Manne van die Woord Randfontein

Manne van die Woord Randfontein Manne van die Woord is ‘n interkerklike Christelike organisasie met die hoofdoel om manne weer by God uit te bring.
(1)

Geestelike groei en ondersteuning is vir ons baie belangrik. Ons fokus daarop om mans weer in die regte verhouding met God, hul vrouens, kinders en hul werk te help staan en ondersteun en bemoedig mekaar in alle omstandighede.

05/12/2025

Reis lig

Lukas 22:35 NLV

Jesus het gesê: '...Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie' (Lukas 12:15 NLV). Ons lewe in 'n materialistiese samelewing wat behep daarmee is om besittings op te gaar. Hoe meer jy egter het, hoe meer het jy om oor bekommerd te wees. Wat veronderstel jy wou Jesus sy dissipels leer toe Hy hulle sonder 'n beursie, reissak of sandale uitgestuur het?

Die skrywer Cynthia Ruchti vra: 'Het Hy vir hulle gewys dat Hy al was wat hulle ooit nodig sou hê? Wou Hy hê hulle moes leer om van Hom afhanklik te wees? Het Hy hulle in nederigheid onderrig om hulp van ander mense - 'n bed vir die nag, 'n maaltyd, 'n geleende jas wanneer die temperature daal - te ontvang? Het Hy gehoop dat hulle sou besef dat hulle met minder besittings kon klaarkom? Dat hulle veiliger teen diewe langs die pad sou wees as hulle niks gehad het wat die moeite werd was om te steel nie? Was dit hulle fokus waaroor Jesus die meeste begaan was? Met niks in hulle hande om hulle aandag af te lei nie, sou die dissipels met meer ywer aan sy woorde en aan die bediening en versorging van mense se fisiese en geestelike behoeftes vasklou?

Hoe meer ek daaroor d**k, hoe meer waarde sien ek in die 'geen bagasie'-opdrag. Wat as ek my dag binnestap, sonder 'n mentaliteit wat op my beursie en ekstra sandale gefokus is, maar eerder op Jesus, sy Woorde en sy roeping? Wat as ek sukses nie aan hoeveel ek opgehoop het meet nie, maar aan hoe min ek nodig het om te oorleef as ek naby aan Jesus leef? Wat sou ek kortkom? Niks nie!'

Sielskos: Kol 3-4; Filemon; Joh 17:13-26; Ps 148:1-6

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by [email protected]

24/10/2025

Geskryf deur Bob & Debby Gass

2025/10/24

Skinderstories!

Psalm 141:3 NLV

As jy geneig is om te skinder, lees die volgende met aandag: 'Ek vermink sonder om dood te maak. Ek breek harte en verwoes lewens. Ek is slinks en kwaadwillig. Hoe meer ek aangehaal word, hoe meer word ek geglo. Ek floreer op elke vlak van die samelewing. My slagoffers is hulpeloos; hulle kan hulself nie teen my beskerm nie, want ek het geen naam en gesig nie. Dis onmoontlik om my op te spoor. Hoe harder jy probeer, hoe meer ontwykend word ek. Ek is niemand se vriend nie. Sodra ek 'n reputasie aantas, is dit nooit weer dieselfde nie. Ek kelder regerings, verwoes huwelike en laat onskuldige mense huil. Wie is ek? My naam is skinderstories!'

Salomo het gesê: 'Skinderstories is so soet soos lekkers. Jy sluk dit maklik, en dit sink tot diep in jou gemoed' (Spreuke 18:8 NLV). Ons moet noukeurig oplet wat Jesus oor die sonde van skinder sê: 'Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word' (Matteus 12:36-37 NLV).

Eendag sal ons voor God staan om geoordeel en beloon te word. Openbaring 20:12 (NLV) sê: '...Daarna is die boekrolle oopgemaak...' Daar gaan dus verskeie boekrolle wees. Kan een van hulle dalk die 'boekrol van woorde' wees? As jy glo dat dit moontlik is, sal jy nie iemand anders se hart breek deur hulle geheime oor te vertel, hulle vertroue te skend, hulle goeie naam skade aan te doen of hulle selfbeeld met bespotting en skimpe te ondermyn nie. Dawid het gebid: 'Sit 'n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê.' Dis 'n gebed wat elkeen van ons op 'n gereelde basis moet bid.

