Volle Evangelie Kerk Equestria

Volle Evangelie Kerk Equestria Die Volle Evangelie Kerk Equestria is 'n tans 'n nuut gestigde gemeente met baie potensiaal. Ons is 'n baie liefdevolle groep met ledetal van 55. Tyd:9h30 v 3.

Ons belydenis -Artikel 2
LEERSTELLING
DIE LEERSTELLING VAN DIE VOLLE EVANGELIE KERK
Die lidmate van Die Volle Evangelie Kerk van God aanvaar die hele Bybel as die
Goddelik-geïnspireerde Woord van God (2 Tim. 3:16), en in besonder die Nuwe
Testament, as 'n genoegsame maatstaf vir geloof, beoefening, regering en dissipline;
en bely dus die volgende:
SEKSIE 1 - DIE GODDELIKE INSPIRASIE VAN DIE BYBEL

Ons glo in die Goddelike inspirasie van die Heilige Skrif as die openbaring van die
gedagte en wil van God. Op gesag van Jesus Christus aanvaar ons dit, in die
oorspronklike samestelling, as die Goddelike Woord wat, nadat hemel en aarde verby
gegaan het, nog sal bly staan. Matt. 5:17-18; 24:35; 1 Tim. 3:16-17; 2 Pet. 1:19-21;
Openb. 22:19. SEKSIE 2 - DIE GODHEID
Ons glo in een God, wat ewigdurend bestaan in drie Persone, naamlik Vader, Seun en
Heilige Gees. (A) Verduideliking van Terminologie
Die terme "Drie-eenheid" en "Persone" soos dit in verband staan met die
Godheid, dra aan ander oor ons onmiddellike begrip van die leerstelling
aangaande Christus i.v.m. die Wese van God, in teenstelling met "vele gode en
vele here". Ons mag dus op gepaste en juiste wyse praat van die Here onse
God, wat een Here is, as 'n drie-eenheid, of andersom as een Wese in drie
Persone, en tog nog heeltemal Skriftuurlik wees. Hebr. 1:1-8; Kol. 2:9; 1 Tim.
3:16; Hand. 5:3,4; Matt. 3:16,17; Hebr. 9:14. (B) Onderskeiding en Verwantskap binne die Godheid
Christus het geleer dat daar 'n onderskeiding van persone is binne die Godheid;
hiervan het hy uitdrukking gegee deur spesifieke verwantskapsterme, die vorm
waarvan ondeurgrondelik en onbegryplik is, omdat dit onverklaarbaar is. Matt.
11:25-27; 28:19; Lukas 1:35; 1 Kor. 1:24; 2 Kor. 13:14; 1 Joh. 1:3,4. (C) Die Eenheid van die Wese, die Vader, die Seun en die Heilige Gees
Gevolglik is daar in die Seun dit wat Hom as Seun bepaal en nie as Vader of
Heilige Gees nie; en daar is in die Heilige Gees dit wat Hom as die Heilige Gees
bepaal en nie as Vader of Seun nie. Dus is die Vader die verwekker, die Seun
die eniggeborene en die Heilige Gees die een wat uit die Vader en die Seun
voortgaan. Daarom, omdat hierdie drie Persone in die Godheid in 'n staat van
Eenheid is, is daar net Een Heer, die almagtige God en Sy naam is Een: Deut.
6:4; Jes. 48:16; Sag. 14:9; Joh. 1:18; 15:26; 17:11,21; Hebr. 9:14.
2
(D) Identiteit van Persoonlikhede
Die Vader, Seun en Heilige Gees is nooit identies in persone nie, of verward in
verwantskap nie, of verdeeld met betrekking tot die Godheid, of teenstrydig
betreffend hul samewerking nie. In hul verwantskap is die Seun in die Vader net
soos die Vader in die Seun is. Ook is die Seun saam met die Vader en die Vader
saam met die Seun betreffende hulle gemeenskap. Die Vader is nie uit die Seun
nie, maar die Seun is van die Vader, met verwysing na gesag. Die Heilige Gees
gaan van die Vader en die Seun uit met verwysing na hul Wese, verwantskap,
samewerking en gesag. Vandaar dat geen Persoon in die Godheid onafhanklik
bestaan of afsonderlik van die ander optree nie. Joh. 5:17-30; 8:17,18; 15:10. (E) Die Benaming: "Die Here Jesus Christus"
Die benaming "Die Here Jesus Christus" is 'n eienaam. Dit word nooit in die
Nuwe Testament toegepas op die Vader of die Heilige Gees nie. Dit behoort dus
uitsluitlik aan die Seun van God. Rom. 1:1-3,7; 2 Joh. (F) Die Here Jesus Christus: "God Met Ons"
Die Here Jesus Christus is betreffende Sy Goddelike en ewige Wese,
voorafbestaande en toekomstig (Miga 5:2), die behoorlike eniggebore Seun van
die Vader, maar betreffende Sy menslike wese is Hy die behoorlike Seun van
die mens. Hy word dus erken as beide God en mens, en omdat Hy beide God
en mens is, is Hy "Emmanuel-God met ons". Jes. 9:6; Matt. 1:23; Joh. 4:2,10,14;
Openb. 1:13,14,17. (G) Die Benaming: "Seun Van God"
Terwyl die naam "Emmanuel" beide God en mens in die een Persoon van onse
Here Jesus Christus saamvat, volg dit ook dat die benaming "Seun van God" Sy
ware Goddelikheid beskryf en dat die benaming "Seun van die mens" Sy
waarlike menslikheid beskryf. Die benaming "Seun van God" behoort aan die
orde van die ewigheid en die benaming "Seun van die mens" tot die orde van
tyd. Matt. 1:21,23; Joh. 3:18; Hebr. 1:1-13; 7:3; 2 Joh.3. (H) Oortreding Van Die Leerstelling Aangaande Christus
Daarom is dit 'n oortreding van die leerstelling aangaande Christus om te sê dat
Jesus Christus die benaming "Seun van God" ontleen het uit die uitsluitlike feit
van die inkarnasie of vleeswording, of vanweë Sy verwantskap met die
voorsiening van verlossing. Om dus te ontken dat die Vader 'n werklike en ewige
Vader is, en dat die Seun 'n werklike en ewige Seun is, is 'n ontkenning van die
onderskeiding en verwantskap in die Wese van God; 'n ontkenning van die
Vader en die Seun en 'n wanopvatting van die waarheid dat Jesus Christus in
die vlees gekom het. Joh.1:1,2,14,18,29,49,51; 8:57,58; Hebr. 2:3,4; 1 Joh.
