Viam Dei

Viam Dei Viam Dei is die spiritualiteitsbediening van die Ooskerk. Kom stap saam! - (Viam Dei is 'n Latynse term wat beteken God se pad)

Jy kan inskakel by ons jaarlange program en daarna verder die pad saam met ander gelowiges stap in 'n kleingroep. Viam Dei wil 'n ruimte bied waarbinne jy al meer bewus kan word van God in en om jou lewe, waarin jy geestelik kan groei deur meer en meer God se mens tussen ander te wees en waar jy op 'n diep vlak innerlik getransformeer kan word tot die nuwe mens wat ons reeds in Jesus Christus is.

Ons droom oor aanvaarding, gemeenskap, inklusiwiteit, misterie, bewustelikheid, groei, transformasie en lewe! Ons streef daarna om te groei in kennis van God, myself en ander en om te groei in begrip en fyn aanvoeling van die lewe as sulks.

20/01/2026

VIAM DEI 2026

Het jy dalk die afgelope tyd gevoel dat jy soek na iets dieper in jou verhouding met die Here of sommer net in die lewe; of dat jy graag ‘n heler en gesonder mens wil wees wat regtig ‘n diep pad wil stap waar alle aspekte van jou lewe geïntegreer is?

Dan moet jy dit dalk oorweeg om in 2026 in te skryf vir Viam Dei.

Viam Dei is ‘n jaarlange program wat jou aan al die belangrikste aspekte van die kontemplatiewe spiritualiteit bekend stel: dinge soos ‘n bewustelike lewe, kontemplatiewe geloofspraktyke, meganismes van spiritualiteit en ‘n dieper lewe, jou verstaan van God en die Bybel, jou spiritualiteit en persoonlikheid en nog baie meer.

Viam Dei jaar 1 skop af
op Maandag 16 Februarie 18:00-20:00
of Dinsdag 17 Februarie 10:00-12:00,
in persoon by die Ooskerk.
Die koste vir die jaar is
R2200 vir die jaar (betaalbaar in twee paaiemente.)
Vir meer inligting gaan kyk gerus op Viam Dei se webwerf by viamdei.com of kontak Marina by [email protected].

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Viam Dei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share