NG Kerk Prins Albert

NG Kerk Prins Albert Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NG Kerk Prins Albert, Church, 26 Church Street, Prince Albert.

03/01/2025

NG Kerk Prins Albert Instandhouding Projek
Ons kerkgebou, voltooi in 1865, eis dringende herstelwerk. Die gebou ly aan ernstige waterskade, veral aan die toring en dak. Die pleisterwerk op van die mure verkrummel en die hele gebou het dringend verf nodig. Alhoewel die kerk net meer as die helfte van die fonds reeds het, is daar steeds ‘n groot bedrag uitstaande.

Die kerkgebou is nie net vir die lidmate nie, maar ook vir die gemeenskap en ons dorp se besoekers. Hierdie historiese gebou het verskeie klasieke en jazz konserte hierdie jaar aangebied, buite ons tradisionele dienste en byeenkomste.

- - Gratis Kerk Toer - -
Ons nooi u hartlik uit om ons kerkgebou te besoek vir ‘n gratis toer saam met ons koster, Johan Badenhorst, om meer van die geskiedenis en waarde te leer.
Vr, Sa, So, Ma (3, 4, 5, 6 Januarie) tussen 10:00 en 12:00

Ons verwelkom enige donasies. Bank besonderhede is beskikbaar by die kerkkantoor: 023 541 1510 of [email protected]

Kontak gerus ons kerkkantoor vir enige navrae en verdere inligting rakende die projek. Ons wil u graag op datum hou.

20/12/2024

The beautiful NG church, pride of the main street of Prince Albert, needs a lot of maintenance and repairs. This is not surprising as the building dates back to 1860 and is therefore one hundred and sixty-four years old. It was built with the materials available at the time, clay bricks and no modern cement, and it still stands, but…

The congregation of the Prince Albert NGK was officially recognized in 1842, and the first buildings followed soon after, but were quickly deemed inadequate and later replaced. The first pastor was P. K. Albertyn who was appointed by Governor Napier and who served until 1858, to be followed for the next hundred and sixty plus years by many devoted and beloved ministers of The Word. One of the remarkable men of that time was Reverend A.J.L. Hofmeyr, 1883 to 1895. He loved music, and loved and encouraged participation, performances, literature, singing and all music plus the uplifting of all and was considered the center around which Prince Albert revolved. He was even imprisoned by the farmers for criticizing them and may have talked to Winston Churchill in the same Pretoria prison.

In 1943 there was a centenary celebration of the congregation and a most informative book on the history of the church was written by a person who called himself "a son of the congregation", who was he? For that matter it is not known who designed the church, who was the architect? However, it is known that land for the church was bought from the then owners of Kweekvallei - the Bothma's. The earliest seats in the church were bought by members for 3.4 "riksdaalders" for the front five rows, down to 2.4 "riksdaalders" for seats further back. Once the congregation was established, history was made, almost on a daily basis. Bazaars and fund-raising events began early on, and the church council and a number of committees met regularly to decide on this and that and to formulate policies on youth and the elderly, education, charity work, the care of the poor, any matter that the spiritual touched upon the needs of the community. Progress and improvements received constant attention. The famous clock was installed in 1878, in 1885 the railings around the site were completed and in 1886 the new organ was installed at a cost of £850. Annie De Wit (born Luttig) was the organist from 1892 to 1950 and received a clock as a gift. In 1937 the church was electrified. In 1988 the church was declared a National Monument. In 1992, the one hundred and fiftieth and in 2022 the one hundred and eightieth anniversary of the Prince Albert congregation of the NGK were largely celebrated. A new history book has been written, by P. J. and M. Botes, in which the names and photographs of almost every family in the district appear.

The church building has always been exclusively a place of worship and gathering of the faithful and wants to keep the character and use that way. Nevertheless, the church council recently decided to make the church building available for music festivals as part of her testimony to the outside. With this, the congregation sees its task as inviting the community to also experience something of the splendor and sanctity of this special place of worship. Could the first pastors imagine a crowded church where listeners can enjoy the art and beauty of music in different genres and be left in awe of the God-given talent of professional artists?

Indeed, the local congregation wants to be open, friendly and inviting towards all people. Reverend Hofmeyr would have liked the music! A place for everyone from Prince Albert, regardless of origin, to come together to share and be proud of what was started in 1842? But... nothing lasts forever.