06/09/2025

We are all judged by the Holy Spirit but not convicted YET, there is a PAUSE,, all SIN will be forgiven accept 1. Holy Spirit bear witness for Jesus, HS is your conscience, expose, to refute, and to
convince (Bruce).
This is the work of the Holy Spirit in the world and in individual hearts; to convince and convict of these truths, "The Spirit does not merely accuse men of sin, he brings to them an
inescapable
sense of guilt so that they realize their shame and helplessness before God., "The Spirit is the 'advocate' or helper of those who believe in Jesus, their counsel for the defence. But in relation to unbelievers, to the godless
world, he acts as counsel for the prosecution. It's important to
have the Spirit of God to defend rather than to convict. "The essence of sin is unbelief, which is not simply a casual incredulity nor a difference of opinion; rather, it is a total rejection of God's messenger and message." The Holy Spirit persuades the work of the
righteousness of Jesus.
"The world, the prince of it, is 'judged'. To adhere to it rather than to Christ is to cling to a doomed cause, a sinking ship.'
He will glorify Me, for He will take of what is Mine and declare it to you.
All things that the Father has are
Mine. Therefore I said that He will take of Mine and declare it to you."
John 16:12-15
the Holy Spirit continues today to personally lead us into truth, but never in opposition to the Scripture, because God's supremely authoritative revelation is closed with the New Testament.
The Holy Spirit's ministry is revealing Jesus to us, to bear testimony of Jesus (John 15:26). the Spirit of truth who proceeds from the Father, He will testify of Me. it is being the work of the Spirit to testify and to declare the THINGS OF CHRIST; not any thing new and beyond Him.
" ill. All things that the Father has are Mine: "If Christ had not been equal to God, could he have said this without blasphemy?" The unforgivable sin in the Bible is consistently identified as
blasphemy against the Holy Spirit, mentioned in Matthew 12:31-32, Mark 3:29, and Luke 12:10. This is not a single act but a persistent, willful rejection of the Holy Spirit's work, a hardening of the heart that refuses to acknowledge God's power and truth. It involves an ongoing, deliberate contempt for the Spirit's convicting power, leading to an inability and unwillingness to repent and receive forgiveness through Christ.
Key aspects of this sin:
Willful Rejection:
It is a conscious and deliberate hardening of the heart against the Holy Spirit's witness to Christ.
Rejection of Salvation:
By rejecting the Holy Spirit, who convicts the world of sin and leads people to Christ, a person rejects the very source of forgiveness and salvation
Why it is unforgivable:
A person who commits this sin is unwilling to be forgiven.
They refuse the very means God has provided for forgiveness.
It's like an ongoing refusal of the medicine for a fatal illness, even when it's available.
Who can commit it:
This warning is primarily for those who are outside of Christ and continually reject the Holy Spirit's efforts to lead them to faith.
It is not a sin that a Christian can commit accidentally or out of fear of having committed it.
The very fact that someone is worried about committing the unforgivable sin is often an indication that they have not committed it.

05/09/2025
05/09/2025

Geskryf deur Bob & Debby Gass

2025/09/05

Doen altyd wat reg is

1 Johannes 3:21 NLV

Wanneer jy wetend iets verkeerds doen, ervaar jy angs, stres en onsekerheid. "'Vir bose mense,' sê die Here, 'is daar geen vrede nie'" (Jesaja 48:22 NLV). Wanneer jy 'n plan van aksie kies wat onversoenbaar is met dit wat jy glo reg is, gee jy jou vrede prys. 'n Persoon kan byvoorbeeld 'n werk of plig aanvaar wat hulle dwing om iets teen hul geestelike oortuigings te doen, iets wat hul gewete skend. Talle mense was al in die situasie waar hulle waardes gekompromitteer word, sodat hulle bevordering kan kry of ander voordele kan behaal. Vir hulle het dit destyds na hul enigste opsie gelyk. 'Dit kan lyk of 'n mens reg lewe. Agterna gesien is dit die pad van die dood' (Spreuke 16:25 NLV).

Dis wanneer 'n sterk geestelike fondament nodig is. Dit verg geloof en moed om jou oortuigings toe te laat om jou gedrag en jou keuses te rig. Die waarheid is dat God op die ou einde vir jou bevordering verantwoordelik is. Sy Woord sê: 'Want uit die ooste of weste of selfs uit die woestyn, kom daar geen verheffing nie. Maar God is die regter wat verneder of verhef' (Psalm 75:7-8 NLV).

