Net die Woord

Net die Woord By Net die Woord hoor jy net die Woord; niks meer nie en niks minder nie.

NET DIE WOORD – MOOT SELGROEPHierdie week kyk ons na een van die mees dramatiese gedeeltes van die Bybel – Openbaring 14...
25/03/2026

NET DIE WOORD – MOOT SELGROEP
Hierdie week kyk ons na een van die mees dramatiese gedeeltes van die Bybel – Openbaring 14 – 16 – en kyk veral na die laaste sewe plae wat uitgestort word oor 'n ongelowige mensdom.
Wat beteken hierdie profesieë vir ons vandag? Hoe leef ons as gelowiges te midde van 'n wêreld wat God verwerp? Kom gesels saam!
✅ Lering uit die Woord ✅ Vriendskap ✅ Omgee
📞 084 531-8046 🌐 www.netdiewoord.co.za 🌐 www.johnchapterthree.com/af

📖 Net die Woord | Johannes Hoofstuk DrieVanaand lees ons verder deur die name in Hebreërs 11 — mense wie se geloof opget...
25/03/2026

📖 Net die Woord | Johannes Hoofstuk Drie
Vanaand lees ons verder deur die name in Hebreërs 11 — mense wie se geloof opgeteken is vir die nageslagte.
Vanaand se naam: Samuel.
In Hebreërs 11:32 word hy genoem — net sy naam, sonder besonderhede. Tog weet ons uit die Ou Testament dat Samuel ‘n profeet én rigter was wat Israel gelei het in ‘n tyd van groot verwarring en oorgang. Hy het God se stem geken van kindsbeen af, en het getrou daaraan vasgehou, selfs toe die volk om ‘n koning gevra het teen God se wil in.
Samuel het getuienis ontvang — sonder om altyd te weet hoe dinge sou uitwerk. Dit is geloof.
Sluit gerus by ons aan:
📅 Elke Woensdag om 18:30
📍 Montanapark Selgroep
🌐 www.netdiewoord.co.za | www.johnchapterthree.com
📞 084 531-8046

🙏 Montanapark Selgroep – Net die WoordIn hierdie week se selgroep het ons studie van Hebreërs 11 ons by vers 32 gebring,...
19/03/2026

🙏 Montanapark Selgroep – Net die Woord
In hierdie week se selgroep het ons studie van Hebreërs 11 ons by vers 32 gebring, waar die skrywer verwys na baie ander mense wat in geloof geleef het – onder andere die profete. Ons aanbieder het ons geneem na een van daardie profete: Miga.
Sluit gerus by ons aan!
📅 Elke Woensdag | 18:30 – 20:30 📍 Montanapark, Pretoria 📞 084 531-8046 🌐 www.netdiewoord.co.za/nuus.html

Moot Selgroep – Openbaring 12 en 13Hierdie Donderdag, 19 Maart 2026, gesels ons oor 'n skrikwekkende toekoms. Dit wat Jo...
19/03/2026

Moot Selgroep – Openbaring 12 en 13
Hierdie Donderdag, 19 Maart 2026, gesels ons oor 'n skrikwekkende toekoms. Dit wat Johannes gesien het, is alreeds moontlik:
"En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie." – Openbaring 13:15
Leer saam met ons vir 'n diepgaande bespreking van hierdie kragtige tema.
📧 [email protected] 📞 084 531-8046 🌐 www.netdiewoord.co.za | www.johnchapterthree.com

Woensdag Selgroep – MontanaparkHierdie week gesels ons oor 'n vrou wat niemand verwag het om 'n held te wees nie — Ragab...
12/03/2026