2:22,23; 4:1-5. (I) Die Verheffing van Jesus Christus as Here
Die Seun van God, onse Here Jesus Christus, wat ons deur Homself gereinig
het van ons sondes, het aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte gaan
sit; aangesien engele en owerhede en magte Hom onderdanig geword het, en
terwyl Hy aangestel is as beide Here en Christus, het Hy die Heilige Gees
gestuur sodat ons in die Naam van Jesus die knie sal buig en bely dat Jesus
Christus die Here is tot die eer van God die Vader, totdat die tyd aanbreek vir die
3
Seun om aan die Vader onderworpe te wees, sodat God (die drie-enige Wese)
alles in almal kan wees. Hand. 2:32-36; Rom. 14:11; 1 Kor. 15:24,28; Ef. 1:10-
22; Fil. 2:9-11; Hebr. 1:3-13; 1 Pet. 3:22. (J) Gelyke Eer aan die Vader en die Seun
Daarom, aangesien die Vader alle oordeel aan die Seun oorgegee het, is dit nie
alleen die uitdruklike plig van almal in die hemel en op aarde om die knie te buig
nie, maar dit is 'n onuitspreeklike vreugde in die Heilige Gees om aan die Seun
toe te skryf alle hoedanighede van die Godheid en om aan Hom al die eer en
heerlikheid te betuig wat bestaan in al die name en benaminge van die Godheid,
met uitsondering van die wat verwantskap beskryf (sien paragraaf 2,3 en 4), om
sodoende die Seun te vereer net soos ons die Vader vereer: Matt. 28:18; Joh.
5:22,23; Hebr. 1:3; Openb. 4:8-11; 5:6-14; 7:9,19). (K) Die Heilige Gees
Die Heilige Gees, die derde Persoon in die Drie-eenheid, gaan vanaf die Vader
en die Seun uit en is van dieselfde Wese, majesteit en heerlikheid as die Vader
en die Seun. Matt. 3:16; Joh. 14:16,17; 15:26; Hand. 13:2-4; Ef. 4:30; 1 Thess.
4:8; Hand. 5:3,4. SEKSIE 3 - CHRISTUS DIE GODMENS
Ons glo dat die Here Jesus Christus die eniggebore Seun van die Vader is, verwek
deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria; dat dieselfde Jesus gekruisig
was, begrawe, en uit die dode opgestaan het; dat Hy na die Hemel opgevaar het en dat
Hy vandag aan die regterhand van die Vader as die Middelaar optree. SEKSIE 4 - SATAN OF DIE DUIWEL
Ons glo in die persoonlikheid van die duiwel, wat oorspronklik 'n geskape hemelse
wese was wat gesag uitgeoefen het in die teenwoordigheid van God, en wat as gevolg
van sy oortreding uitgewerp is (lees Eseg. 28:11-19). Hy het later deur sy invloed en
krag die val van die mens bewerkstellig en poog nou om die geloof van elke gelowige in
die Here Jesus Christus te vernietig. Gen. 3:1-5; Matt. 4:1-11; Luk. 4:1-13; Jak. 4:7; 1
Pet. 5:8; Joh. 8:44; 13:2. Die Skrif leer verder dat ander hemelse wesens sy val gedeel het en uitgewerp is tot die
hel (Tartarus, 2 Pet. 2:4), waar hulle toekomstige oordeel afwag. Onder sy mag en
beheer is bose geeste, wat poog om die mens te kwel met krankhede van liggaam en
verstand, streef om te verdruk, vervolg, en lastig te val en ingang te vind tot die liggame
van die mensdom. Die gelowiges, desnieteenstaande, is die meesterskap oor hulle
besorg in die Naam van die Here Jesus Christus. Markus 16:17; Matt. 25:41; Luk.4:32;
9:42; Hand. 10:38. SEKSIE 5 - SONDE, DIE VAL VAN DIE MENS EN SY VERLORE TOESTAND VAN
NATURE
4
Ons glo dat sonde enige gebrek aan gelykvormigheid is, deur 'n moreel vry persoon,
aan die karakter, natuur en wil van God, sy dit in handeling, neiging, toestand, gedagte
of begeerte. Dit het in die hemel tot stand gekom as gevolg van die misbruik van die
vrye morele toestand van 'n ongevalle wese en dit het die menslike geslag
binnegedring deur die val van ons voorouers, Adam en Eva, en ook geestelike dood tot
die mens gebring. En ook dat almal gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die
heerlikheid van God; dat geloof in die Here Jesus Christus en berou van sonde deur
God vir almal beveel is en noodsaaklik is vir die vergifnis en reiniging van die sonde. Gen. 3:1-5; Rom. 3:23; 5:12-19; 1 Kor. 15:22; Gal. 3:22. SEKSIE 6 - BEROU OF BEKERING
Ons glo dat boetvaardigheid 'n Goddelike berou is oor sonde, teweeggebring in die
indiwidu deur die Heilige Gees en bekering tot gevolg het, 'n terugkeer in onderwerping
aan God en Sy wil (Hand. 26:18-20). Dit is die gawe van God (Hand. 11:18; 2 Kor.