Moenie d**k dat jy uit jou eie krag reg kan optree nie. Soms is die versoeking om te manipuleer of te jok sodat jy jou loopbaan kan bevorder, net te veel om te weerstaan. Dis dan wanneer jy God se krag nodig het. Dawid het gesê: '...Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?' (Psalm 27:1 NLV). Bid die volgende: 'Vader, bewaar my asseblief dat ek nie in versoeking kom nie en verlos my van die Bose. Help my om te doen wat reg is.'

Sielskos: Eseg 37:1-40:9; Matt 24:1-14; Ps 78:9-16; Spr 20:11-14

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by [email protected]

04/09/2025

Geskryf deur Bob & Debby Gass

2025/09/04

Hulp vir jou huwelik

Prediker 9:9 ABA

Die volgende definisie van liefde en die huwelik is 'n beproefde formule wat moeilik sal wees om op te verbeter: 'Liefde is vriendskap wat vlam gevat het. Dit is stille begrip, wedersydse vertroue en vergifnis. Dis lojaliteit deur goeie en slegte tye. Dit is tevrede met minder as volmaaktheid en maak voorsiening vir menslike swakheid. Liefde is tevrede met die hede, hoop vir die toekoms en weier om oor die verlede te tob. Dit is dag na dag se irritasies, probleme, kompromieë, klein teleurstellings, groot oorwinnings en saamwerk na gemeenskaplike doelwitte. As jy liefde in jou lewe het, kan dit vergoed vir baie dinge wat jy kort.'

Die Bybel sê: 'Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet... Dit is God wat vir jou elke dag gee... want dít is wat jy kry terwyl jy lewe en hard werk in hierdie wêreld.' As jy jou huwelik wil laat werk, moet jy hierdie vyf reëls volg:

1) Moet nooit albei op een slag kwaad wees nie en moet nooit skree nie - tensy die huis aan die brand is.
2) Gee teenoor mekaar toe. As jy moet kies om jouself of jou maat goed te laat lyk - kies altyd jou maat.
3) Verwaarloos eerder die hele wêreld as mekaar en moet nooit 'n dag eindig sonder om ten minste een kompliment vir die een vir wie jy lief is, te gee nie.
4) Verwelkom mekaar altyd met liefde en moet nooit kwaad bed toe gaan nie.

5) Wanneer jy 'n fout maak, erken dit en vra om vergifnis.
Aangesien God met die idee van die huwelik vorendag gekom het, bid en vra Hom vir hulp met joune. Hy sal dit doen!

Sielskos: Eseg 34-36; Matt 23:23-39; Ps 78:1-8; Spr 20:7-10

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by [email protected]

27/08/2025

Geskryf deur Bob & Debby Gass

2025/08/27

Net vir vandag

Psalm 118:24 NLV

Wanneer dit moeilik gaan en jy in die versoeking kom om oor jou lot in die lewe te kla, stop en herinner jouself dat vandag 'n gawe van God is, een wat jy nooit weer sal oorhê nie. D**k aan die volgende woorde wat jou sal help: Net vir vandag sal ek elke uur ten volle ervaar en geniet en nie al my probleme op een slag probeer oplos nie. Net vir vandag sal ek my kennis probeer verbreed deur iets nuuts te leer; ek sal iets lees wat inspanning, d**kwerk, konsentrasie en toewyding verg. Net vir vandag sal ek aangenaam wees. Ek sal probeer om op my beste te lyk, sag te praat en hoflik en bedagsaam teenoor ander te wees.

Net vir vandag sal ek nie probeer foutvind of enigiemand anders as myself probeer verbeter nie. Net vir vandag sal ek 'n plan en 'n doelwit hê. Ek sal dit dalk nie presies volg nie, maar ek sal nietemin een hê. Deur dit te doen, sal ek myself van twee vyande - haas en besluiteloosheid - red.

Net vir vandag sal ek my karakter ontwikkel. Ek sal iets goeds doen en dit vir myself hou; as enigiemand daarvan uitvind, tel dit nie. Net vir vandag sal ek iets doen waarvoor ek nie lus is nie. Sodoende sal ek my gees oefen om my vlees te oorheers en my wil om my emosies te oorheers. Net vir vandag sal ek nie bang wees om lief te hê of te waag nie; ek sal poog om al God se seëninge te geniet en glo dat elke saad wat ek in sy koninkryk saai, vermenigvuldig na my toe sal terugkom. Dis hoe ek sal lewe - net vir vandag!

Sielskos: Eseg 14:1-16:52; Matt 21:33-46; Ps 103:1-12; Spr 19:12-16

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by [email protected]

27/06/2025

Address

Kenneth Laan
Randfontein

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Manne van die Woord Randfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share