien (Fil 4:19)
* Die verskyning van leierskap (1 Kor. 16:15,16)
Verbintenis / Blootgewing
Deur hierdie studie verstaan ek nou die belangrikheid om gedurig deur in gemeenskap, kameraadskap, broederskap, geselskap en lidmaatskap met ander gelowiges, broers, susters, komitees en leiers te wees..
Ek vebind myself om deel te wees van n groep gelowiges, broers, susters, komitee en leiers te wees waarby ek my algehele lojaliteit, toewyding, my liefde en diens te gee.