7:10). Die boetvaardige sondaar moet sy sondes by God bely en nie by die mens nie. SEKSIE 7 - WEDERGEBOORTE OF DIE NUWE GEBOORTE
Ons glo dat die wedergeboorte die mededeling is, deur die Heilige Gees, van die
Goddelike natuur tot die hart van die boetvaardige gelowiges, wat 'n nuwe skepping
teweegbring: Joh.1:12,13; 2 Kor. 5:17; Ef. 1:1,4,5; Titus 3:5-7; 1 Pet. 1:23; 1 Joh. 5:1. SEKSIE 8 - VERSOENING
Ons glo dat versoening die terugbring is van die mens tot God op die meriete van
Christus se verlossingswerk, wat tot gevolg het die deelgenootskap en gemeenskap as
kinders van God: 2 Kor. 5:18,19; Ef. 2:16; Kol. 1:21; 1 Joh. 1:3 en Rom. 5:11. SEKSIE 9 - VERLOSSING
Ons glo dat verlossing daardie daad van God is waardeur Hy deur die dood van Sy
Seun, die prys wat Sy eie heiligheid vereis het, betaal het, vir die vrylating van die
sondaar: Luk. 1:69; Rom. 3:25; 1 Kor. 6:20; Gal. 3:13; Ef. 1:7; 1 Pet. 1:18,19; Openb.
5:9,10. SEKSIE 10 - REGVERDIGMAKING DEUR DIE GELOOF
Ons glo dat regverdigmaking 'n daad van God se vrye genade is, waardeur die sondaar
vergifnis ontvang vir al sy sondes op die uitsluitlike grondslag van berou en reddende
geloof in Christus die gekruisigde, terwyl die geregtigheid van God hom toegereken
word, as gevolg waarvan hy die vrede van God verkry: Rom. 5:1; 5:9; 8:30; Gal. 3:24. SEKSIE 11 - WATERDOOP
5
Ons glo dat die Skriftuurlike wyse van waterdoop, soos deur die apostels beoefen,
enkelvoudige onderdompeling is, in die Naam (nie Name) van die Vader en die Seun
en die Heilige Gees, en gehoorsaam moet word as 'n bevel van die Here Jesus
Christus (Matt. 28:19). Dit dien as 'n geloofsdaad na die ondervinding van
wedergeboorte deur berou en saligmakende geloof: Markus 16:16; Lukas 7:29,30;
Hand. 2:38,39; 10:48; 22:16. Dit is simbolies van die begrafnis van die ou natuur, die
liggaam van sonde, en van ons afsterwe en opstanding saam met onse Here Jesus
Christus: Rom. 6:4; Kol. 2:12; Gal. 3:27; 1 Pet. 3:20. SEKSIE 12 - VERGOEDING (RESTITUSIE)
Ons glo dat ons gewete gereinig is voor God deur geloof in die bloed van Christus,
maar ons moet altyd 'n rein gewete teenoor die mens besit deur aanpassing en die
herstel van alles wat verkeerd is tussen hulle en ons; waar moontlik, deur die
terugbetaling van vorige skuld, gesteelde goedere terug te gee en om vergifnis te vra vir
kwaadpraat, ens. SEKSIE 13 - DIE GELOWIGE SE BELYDENIS VAN SONDE
(a) Ons glo dat in die geval van sonde wat alleen aan God en die gelowige bekend
is, sulke sonde aan God alleen bely moet word: Lukas 15:21; 1 Joh. 1:8,9. (b) Waar sonde gepleeg is en 'n ander persoon daarin betrokke was, moet hierdie
sonde by God en die betrokke persoon bely word. As verskeie persone betrokke
is, dan moet belydenis by God en hulle gedoen word: Jak. 5:16. (c) Waar sonde gepleeg is wat oneer op die Kerk gebring het, moet sodanige sonde
aan die Kerk bely word: Jak. 5:16; 2 Kor. 2:5-8. (IN AL HIERDIE GEVALLE
MOET DIE PASTOOR GERAADPLEEG WORD.) SEKSIE 14 - HEILIGMAKING EN HEILIGHEID
Ons glo dat hulle wat vir God wil leef en in geestelike gemeenskap met Hom wil
verkeer, aangesê is om heilig te lewe. Terwyl die Skepper self heilig is, is die verpligting
om heilig te leef op die hele skepping gelê: Ps. 22:3; 1 Pet. 1:15,16; 2 Kor. 7:1; 1 Thess.
4:7. Heiligmaking word in die Skrif deur drie aspekte verteenwoordig, naamlik:
(A) POSISIONELE HEILIGMAKING
Posisionele heiligmaking is daardie toestand van heiligheid wat die
oorspronklike toerekening van Christus se geregtigheid aan die wedergebore
gelowige besorg, d.w.s. dit is sy heiligheidstatus in Christus. Dit is die gevolg
van die gelowige se vereniging met Christus as 'n nuwe skepping: Hebr.