There is hail damage to the tower, the clocks need painting, rain water is dripping into the main building, the window frames are in urgent need of repair plus all the plaster on the west wall is loose (old clay) and needs to be removed and replaced before it is completely crumbling and the gutters begging for help.

The above are just a few of the problems, and the whole building needs to be painted. Local builders, when approached for their involvement, said that the work was far more than they could undertake. Quotations were obtained from outside and the expenses to repair both the church building and hall amount to approximately R1.4 million. This goal lies far beyond the reach of the local congregation and lg. is therefore largely dependent on the good attitude of donors to preserve this cultural treasure of Prince Albert for future generations.

The congregation has already received a bequest of R500 000, which still leaves us with a deficit of R1 million. Every donation will be received with the greatest gratitude. Please mark donations: “Church Restoration”. We would like to keep donors informed of the progress of the project and would therefore appreciate it if you would provide us with your contact details.

Banking details: NG Kerk Prince Albert, ABSA Prince Albert, Code 334708, Acc nr 2640580006
email: [email protected]

20/12/2024

Die pragtige NG kerk, trots van die hoofstraat van Prins Albert, benodig baie instandhouding en herstelwerk. Dit is nie verbasend nie aangesien die gebou terug dateer na 1860 en dus honderd-vier-en-sestig jaar oud is. Dit is gebou met die beskikbare materiale van destyds, kleistene en geen moderne sement nie, en dit staan steeds, maar ...

Die gemeente van die Prins Albert NGK is in 1842 amptelik erken, en die eerste geboue het kort daarna gevolg, maar is vinnig as onvoldoende beskou en later vervang. Die eerste dominee was P. K. Albertyn wat deur goewerneur Napier aangestel is en wat tot 1858 gedien het, om vir die volgende honderd-en-sestig jaar plus gevolg te word deur baie toegewyde en geliefde bedienaars van Die Woord. Een van die merkwaardige manne van daardie tyd was dominee A.J.L. Hofmeyr, 1883 tot 1895. Hy was lief vir musiek, en het deelname, optredes, literatuur, sang en alle musiek plus die opheffing van almal liefgehad en aangemoedig en is beskou as die middelpunt waarom Prins Albert gedraai het. Hy is selfs deur die boere gevange geneem omdat hy hulle gekritiseer het en het moontlik met Winston Churchill in dieselfde Pretoriase tronk gesels.

In 1943 was daar 'n honderdjarige viering van die gemeente en 'n mees insiggewende boek oor die geskiedenis van die kerk is geskryf deur 'n persoon wat homself "’n seun van die gemeente" genoem het, wie was hy? Vir die saak is dit nie bekend wie die kerk ontwerp het nie, wie was die argitek? Dit is egter bekend dat grond vir die kerk by die destydse eienaars van Kweekvallei – die Bothma’s – gekoop is. Die vroegste sitplekke in die kerk is deur lidmate gekoop vir 3,4 "riksdaalders" vir die voorste vyf rye, af na 2.4 "riksdaalders" vir sitplek verder agter. Sodra die gemeente gesetel was, is geskiedenis gemaak, amper op 'n daaglikse basis. Basaars en fondsinsamelings geleenthede het vroeg reeds begin, en die kerkraad en 'n aantal komitees het gereeld vergader om oor dit en dat te besluit en beleid te formuleer oor jeug en bejaardes, onderwys, liefdadigheidswerk, die armblanke-sorg, enige sake wat die geestelike behoeftes van die gemeenskap aangeraak het. Vooruitgang en verbeterings het voortdurend aandag geniet. Die bekende horlosie is in 1878 geïnstalleer, in 1885 is die relings rondom die terrein voltooi en in 1886 is die nuwe orrel teen 'n koste van 850 pond geïnstalleer. Annie De Wit (gebore Luttig) was die orrelis van 1892 tot 1950 en het 'n horlosie as geskenk ontvang. In 1937 is die kerk geëlektrifiseer. In 1988 is die kerk tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. In 1992 is die honderd-en-vyftigste en in 2022 die honderd-en-tagtigste bestaansjaar van die Prins Albert-gemeente van die NGK grootliks gevier. 'n Nuwe geskiedenisboek is geskryf, deur P. J. En M. Botes waarin daar die name en foto's verskyn van omtrent elke gesin in die distrik.

