Midpark Jeug

01/09/2021

NHK Midpark | Lente & Hoop

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê.

Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te d**k in sy tempel. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan; ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.

Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here. Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red. Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.

Leer my u wil, Here, en lei my op 'n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie. Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie, want daar staan vals getuies teenoor my en hulle blaas geweld teen my aan. As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie...!

Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

- PSALM 27:1‭-‬14

NHK Midpark | Vrydag, 3 September 2021Met die winter so amper op sy rug... En die nuwe seisoen wat ons betree... Bied on...
25/08/2021

NHK Midpark | Vrydag, 3 September 2021

Met die winter so amper op sy rug... En die nuwe seisoen wat ons betree... Bied ons weer wegneemetes wat ons GRATIS aflewer.

• Kerrie & rys R30.00
• Pannekoek R5.00 elk.
• Jaffels R20.00
__________

Bestel sommer nou voor/op Woensdag 1 September by:

Tannie Martie - (011) 412 1987
Chrissie Munnik - 082 335 2588
Ds Jasper - 083 415 2555
__________

Kom ons maak weer 'n reuse sukses soos verlede keer. Stuur na al u kontakte, familie & vriende.

LIKE & SHARE!

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPEn nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou n...
27/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

- Galasiërs 2:20

Like & Share!

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPMoenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, d...
26/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

Moenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle gesê nie?
Julle is my getuies: is daar 'n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie;
Ek weet van geeneen nie.

- Jesaja 44:8

Like & Share!

25/07/2021

Dominee: Ds. Jasper van der WesthuizenOrrelis: Lynn Bootha

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPDie lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.- Johannes 1:5Like &...
24/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

Die lig skyn in die duisternis,
die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

- Johannes 1:5

Like & Share!

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPMag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat...
23/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

Mag God, die bron van hoop,
julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word
deur die krag van die Heilige Gees!

- Romeine 15:13

Like & Share!

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPAl val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.- Psalm 91:7...
22/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.

- Psalm 91:7

Like & Share!

NHK Midpark | 10 Dae van HoopDan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra, ek sal u Naam loof, Here, want U is...
21/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van Hoop

Dan sal ek offers aan U bring,
selfs meer as wat U vra,
ek sal u Naam loof,
Here, want U is goed.

- Psalm 54:8

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPJulle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.- Johhanes 14:1Like & Share!   ...
20/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

Julle moet nie ontsteld wees nie.
Glo in God;
glo ook in My.

- Johhanes 14:1

Like & Share!

NHK Midpark | 10 Dae van HOOPLuister, so sê die Herewat jou geskep het, Jakob,wat jou gevorm het, Israel:Moenie bang wee...
19/07/2021

NHK Midpark | 10 Dae van HOOP

Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie,
Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.

- Jesaja 43:1

Like & Share!

Address

Tortelduifstraat 18 Helikonpark
Randfontein
1750

Opening Hours

08:30 - 09:30

Telephone

+27116923236

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Midpark Jeug posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share