10:10; 1 Kor. 1:30; 6:11; Ef. 4:24; 2 Thess. 2:13; 1 Pet. 1:2. Posisionele
heiligmaking het te doen met die stand van die wedergeborene voor God;
hierdie status is gebaseer op die toegerekende heiligheid van Christus aan
almal wat glo: 2 Kor. 5:21. (B) EKSPERIMENTELE HEILIGMAKING
6
Terwyl alle gelowiges posisioneel geheilig is, het hierdie toestand geen
verwysing na die prakties of eksperimentele heiligmaking nie. Hier het ons te
doen met die toestand of gehalte van ons daaglikse lewe. Eksperimentele
heiligmaking volg op wedergeboorte en mag as 'n onmiddellike seën
plaasvind teenoor spesifieke probleme van die Christelike lewe, of as 'n
geleidelike ondervinding soos wat die gelowige in die lig en in die Gees
wandel; 1 Joh. 1:7; Rom. 12:1. Dit vind plaas as gevolg van:
(1) Oorgawe aan God - Rom. 6:17; 6:22; 12:1. (2) Verlossing uit die mag van sonde - Rom. 6:11-13; 8:2; 1 Joh. 2:1,2. (3) Geestelike groei
Dit word van Christene verwag dat hulle sal groei in die kennis van onse Here
en Saligmaker, Jesus Christus. Soos wat die kind van God in die wynstok bly,
word dit ook verwag dat hy veel vrug sal dra; Joh. 15:2,5,8; Fil. 3:12,15. Hierdie fase van praktiese heiligmaking is die gevolg van standhoudende
groei van die indiwidu in geestelike sake, en die toenemende kennis van die
regte van kindskap deur genade. SEKSIE 14 (B) (4) - Leerstellige Aangeleenthede
(B)(4) Sekerheid in saligheid
Sekerheid in saligheid is gebaseer op voortdurende geloof in Christus, soos
bewys deur heilige lewe. Verder is dit moontlik vir 'n gelowige om sy geloof in
Christus te verloën en so verlore te gaan, daarom is die ewige saligheid
onderworpe aan die volharding van die gelowiges, en verder is saligheid vir
elkeen wat wil. Leerstellige Aangeleenthede
In die verduideliking en toepassing van die leerstellige aangeleenthede van
die Kerk sal uiterste vorms van uitleg of vertolking nie erken of aanvaar word
as verteenwoordigend van die Kerk se standpunt nie. (C) UITEINDELIKE HEILIGMAKING
Die uiteindelike aspek van heiligmaking staan in verband met die Christen se
finale volmaaktheid in heerlikheid. Dit sal gebeur by geleentheid van die Kerk
se voorstelling as "foutloos" voor Hom in die teenwoordigheid van Sy
heerlikheid, vry van alle vlek en rimpel: 1 Thess. 5:23; Ef. 5:27; Kol. 1:22;
Judas v. 24. (D) BEMIDDELING
Die bemiddelaars van heiligmaking, soos in die Skrif beklemtoon, is soos volg:
(1) Die Heilige Gees - 1 Kor. 6:11; 2 Thess. 2:13; 1 Pet. 1:2. (2) Die Seun van God - Hebr. 10:10
(3) Die Bybel - DIE WAARHEID VAN GOD: Joh. 15:3; 17:17. (4) Die Bloed van Christus - Hebr. 13:12. SEKSIE 15 - DIE INWONING VAN DIE HEILIGE GEES
7
Ons glo dat elke gelowige by geleentheid van sy wedergeboorte, d.w.s. die nuwe
geboorte, deur die Heilige Gees bewoon word: Joh. 4:16,17; 20:22; Rom. 8:9-11; 8:14-
16; 1 Kor. 3:16; 2 Kor. 1:22; Gal. 4:16; Ef. 3:14-19. Hierdie inwoning deur die Heilige
Gees in die gelowige ten tye van die geestelike wedergeboorte skep die nuwe natuur
van binne, vorm die grondslag vir die ontwikkeling van geestelike vrug (Gal. 5:22,23),
en maak dit vir die gelowige moontlik om in die Gees te wandel en praktiese
heiligmaking te ondervind (Rom. 8:1-6,13; Gal. 5:16). Ons glo dus dat die boetvaardige
gelowige wederbaar word deur die Heilige Gees (Joh. 3:5-8), d.i. die wedergeboorte. Gelyktydig vind die inwoning van die Heilige Gees plaas (Rom. 8:9), waardeur die
heiligmaking bewerkstellig word. So word hy ook gelyktydig deur die Heilige Gees in die
liggaam van Christus gedoop, 1 Kor. 12:13, om sodoende lidmaatskap in die liggaam
van Christus te verkry, met gevolglik ware geestelike kindskap. Bykomend tot hierdie
magtige dade van die Heilige Gees in en ten behoewe van die gelowige, word hy ook
vermaan om deur geloof, van God die aandoening met geestelike krag om getuienis te
dra, te ontvang: Gal. 3:2,14; Hand. 2:33. Aan hierdie aandoening met krag of doping in
die Heilige Gees is daar net so 'n behoefte in die Kerk vandag as wat dit die geval was
in die vroeë Kerk, en is dit 'n Goddelike voorsiening om die Kerk in staat te stel om die
Groot Opdrag te vervul: Lukas 24:49; Hand. 1:8. SEKSIE 16 - DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES OF DIE GAWE VAN DIE HEILIGE
GEES
Ons glo die doop in die Heilige Gees is 'n besitname deur die derde Persoon van die
Goddelike Drie-eenheid van die gelowige na wedergeboorte. Dit is die aandoening met
krag uit die Hoogte, soos aan al die gelowiges wat Hom gehoorsaam, belowe is: Luk.
24:49; Hand. 1:5-8; 2:38; 5:32. Dit is die voorreg van elke gelowige om hierdie
bonatuurlike ondervinding te deurmaak, net soos die geval met die vroeë Kerk: Hand.
