Lede in Christus Lighuis gemeente Randfontein

Lede in Christus Lighuis gemeente Randfontein KADIMA VORENTOE !

13/08/2026

Vanuit die Pastorie : Geen koue van vrees kan die vuur van die Heilige Gees blus nie . Staan op ! Word verlig , want jou lig kom , en die Heerlikheid van die Here gaan oor jou op . Jou geloof wat wankel word herstel deur die aanskouing van die Here se ingrype in jou lewe . Vandag het daar redding gekom vir jou en jou huis . Staan op en aanskou dit wat die Here vir jou bewerkstellig . Die Here gee terug wat die vyand van jou en jou geliefdes gesteel het . Glo en vertrou die Here in al jou tekorte en omstandighede , want die Here jou God is met jou ! Vrees nie ! Die Here is jou Helper en Sy loon is by hom !

06/08/2026

Loof die Here🙌

06/08/2026

Vanuit die Pastorie : So spreek die Here tot elkeen vermoeid en belas . Ek het jou trane gesien . Ek het jou gebed gehoor . Jou uitkoms sal groter wees as wat jy ooit sou kon verwag . By my as God is niks onmoontlik nie . Kyk sê die Here . Die storms wat woed in jou lewe sal in ñ oomblik se tyd verby wees en ñ nuwe seisoen sal aanbreek vir jou wat gister en eergister in benoudheid was . Moenie vrees nie . Jy jy het genade gevind in die oë van die Here . Ontvang vandag uit die hand van die Here , dit wat maar net ñ gedagte en begeerte in jou hart was . Die Here seën jou !

31/07/2026

Vanuit die Pastorie : Seisoene kom en gaan . Die dorste en koudste winter word opsygeskuif deur die lente en somer se nuwe groei en vrug . Die droogtes waar tekort geheers het word gebreek deur ñ seisoen van waterplas in dorre droeë land . Die gisters van swaarkry word net gedagtes van vaag onthou . Gedagtes vervang deur ñ nuwe seisoen deur God aan ons as mens toeberei . Koester die begin van jou nuwe seisoen . Omvou jou nuwe begin met wortelskiet van nuwe geloof . Omsoom jou nuwe seisoen met nuwe tekens van hoop en glo . Kyk ! So spreek die Here tot jou as mens . Ek gaan iets nuuts maak in jou midde . Vir jou wag iets nuuts . ñ Nuwe seisoen het vir jou aangebreek . Skep moed . Nie deur krag of geweld nie , maar deur my Heilige Gees ! So spreek die Here !

Op ons kanaal vanoggend : Die septer van genade word na jou uitgesteek !
24/07/2026

Op ons kanaal vanoggend : Die septer van genade word na jou uitgesteek !

22/07/2026

Vanuit die Pastorie : Vrees en geloof wat wankel is soos ñ dief wat wandel in die nag . Hy wandel daar waar ongeloof heers . Hy steel . Hy verwoes . Hy jaag geestelike bankrotskap aan . Tot op ñ plek waar twyfel by hom inhak met gedagtes van die Here het my verlaat . Die Here het van my vergeet . Die Here hoor nie meer as ek roep nie . Die Here is ñ God van vêr . Vanoggend spreek die Here tot jou . Nooit sal my oor te swaar wees om te hoor as jy roep nie . Nooit sal my arm te kort wees om jou uit jou ellende te red nie . Ek die Here jou God het jou eerste lief gehad en my liefde en genade sal jou dra tot in alle ewigheid . Vertrou op die Here jou God en kyk wat Ek vir jou as nietige mens voorberei . Vir jou is en wag daar ñ hoopvolle toekoms in my !

20/07/2026

Vanuit die Pastorie : In die hand van die Pottebakker lê daar herstel voor . Gee vanoggend jou stukkie klei ( probleme) oor in die hand van die Pottebakker . Die Here kondig vandag ñ nuwe seisoen aan vir jou en jou geliefdes . Dit sal ñ seisoen wees van herstel , vergoeding en deurbrake . Kyk vanoggend nie angstig rond nie . Wees nie bevrees nie . Die Here het jou trane gesien . Die Here het jou geroep gehoor . Jou uitkoms sal groter wees as jou eie verwagtinge .Hou goeie moed !

19/07/2026
19/07/2026

Ons het U lief Here Jesus.

Address

Randfontein
1759

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lede in Christus Lighuis gemeente Randfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share