Lede in Christus Kerk Heidelberg

Lede in Christus Kerk Heidelberg Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lede in Christus Kerk Heidelberg, Religious organisation, 6 Hoek Street, Rensburg.

Nooi julle vriende en familie. Kom geniet die geseende dag saam met ons.
20/05/2021

Nooi julle vriende en familie. Kom geniet die geseende dag saam met ons.

15/02/2021

Goeie more Broers en Susters.
As gevolg van covid 19 regulasies, sal ons almal ongelukkig nie die begrafnis van Suster Anna om 11h00 kan bywoon nie. Jy kan op Lede in Christus kerk Heidelberg se page af gaan tot by Live Broadcast en sodoende ook die diens bywoon. Ons gebede gaan uit na die familie en geliefdes. Haar plekkie in die kerk is leeg, en sy word gemis. Skakel in en woon die begrafnis by. 15/02/21 11h00 Groete.
Hier is die link om direk in te skakel.
https://www.facebook.com/groups/188243028434388/?ref=share

09/02/2021

Rus saggies liefste tannie Anna. Tannie se heengaan is n reuse verlies vir ons en die Gemeente. Ons sal tannie altyd mis.

14/10/2020
08/10/2020

Hi dierbares, net n kort herinnering aan ons spesiale diens tye.
1.Vrydag aand 23 Okt 7nm Past Naldo Ferreira
2.Saterdag 24 Oktober 6nm.Past Gertjie Symens
3.Sondag oggend 10 vm Past Corne Du Plessis.

Groetnis

Gert

Ons wil net vir Barend en Christa van Staden se baie geluk met hulle Huweliksherdenking mag daar vir julle nog baie gese...
18/08/2020

Ons wil net vir Barend en Christa van Staden se baie geluk met hulle Huweliksherdenking mag daar vir julle nog baie geseende jare saam wees

14/07/2020

Hierdie gebed is vir elke mens wat behoeftig is en wat aanraking en genesing, voorsiening en deurbraak, nodig het. Maak nie saak wat in hul lewe fout mag wees nie of hoe erg hul omstandighede lyk nie, ek wil bid vir genesing in hul liggaam, daai pyn moet gaan in Jesus naam, daai virus, sterf en daai seer opdroog.
Ons verklaar oorlog en bely dat elke siekte sal buig en plek maak vir genesing en oorwinning in Jesus naam. Ek bid vir elke verhouding, restoureer en bring harmonie en eenheid weer tussen man en vrou, kind en ouer, vriend en kollega. Wat ookal hul uitmekaar laat dryf het, bring ek in die gees en in geloof weer terug in die naam van Jesus.
Ek bind elke finansiële krisis wat die vyand oor hulle gebring het, ek bestraf elke gees van armoede nou in die naam van Jesus, ek spreek U guns oor elkeen se finansies, restoureer asseblief Here, voorsien, mag hul deurbrake ontvang in Jesus, ek bid nou vir ‘n gees van voorsiening en oorvloed in hul finansies, in hul koskaste en yskaste, vul elkeen se mandjie in Jesus naam.
Nie meer droogte nie, geen bekommernis oor skuld en armoede nie, ek spreek lewe en verklaar vryheid, vry van skuld, vry van bedel en leen in Jesus naam. Elke besigheid en bediening, Here ek bring elkeen ook na U toe en in geloof sê ek dat dit sal gebeur en sal plaasvind en sal waar word tot eer en verheeliking van God se naam.
Elke huis rusie, elke onenigheid in elke huis, kommunikasie gapings sal nou herstel word in Jesus naam, Here dat elke huis sal sê dat hulle die Here sal dien ongeag wat, en ek verklaar dit nou in Jesus se naam.
Dankie vir elke genesing, elke voorsiening, elke restourasie, elke deurbraak en elke uitleg en oorwinning, als te danke aan God se genade en liefde.
Laat U wil geskied Vader, in Jesus se naam.
Amen.

14/05/2020

Dit is met leedwese dat ons verneem het van tannie Bibi Wolmarans se afsterwe.
Ons gebede is met Pastoor Wolmarans en kinders.

26/04/2020

Sondag 3 Mei om 09:00 saai ons agbare Moderator Pastor Marius Erasmus 'n direkte boodskap Nasionaal uit. Nooi asb u gemeentes, familie en vriende om in te skakel by https://www.facebook.com/LedeinChristusHK/

Dankie, Tim Malan, Hoofsekretaris.

Lede In Christus Kerk.

Address

6 Hoek Street
Rensburg
1441

Telephone

+27832942654

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lede in Christus Kerk Heidelberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share