2:1-4; 8:15-19; 10:44-47; 19:1-7. Hierdie wonderlike ondervinding is afsonderlik, in
byvoeging tot, en in opvolging van die ondervinding van die wedergeboorte. Ten tye
van die wedergeboorte word die gelowige in die liggaam van Christus gedoop, soos na
verwys word in 1 Kor. 12:13 en Rom. 6:3. Hierdie doop in die liggaam van Christus het
te doen met die plasing van die gelowige in 'n nuwe posisie as kind van God, waar die
doop in die Heilige Gees, waarna verwys word in Hand. 2:1-4; 8:15-19; 10:44-47 en
19:1-7 te doen het met die plasing van die gelowige in die element of beheer van die
Heilige Gees, met die doel om Goddelike aanvoering en aandoening met geestelike
krag vir diens te verkry. SEKSIE 17 - DIE AANVANGSBEWYS VAN DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES
Die aanvangsbewys van die gelowige se ontvangs van die doop in die Heilige Gees
volgens die Skrif is die fisiese teken van spraak in vreemde tale soos wat die Heilige
Gees aan hulle gee, Hand. 2:4; 10:46; 19:6; tot bevestiging van die belofte van Jesus in
Markus 16:17. Die spreek van tale by geleentheid van hierdie aanvangsgebeurtenisse
is soortgelyk in openbaring as die gawes, of "geestelike" (Gr. Pneumatikos), of tale
(lees 1 Kor. 12:4-10,28). SEKSIE 18 - DIE VRUG VAN DIE HEILIGE GEES
8
Die vrug van die Gees is afsonderlik van die gawes of geestelike openbarings van die
Gees, alhoewel beide negevoudig is. (Vergelyk Gal. 5:22-23 met 1 Kor. 12:7-11.) Die
vrug van die Gees is die uitwerking in die gelowige van die nuwe of Goddelike natuur
wat oorgedra word ten tye van die nuwe geboorte, terwyl die geestelike gawes of
openbaring van die Gees die openbaring van die wysheid en doel van die Heilige Gees
deur die gelowige in aanbidding en diens is: 1 Kor. 12:7; Rom. 8:26,27; 1 Kor. 12:28. SEKSIE 19 - GEESTELIKE GAWES
Ons glo in die hedendaagse werking van die negevoudige openbaring van die Heilige
Gees, en die geestelike gawes (Gr. pneumatikos en charisma) soos deur die apostel
Paulus uiteengesit is in 1 Kor. 12:7-11, en ons beveel by almal aan om hierdie gawes
ernstig te begeer, sodat die Kerk gestig en uitgebrei mag word en volgens die
Skriftuurlike bevel mag funksioneer. Die openbaarmaking van hierdie geestelike gawes
moet ten alle tye voldoen aan die Skriftuurlike bevel, soos uiteengesit in die twaalfde,
dertiende en veertiende hoofstukke van die eerste sendbrief van die apostel Paulus aan
die Kerk te Korinthe, terwyl die skenking van hierdie geestelike openbaringe tot die
soewereine reg van die Gees as Goddelike Gewer behoort: 1 Kor. 12:11. Alhoewel
afsonderlik van mekaar, behoort die vrug en die openbaarmaking van die Gees in
ooreenstemming met mekaar te werk: Joh. 15:1-9; Rom. 6:22 en 1 Kor. 13:1. SEKSIE 20 - GODDELIKE GENESING
Ons glo dat Goddelike voorsiening gemaak is vir die liggaamlike genesing en
gesondheid van die gelowige deur die verlossingswerk van Christus aan die kruis; dat
ons deur Sy wonde genees is: Ex. 15:26; Num. 21:8,9; Joh. 3:14; Jes. 53:4; Matt. 8:17;
1 Pet. 2:24. Goddelike genesing behoort aan die siekes bedien te word, deur gebed en
oplegging van hande, in die bediening van die evangelie, Markus 16:18, deur salwing
met olie en deur die gebed van die geloof, Jak. 5:14,15, asook deur die bediening van
die gawes van genesing: Hand. 28:8,9; 1 Kor. 12:9. SEKSIE 21 - BROODBREKING (NAGMAAL)
Ons glo dat die Avondmaal, wat bestaan uit die gebruik van die elemente brood en
wyn, ons herinner aan die dood van die Here en die instelling van die Nuwe Verbond
deur Sy gestorte bloed. Deur van die brood te eet en die beker te drink, verklaar ons
deur geloof ons deelname aan die liggaam en bloed van Christus, en daardeur bely ons
ons geestelike gemeenskap met Hom en die verkondiging van Sy dood totdat Hy kom:
Matt. 26:26-28; Lukas 22:6-20; 1 Kor. 10:16,17; 11:23-29. SEKSIE 22 - DIE KERK
(A) Die betekenis van die woord
Die woord "Kerk" word afgelei van die Griekse woord "Ekklesia" wat " 'n
uitverkore gemeenskap" beteken. Die diepere geestelike gebruik van die woord
9
wat as "Kerk" vertaal word in die Nuwe Testament, verwys na 'n gemeenskap
van geredde mense wat deur hul saligheid uit die wêreld uitgeroep is tot 'n
lewende organismiese eenheid met Christus om sodoende Sy mistieke liggaam
waarvan Hy die Hoof is, te vorm: Rom. 8:30; Hand. 15:14. Dit verwys nie
uitsluitlik na die sigbare samekoms van mense, wat gelowige sowel as
ongelowige mense mag insluit nie, nog minder is dit tot enige geslag, ras of
woonbuurt beperk. Dit sluit in alle ware gelowiges van alle geslagte sedert die
begin van die Kerk en is deur die innerlike werking van die Heilige Gees 'n
selfinstandhoudende geestelike organisme: Ef. 4:16; 1 Pet. 2:9. (B) Die oorsprong van die Kerk
Die kerk is 'n gemeenskap, afsonderlik en afgeskei van die Ou Testamentiese
Israel. Dit is duidelik uit die volgende: Christus het gedurende Sy bediening
daarna verwys as toekomstig, Matt. 16:18. Saligmakende geloof in 'n
gekruisigde en verrese Saligmaker is die vereiste wat die wedergeboorte en
lidmaatskap van die Kerk voorafgaan, dus kon die Kerk nie bestaan het tot ná
Golgota nie, Gal. 3:23-25. Daar kon geen Kerk bestaan totdat dit deur Sy
gestorte bloed gekoop is nie, Ef. 5:25-27. Die Kerk kon nie bestaan nie totdat
Christus opgestaan het en dit opstandingslewe gegee het nie, Rom. 6:5; Kol.
