16/09/2024
My Roeping.
Rom 12:1 en 2.
Ek vermaan julle dan broeders, by die ontverming van God, dat julle Jul liggame stel as n lewende, heilige en aan God n welgevallige offer. - dit is julle redelike godsdiens.
En word Nie aan hierdie wereld gelykvormig Nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle Kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte will van God is.
Het JY Al ooit gewonder hoekom JY op hierdie aarde geplaas is?
Soms is die antwoord dieper as wat ons d**k.
Ons is geroep Om vir die Here te leef, maar ook Sy werk te doen. Dis nie net die leraar Se problem nie, maar elkeen wat Jesus as verlosser ken.
Hy roep ons tot heiligmaking wat beteken ons word eenkant geplaas vir dienswerk. In Rom 12:1 en 2 vertel Paulus wat ons moet doen. Ons Kan nie meer Soos die wereld d**k Nie. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons gedagtes verander, vernuwe. Ons lewe dan volgens nuwe Koningkryks beginsels.
Dan Kan ons hoor wat Hy vir ons instoor het en in geloof daarop reageer.
Kom ons bid Saam.
Here dankie dat U ons red en verlos. Dankie dat U ons vrymaak. Help ons om U wil vir ons lewens te ondek. Om die gawes wat U ons gegee het the gebruik vir die uitbou van U Koningkryk.
Here, ons onderwerp ons aan U gesag en vra dat die Heilige Gees in en deur ons werk.
Ons bid dit in Jesus Naam.
Amen.