Die kerkgebou was nog altyd uitsluitlik ʼn plek van aanbidding en samekoms van die gelowiges en wil die karakter en gebruik so bly behou. Die kerkraad het nietemin, onlangs besluit om dit as deel van haar getuienis na buite, die kerkgebou ook tot die beskikking van musiekfeeste beskikbaar te stel. Hiermee sien die gemeente haar taak as uitnodigend tot die gemeenskap om ook iets van die prag en gewydheid van hierdie besondere plek van aanbidding te ervaar. Sou die eerste dominees hulle 'n stampvol kerk kon voorstel waar toehoorders die kuns en skoonheid van musiek in verskillende genres kan geniet en in verwondering gelaat word oor die Godgegewe talent van professionele kunstenaars? Die plaaslike gemeente wil inderdaad oop, vriendelik en uitnodigend teenoor alle mense wees. Dominee Hofmeyr sou van die musiek gehou het! 'n Plek vir almal van Prins Albert, ongeag hul oorsprong, om bymekaar te kom om te deel en trots te wees op wat in 1842 begin is? Maar ... niks hou vir ewig nie.

Daar is haelskade aan die toring, die horlosies moet geverf word, reënwater drup in die hoofgebou, die vensters se rame moet dringend herstel word plus al die pleister op die westelike muur is los (ou klei) en moet verwyder en vervang word voordat dit heeltemal verbrokkel en die geute smeek om hulp.

Bogenoemde is maar net 'n paar van die probleme, en die hele gebou moet geverf word. Plaaslike bouers het toe hulle vir hul betrokkenheid genader is, gesê dat die werk veel meer is as wat hulle kan aanpak. Kwotasies is van buite gekry en die uitgawes om beide die kerkgebou en-saal te herstel, beloop ongeveer R1.4 miljoen. Hierdie doelwit lê ver buite die bereik van die plaaslike gemeente en lg. is daarom grootliks afhanklik van die goeie gesindheid van donateurs om hierdie kultuurskat van Prins Albert vir toekomstige geslagte te bewaar.

Die gemeente het reeds ʼn bemaking van R500 000 ontvang, wat ons steeds met ʼn tekort van R1 miljoen laat. Elke skenking sal met die grootste dankbaarheid ontvang word. Merk asseblief skenkings: “Kerkherstel”. Ons sal graag vir donateurs op die hoogte van die vordering van die projek wil hou en sal dit daarom waardeer, indien jy ons van jou kontakbesonderhede sal voorsien.

Bankbesonderhede: NG Kerk Prins Albert, ABSA Prins Albert, Kode 334708, Rek nr 2640580006
e-pos: [email protected]

20/12/2024

NG Kerk Prins Albert Instandhouding Projek

Ons kerkgebou, voltooi in 1865, eis dringende herstelwerk. Die gebou ly aan ernstige waterskade, veral aan die toring en dak. Die pleisterwerk op van die mure verkrummel en die hele gebou het dringend verf nodig. Alhoewel die kerk net meer as die helfte van die fonds reeds het, is daar steeds ‘n groot bedrag uitstaande.

Die kerkgebou is nie net vir die lidmate nie, maar ook vir die gemeenskap en ons dorp se besoekers. Hierdie historiese gebou het verskeie klasieke en jazz konserte hierdie jaar aangebied, buite ons tradisionele dienste en byeenkomste.

- - Gratis Kerk Toer - -
Ons nooi u hartlik uit om ons kerkgebou te besoek vir ‘n gratis toer saam met ons koster, Johan Badenhorst, om meer van die geskiedenis en waarde te leer.
Vr, Sa, So, Ma (20, 21, 22, 23 Desember) tussen 10:00 en 12:00

Ons verwelkom enige donasies. Bank besonderhede is beskikbaar by die kerkkantoor: 023 541 1510 of [email protected]

Kontak gerus ons kerkkantoor vir enige navrae en verdere inligting rakende die projek. Ons wil u graag op datum hou.

Address

26 Church Street
Prince Albert
6930

Telephone

+27235411510

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Prins Albert posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Prins Albert:

Shortcuts

Share

Category