3:1-3. Die Kerk kon nie bestaan as Sy liggaam nie, voordat Hy nie opgevaar het
om vir die Kerk Hoof oor alle dinge te wees nie Ef. 1:20-23. Dit sou vir die Kerk
onmoontlik gewees het om te bestaan en voort te gaan deur die verskillende
bedieninge totdat die opstanding van Christus die bedieningsgawes in aansyn
gebring het, Ef. 4:7-12. Hierdie verskillende bedieninge sou nie hulle take kon
vervul totdat hulle met krag uit die Hoogte aangedoen is nie, Hand. 1:8; 2:4. Die
Kerk het dus tot stand gekom as gevolg van die kruisiging, dood, begrafnis en
opstanding van Christus. Die Kerk het die Heilige Gees ontvang, asook die
Groot Opdrag - Joh. 20:22; Matt. 28:19,20; Mark. 16:15. Op die Pinksterdag is
die bedieningsgawes aan die Kerk meegedeel en is die Kerk aangedoen met
krag vir dienslewering en bediening - Ef. 4:7-12 en Hand. 1:8; 2:4. (C) Die leerstelling aangaande die Kerk
Die leerstelling van die Kerk was 'n bedekte geheim vir die Ou Testamentiese
heiliges, maar dit is later aan die Nuwe Testamentiese apostels en profete
geopenbaar. Daarom verwys die leerstelling aangaande die Kerk alleen na die
huidige tydsbedeling, en die leerstelling; wet en orde van die Kerk is alleenlik in
die Nuwe Testament weergegee. (Lees Ef. 3:1-10.)
*** Die universele kerk van Christus
In 'n universele sin bestaan die kerk uit al diegene wie in hierdie bedeling deur
die Heilige Gees wederbaar (Johannes 3:5; 1:12,13) en deur Hom tot een
liggaam gedoop is (1 Kor. 12:13) met Christus as die Hoof van die liggaam (Kol.
1:18). As sodanig is die kerk dan 'n geestelike en lewende organismiese eenheid
wat hom self in die organisatoriese kerk vergestalt as die liggaam van Christus in
aksie (1 Kor. 12:20). So ook is die plaaslike gemeentes ewe organismies. SEKSIE 23 - DIE SALIGE HOOP
10
Ons glo dat die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om hulle wat in
Hom gesterf het op te wek, en met hulle opwekking saam weggeraap te word met die
gelowiges wat in die lewe is wanneer Hy terugkeer, en hulle gesamentlike ontmoeting
met die Here in die lug, die onmiddellike en salige hoop van die Kerk is. Hierdie
gebeurtenis sal voor die Groot Verdrukking plaasvind: 1 Thess. 4:13-18; Titus 2:13; 1
Kor. 15:51-55. SEKSIE 24 - DIE GROOT VERDRUKKING
Ons glo dat die eindtyd van hierdie bedeling 'n tydperk van ongeëwenaarde en groot
verdrukking op aarde sal beleef, Matt. 24:21-31, en dat Christus, tesame met Sy
heiliges, onmiddellik ná die verdrukking van daardie dae sal terugkeer: Matt. 24:29,30. SEKSIE 25 - DIE DUISENDJARIGE REGERING VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS
Ons glo in die koms van die Here, tesame met Sy heiliges, om die volkere te oordeel en
vir duisend jaar die aarde in geregtigheid te regeer. Dit is die verwagting van die ware
Kerk: Ps. 72:8,11; 96:10-13; Jes. 11; Dan. 7:22; Miga 4:1-7; Zag. 14:1-9; Judas vs.
14,15; Jes. 24:23; Openb.19:11; 20:6. SEKSIE 26 - DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE
Ons glo in, en sien uit na, 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde, waarin geregtigheid woon
en waaroor God tesame met Sy volk vir ewig sal regeer: 2 Pet. 3:13; Openb. 21:1; 22:5. SEKSIE 27 - DIE STRAF VAN DIE GODDELOSE
Ons glo in die ewige straf van die goddelose in die sin van ewige pyniging: Matt. 25:46;
13:49,50; Lukas 16:23,24; Rom. 6:23; 2 Thess. 1:8,9; Openb. 20:6-15; 14:11; 21:8.
11
LIDMAATSKAP
ARTIKEL 4 - LIDMAATSKAP
SEKSIE 1 - VOORWAARDES VAN LIDMAATSKAP
Die volgende persone mag in die lidmaatskap en gemeenskap van 'n spesifieke
plaaslike tak van Die Volle Evangelie Kerk van God opgeneem word. Dit is diegene wat:
(A) Hulle waarlik van hulle sonde bekeer het (Han. 2:38; 1 Kor 6:10-11),en
(B) die Here Jesus Christus as hulle persoonlike Saligmaker aangeneem het, en
as gevolg daarvan 'n werklike ondervinding van die wedergeboorte (11 Kor.
5:17), en
(C) alle redelike stappe geneem het om restitusie te doen waar dit enigsins
moontlik is, en (Matt 5:23,24; Kol. 3:13)
(D) deur onderdompeling in water gedoop is (Matt. 28:19; Mark. 16:16; Hand.