Woensdag Selgroep – Montanapark
Hierdie week gesels ons oor 'n vrou wat niemand verwag het om 'n held te wees nie — Ragab.
Sy het 'n twyfelagtige verlede gehad. Die samelewing het haar afgeskryf. Maar God het anders ged**k.
God gebruik juis diegene wie ons die minste verwag — om instrumente in sy hand te wees. Ragab het nie net die spioene beskerm nie, sy het haar plek in die Helde-akker van Gelowiges in Hebreërs 11 verdien!
📖 "Deur die geloof het Ragab, die h**r, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie..." — Hebreërs 11:31
Geen agtergrond is te ingewikkeld vir God se genade nie. Sluit gerus by ons aan!
📅 Elke Woensdag 🌐 www.johnchapterthree.com | www.netdiewoord.co.za 📞 084 531-8046

🌟 Abraham — Geroep om te Gaan, Sonder om te WeetVerlede week het ons selgroep dieper ingedelf in Hebreërs 11 se helde va...
09/03/2026

🌟 Abraham — Geroep om te Gaan, Sonder om te Weet
Verlede week het ons selgroep dieper ingedelf in Hebreërs 11 se helde van die geloof — en Abraham het ons hart geraak.
Stel jou voor: jy kry die opdrag om alles wat jy ken te verlaat — jou stad, jou familie, jou sekuriteit — sonder 'n GPS-koördinate of 'n plan B. Sou jy gaan?
Dít is presies wat Abraham gedoen het. Hy het nie gewag vir sekerheid nie. Hy het vertrou in God — en toe gaan.
✨ Geloof is nie die afwesigheid van onsekerheid nie. Dit is gehoorsaamheid ten spyte van onsekerheid.
God het beloof dat deur Abraham se nageslag, alle nasies van die aarde geseën sou word (Génesis 26:4) — 'n belofte wat ons vandag nog in Christus sien.
Wat roep God jou om te verlaat, sodat jy iets groters kan omhels?
👉 Lees meer by: www.johnchapterthree.com/af

📖 Net die Woord. Niks meer nie en niks minder nie.Hierdie Donderdag kom sit ons saam met oop Bybels en oop harte — en on...
05/03/2026

📖 Net die Woord. Niks meer nie en niks minder nie.
Hierdie Donderdag kom sit ons saam met oop Bybels en oop harte — en ons delf dieper in een van die mees fassinerende boeke van die Bybel: Openbaring.
Hierdie week se fokus: Hoofstukke 10 en 11 — die engel met die klein boekrolletjie, die twee getuies, en die soetheid én bitterheid van God se Woord. Hierdie gedeeltes is ryk, diep en vol hoop vir elke gelowige.
Of jy al jare lank die Bybel bestudeer of pas begin het — jy is hartlik welkom. Ons gesels saam, sonder agenda, net die Woord.
📅 Donderdag, 5 Maart 2026 📍 Moot Selgroep 📞 084 531-8046 🌐 www.netdiewoord.co.za ✉️ [email protected]
Kontak ons gerus vir tyd en adres. Ons sien uit om jou te verwelkom! 🙏
"Net die Woord. Niks meer nie en niks minder nie."

Wat leer 1 Korinthiërs 8 ons regtig? Wenk: Dit gaan nie oor kos nie.Op die oog af lyk 1 Korinthiërs 8 soos 'n antieke de...
03/03/2026

Wat leer 1 Korinthiërs 8 ons regtig? Wenk: Dit gaan nie oor kos nie.
Op die oog af lyk 1 Korinthiërs 8 soos 'n antieke debat oor offervleis. Maar lees 'n bietjie dieper en jy sien: Paulus praat oor die hart van Christelike gemeenskap — oor hoe ons ons vryheid gebruik, hoe ons na swakker gelowiges omsien, en hoe liefde altyd bo kennis gestel word. Lees meer hier: https://www.johnchapterthree.com/af/1_korinthiers_8.
"Maar as iemand God liefhet, is hy deur God geken." — 1 Kor. 8:3
Ons selgroepe vergader Woensdae en Donderdae. Jy is welkom — of jy nuut in die geloof is of al jare op pad is.
📅 Woensdae | 18:30 nm 📍 Montanapark Selgroep 🌐 www.netdiewoord.co.za 📧 [email protected]📞 084 531-8046
Vriendskap. Samesyn. Woord.

