NG Gemeente Queenstown

NG Gemeente Queenstown Welkom by die amptelike Facebook-blad van die NG Gemeente Queenstown!

Gestig op 16 Desember 1853, is die NG Gemeente Queenstown die 54ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die 10de oudste in die Sinode van Oos-Kaapland.

11/08/2026

EISTEDDFOD CONCERT

Join us for an elegant evening filled with beautiful classical and light music by Eisteddfod music adjudicator, Mr. Christiaan Carstens.

Also performing:
- Erin Maart
- Antoinette van Greunen
- Rowan Knight
- Vernon Viljoen
- Sarah Botha
- Geoff Smith
- Daphne Fletcher
- Kayme du Preez
- Owen van Greunen
- Suné van Deventer

Tickets available at:
Hangklip Primary and Queen's College Boys' Primary.

We look forward to sharing an evening of music with you🎶

09/08/2026
09/08/2026

Riaan Naude baie dankie vir jou getuienis en vir jou sangbediening tydens ons erediens.
Ons Bid jou toe God's rykste seën met jou bediening.
"Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,
"NOGTANS SAL EK IN DIE HERE JUBEL, SAL EK JUIG IN GOD MY REDDER" Amen

08/08/2026

Ons nooi u uit na ons erediens moreoggend 9uur. Riaan Naude, blinde gospel sanger gaan ons bedien met getuienis en sang.
Nooi vriende saam.

Ons begin die nuwe kwartaal en word geroep om God se  Lig in 'n donker wêreld te skyn 🕯🌱Groeityd🌳📖Matteus 5:14-16 Tema: ...
27/07/2026

Ons begin die nuwe kwartaal en word geroep om God se Lig in 'n donker wêreld te skyn 🕯

🌱Groeityd🌳
📖Matteus 5:14-16

Tema: Wees Lig🕯️

🖊️Opsomming: Jesus gebruik die metafoor van 'n lamp om te verduidelik hoe gelowiges God se lig in 'n donker wêreld moet laat skyn.

Daar is nie ‘n opname van die preek vandag nie.

📍Hier is ‘n paar vra om jou te help om na dink oor die gedeelte:

❔Ons lewens dien as 'n lig wat vir mense in 'n "donker" wêreld vol seer wys wie God is deur Sy liefde, omgee en hulp te reflekteer. Ons moet in die plekke wat ons beweeg en waar ons leef, ons lig laat skyn om dit as ‘n sagter en beter plek agter te laat. Waar in jou omgewing kan jy “donker” plekke sien? Wie rondom jou voel dalk bang, alleen of hartseer? Waar het iemand nodig om God se liefde te sien?

❔Ons kan in die “donker” wêreld God se lig laat skyn in hoe ons leef. Bv, soos om vriendelik te wees met eensame mense, die waarheid te praat, ander te vergewe, te bid vir die wat swaarkry, en respek te wys. Wat gaan jy prakties hierdie week doen om te skyn? Dink aan spesifieke aksies by die huis, skool of werk. Gaan jy bv. iemand moed inpraat, iemand vergewe wat jou seergemaak het, of vir iemand in nood bid?

❔Ons is soms bang, onwillig of onseker om te doen dit wat God van ons vra. Wanneer ons weet wat God van ons vra om te doen, en ons doen dit nie, sit ons ‘n emmer oor die lig wat ons moet skyn. Bv. As ons moet vergewe, en ons kies om kwaad te bly. Dit verhoed dat mense die lig sien en God prys. Is daar iets wat jou keer dat Jesus se lig ten volle deur jou skyn? Is daar spesifieke struikelblokke, vrese of foute in jou lewe wat jy moet verander sodat God se lig helderder deur jou kan skyn?

❔Dit is nie altyd maklik om God se lig te laat skyn nie. Maar ons hoef dit nie alleen aan te pak nie. Net soos 'n lamp by 'n kragpunt ingeprop moet wees om te werk, kry ons ons krag om te skyn van Jesus af. Is jy tans "ingeprop" by die kragbron? Dink na oor of jy genoeg tyd spandeer in God se Woord en in gebed om jou krag van Hom te kry.

❔Die lig moet ook by die skakelaar aangeskakel wees, sodat die krag deur lamp kan beweeg en die lig kan skyn. Hierdie aanskakeling, is ons gehoorsaamheid wanneer ons doen dit wat God ons vra. Dit is ons keuse. Is daar iets waaraan jy vandag gehoorsaam moet wees? Vra die Gees om jou bewus te maak van SY leiding deur die dag en daarop gehoorsaam te reageer.

❔Die rede waarom ons lig moet skyn, is dat dit dit mense help om God raak te sien, Hom te eer en te loof. Ons lewe, is nie vir onsself nie. Ons lewe, is in elke daad en gedagte, ‘n manier waarop God vereer kan word. Vra God om jou die week te help, dat mense Hom kan eer, deur jou lewe.

💥Praktiese toepassing:
Kry vir jou ‘n kers.🕯️ Elke oggend voor jy die dag begin, skool of werk toe gaan, steek die kers aan en bid dat God jou sal help om jou lig te laat skyn in die dag. Wanneer die dag verby is en jy vanaand stil raak, dink na oor die dag, deel met jou gesin of vriende waar jy donker gesien het en lig kon bring. Gee aan God dan die eer, vir Sy werk in daardie situasie. Deel ook as jy gesukkel het en bid daaroor.

Hykie Berg Gesinsaand 4 September 2026Ongelukkig moet ons aankondig dat ons die funksie uitstel tot verdere kennisgewing...
14/07/2026

Hykie Berg Gesinsaand
4 September 2026
Ongelukkig moet ons aankondig dat ons die funksie uitstel tot verdere kennisgewing.
Indien kaartjie reeds gekoop is, sal u geld terug betaal word.
Dankie

Address

Robinsonweg 38
Queenstown
5319

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27458381891

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Queenstown posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Queenstown:

Shortcuts

Share