10:47,48),
(E) wat gewillig is om die doelstelling, lering en voorskrifte soos uiteengesit in die
Grondwet, te onderskryf, en (Rom 13:1; Titus 3:1; Heb 13:17; 1 Pet.2:13)
(F) wat nie aan enige ander Christelike organisasie wat sy kerklidmaatskap
nadelig kan beïnvloed, behoort nie, en
* wat nie aan enige ander kerkgenootskap behoort nie, en
** wat vir lidmaatskap deur die plaaslike kerkraad aanvaar is. SEKSIE 2 - TOELATING TOT LIDMAATSKAP EN GEMEENSKAP
(A) AANNAME VAN BEKEERLINGE TOT LIDMAATSKAP
Mense wat hulle van hul sonde bekeer het en wat reddende geloof in die Here
Jesus Christus beoefen (Hand. 20:21; Gal. 3:26; 11 Kor. 5:17; Rom. 8:9), en wat
gevolglik 'n duidelike getuienis van wedergeboorte deur die Gees voorgehou het,
en wat die Here deur die doopwater gevolg het (Matt.28:19; Hand. 2:38; 22:16),
sal deur die pastoor en lidmate van die plaaslike gemeente aangemoedig word
om in die gemeenskap van sodanige plaaslike gemeente opgeneem te word
(Hand. 2:47; 1 Kor. 12:13; Heb. 10:25). Met die betoning van hul bereidwilligheid
daartoe sal hulle as lidmate in 'n paslike openbare diens aangeneem word en in
die openbaar die regterhand van gemeenskap gereik word. Daarna sal sodanige
persone aangemoedig word om in die leerstelling en beheer van die Kerk te
volhard. (2 Tim. 2:2,3; 3:10,14; 1 Pet. 1:5-10; Hand. 2:46). (B) AANSOEK OM LIDMAATSKAP
Aansoek om toelating tot lidmaatskap van die plaaslike gemeente sal op die
voorgeskrewe vorm geskied en dan aan die plaaslike kerkraad vir die
goedkeuring daarvan voorgelê word. (C) LIDMAATSKAPKAARTE
'n Voorgeskrewe lidmaatskapbewys sal aan elke persoon wat as lidmaat
aanvaar word, uitgereik word. Die sekretaris van die plaaslike kerkraad sal die
kaartbewys uitreik.
12
SEKSIE 3 - PLIGTE VAN KERKLIDMATE
Lidmate van Die Volle Evangelie Kerk van God sal dit as heilige plig ag om die
Evangelie van die Here in alle dinge eer te doen en in hulle optrede sodanig te handel
dat die Naam van die Here in eer en agting onder alle mense gehuldig word. Die
noodsaaklike pligte van lidmate word as volg weergegee. (A) Geestelike Gemeenskap, Nagmaal, Gebed, Aanbidding, Getuienislewering
Bykomstig tot die belangrikheid van persoonlike gemeenskap met God moet
lidmate onmiddellik reageer op die oproep tot die onderlinge gemeenskap van
gelowiges in die plaaslike gemeente deur getrou die openbare dienste by te
woon, welke dienste in besonder ten doel het geestelike gemeenskap,
waaronder die nagmaal, gebed, aanbidding en getuienislewering (Hand. 2:42;
Hebr. 10:24,25; 1 Kor. 11:23,24; Rom. 12:11; Hand. 1:8). (B) Geestelike Ontwikkeling
Alle lidmate moet voldoen aan die noodsaaklikheid van geestelike groeikrag en
ontwikkeling, deur daagliks tyd in te ruim vir die lees van die Bybel, bepeinsing
en persoonlike gebed (Jos. 1:8; Ps. 1:2; Matt. 6:6; 1 Pet. 2:2). (C) Afskeiding van die Wêreld
Lidmate moet duidelik die noodsaaklikheid van die volgende besef : 'n Rein
gewete voor God en mens moet gehandhaaf word (Hand. 24:16), en daar moet
aan die wêreld getoon word dat hulle nuwe skepsels in Christus Jesus geword
het (11 Kor. 5:17). Deur die reinheid van hul lewens moet hulle toon dat hulle die
ou natuur van sonde afgelê het, en hul met die nuwe mens beklee het, wat na
God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (Ef. 4:22-24). Sodanige
lewenstoestand sal 'n duidelike afskeiding van sonde en van die wêreld
meebring (2 Kor. 6:17). Onthouding van tabak, verdowingsmiddels, alkohol,
aktiewe lidmaatskap van geheime verenigings, onchristelike vermaaklikhede, die
dra van onbehoorlike of onnodig duur klere, die dra van onnodige juwele, en
onthouding van enigiets wat 'n dissipel van Christus nie betaam nie, is
noodsaaklik (Ef. 5:11; 1 Tim. 2:9; 1 Pet. 3:3,4; 1 Joh. 2:15,16; 2 Tim. 3:1-5; Gal.
5:19-21 en Rom. 1:29-32). (D) Huisgodsdiens
Lidmate wat aan die hoof staan van 'n huishouding of 'n gesin word
aangemoedig om noukeurig aandag te skenk aan die belangrikheid van
daaglikse huisgodsdiens en gebed, en om by die handhawing van gereelde
daaglikse Skriflesing en gebed nie slegs die afdwaling van die jeug teen te staan
nie, maar om hulle kinders in die vrese van die Here en volgens die tug van die
Here op te voed (Ef. 6:4). (E) Toewyding van Kinders
Ons vind geen bewys van besprinkelingsdoop of van die waterdoop van
suigelinge in die Heilige Skrif nie, en gevolglik bedien Die Volle Evangelie Kerk
van God die toewyding van kinders aan die Here (Luk. 2:22 en Mark. 10:12-16).