🙏 Montanapark Selgroep – HebreërsHierdie week het ons selgroep voortgegaan met ons opwindende studie deur Hebreërs. Ons ...
27/02/2026

🙏 Montanapark Selgroep – Hebreërs
Hierdie week het ons selgroep voortgegaan met ons opwindende studie deur Hebreërs. Ons het gekyk na die merkwaardige verband tussen Jérigo (11:30) en Jefta (11:32) – en dit is meer as wat jy sal d**k!
Hebreërs herinner ons dat geloof nie net 'n gevoel is nie – dit is 'n lewende, handelende krag deur die eeue heen. Van woestyne tot oorwinnings, God se trou bly dieselfde.
📖 Sluit gerus by ons aan! 🌐 www.johnchapterthree.com/af 📧 [email protected] 📞 084 531-8046

In Openbaring 6-9 lees ons van die oopmaak van die sewe seëls. Hierdie is gebeure wat ontvou soos wat Jesus vir Johannes...
26/02/2026

In Openbaring 6-9 lees ons van die oopmaak van die sewe seëls. Hierdie is gebeure wat ontvou soos wat Jesus vir Johannes die toekoms wys. Dit wat hy sien, is verskriklik en wys op ‘n toekoms wat nie meer so vêr is was wat baie mense d**k nie. Lees gerus meer hier: https://www.netdiewoord.co.za/moot.html. Kontak ons by [email protected], 084 531-8046, of besoek www.netdiewoord.co.za.

In Openbaring 1-3 lees ons van Jesus op aarde, waar hy die dinge neerskryf wat hy gesien het (Openbaring 1) en sien (Ope...
19/02/2026

In Openbaring 1-3 lees ons van Jesus op aarde, waar hy die dinge neerskryf wat hy gesien het (Openbaring 1) en sien (Openbaring 3). In Openbaring 4 word hy na die hemel verplaas met die woord “Kom op hierheen en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.” Johannes word na die hemel verplaas en ervaar daar net aanbidding. Dan sien hy die boek met die sewe seëls. Lees gerus meer hier: https://www.netdiewoord.co.za/moot.html. Kontak ons by [email protected], 084 531-8046, of besoek www.netdiewoord.co.za.

Josef se taak was om die weg voor te berei om God se volk vir meer as 400 jaar lank te huisves sodat hulle uiteindelik w...
11/02/2026

Josef se taak was om die weg voor te berei om God se volk vir meer as 400 jaar lank te huisves sodat hulle uiteindelik weer na hulle land kon teruggaan. Hebreërs 11:22 noem dat Josef in geloof opdrag gegee het dat hy in Israel begrawe moes word, baie lank voordat dit gebeur het. Gaan lees gerus sy verhaal in Génesis 37-50 en reg aan die einde hoe hy vra dat sy wens vervul moes word.

Dalk is jy vandag in “Egipte”. God berei jou egter voor vir iets spesiaal, en baie beter as wat jy nou het. Glo net en leef in geloof. Lees die artikel op https://www.johnchapterthree.com/af/hebreers_josef. Sien ook www.netdiewoord.co.za vir meer oor ons selgroepe. Kontak ons op 084 531-8046.

Address

Montana, Moot, Magalieskruin, Wonderboom, Sinoville, Annlin, Doornpoort
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 07:00 - 20:00
Tuesday 07:00 - 20:00
Wednesday 07:00 - 20:00
Thursday 07:00 - 20:00
Friday 07:00 - 20:00
Saturday 07:00 - 20:00
Sunday 07:00 - 20:00

Website

https://www.johnchapterthree.com/, https://www.andriesoberholzer.com/

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Net die Woord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category