13
Lidmate aan wie die Here kinders toevertrou het, word aangemoedig om hierdie
kinders vir openbare toewyding aan God te bring. (F) Dienslewering in die Openbaar
Lidmate en veral nuwe bekeerlinge moet aangemoedig word om Christus voor
die mens te bely (Matt. 10:32; Rom. 10:9), om openlik in die dienste te getuig,
om vir Christus in buitelugdienste te getuig, aangesien hulle gered is om te dien
en om sielewenners te wees, en om die boodskap van die Volle Evangelie van
Christus aan ander oor te dra. Hulle moet vroegtydig hulle lewe aan God toewy
(Rom. 13:1,2), en ernstig soek na die doping met die Heilige Gees as
aandoening van krag uit die hoogte (Matt. 3:11; Mark. 1:8; Luk. 3:16; 24:49; Joh.
1:33 en Hand. 1:5-8). Lidmate moet hulle ook beywer vir die geestelike gawes
tot stigting van die gemeente (1 Kor. 12:7-11 en 31). (G) Ondersteuning van die Bediening en die Werk van God
Lidmate moet gehoor gee aan hulle voorreg en heilige plig om die tiendes en
offerandes gereeld na die skatkis van die plaaslike gemeente waar hulle in
gemeenskap verkeer, te bring. Lidmate wat nie tiendes inbetaal nie, is nie
verkiesbaar tot enige amp in die plaaslike gemeente nie. Tiendes en offerandes
is bestem vir die ondersteuning van die voltydse bediening en die verbreding van
die Evangelie van Christus in die volheid daarvan aan elke skepsel, in
gehoorsaamheid aan die opdrag van Christus en kragtens die finansiële
program soos onderskryf deur die Algemene Konferensie van die Kerk (1 Kor.
9:7-14; 16:1; Gal. 6:6; 1 Tim. 6:17 en Mal. 3:10). (H) Die Huwelik en Egskeiding
Die Woord van God toon baie duidelik dat die huwelik 'n eerbare staat is wat
deur God gedurende die tyd van die mens se onskuld ingestel is, en wat
aanduidend is van die mistieke eenheid wat tussen Christus en Sy Kerk bestaan. Die Goddelike ideaal is dat die christelike huwelik onverbreekbaar sal wees,
want wat God saamgevoeg het, skei die mens nie (Matt. 19:6). Desnieteenstaande kan dit egter weens seksuele ontrouheid ontbind word. In
gevalle waar gelowiges weens seksuele ontrouheid vervreemd sou raak, sal alle
moontlike pogings aangewend word om hulle weer te versoen. Wanneer die huwelik van gelowiges op die aanneemlike grond van seksuele
ontrou ontbind sou word, sal die onskuldige persoon weer toegelaat word om in
die Here te hertrou (1 Kor. 6:15-17). Gelowiges wat weens hulle Christelike
geloof deur die ongelowige metgesel geskei is, sal toegelaat word om in die
Here te hertrou: (1 Kor. 7:15,26-28 en 7:39). Vanweë die heiligheid van die huwelik word die ongehude lidmate van die Kerk
aangemoedig om hierdie eerbare staat in die vrese van God en met gebed om
Goddelike leiding te nader. Gelowiges behoort nie 'n verbintenis of verlowing met
'n ongelowige aan te gaan nie (2 Kor. 6:16), en 'n huwelik met sodanige
ongelowiges behoort nie oorweeg te word nie. Lidmate behoort slegs "in die
Here" tot die huwelik toe te tree (1 Kor. 7:39), en die huwelik moet verkieslik "van
die Here" wees - dit is volgens die wil van God. Lidmate wat weens die innerlike
oortuiging soos bewerk deur die Heilige Gees gedwonge voel om hulself vir die
Christelike bediening aan te bied, word in die besonder gemaan om baie
14
versigtig, oordeelkundig en wys te wees in die keuse van 'n lewensmaat. 'n
Onverstandige keuse kan hulle sukses in die toekoms ernstiglik aan bande lê. Nuwe bekeerlinge wat in gemeenskap en as lidmate in die kerk ontvang is en
wat voor hulle bekering geskei en hertrou het, moet besef dat hulle nou nuwe
skepsels in Christus geword het en dat terwyl hulle sodanige verlede heeltemal
deur die reddende bloed van Christus bedek is, die verpligting hulle opgelê is om
hulle huislike verhoudings voortaan op die lering van Christus te bou en mekaar
vuriglik lief te hê. Getroude lidmate wat sou toelaat dat hulle huislike verhouding verbrokkel en/of
op egskeiding uitloop, stel hulself bloot aan dissiplinering deur die plaaslike
kerkraad volgens die uiteensetting in hierdie Reglemente. Ongetroude lidmate
wat dit oorweeg om tot die bediening van Die Volle Evangelie Kerk van God toe
te tree, of wat alreeds in hierdie bediening aangeneem is, maar wat probleme op
die vlak van die huwelik voor hulle bekering ondervind het, moet die Ministeriële
Keurraad raadpleeg alvorens hulle 'n huwelik oorweeg. (I) Finansiële Transaksies
Lidmate word met erns herinner aan die Skriftuurlike opdrag - "Wees aan
niemand iets skuldig nie" (Rom. 13:8), en om dus hulle geldsake so te behartig,
met die nodige omsigtigheid, dat hulle geen geldelike probleme of verleentheid
sal ondervind nie. (J) Onthouding Van Oortreding
Lidmate moet hulself te alle tye onthou van ontrou, weerspannigheid,
kwaadpraat, onvriendelike kritiek, rugstekery of laster ten opsigte van ander
lidmate of predikers in die Kerk, waardeur enige hindernis in die vooruitgang van
die werk van God in die plaaslike gemeente voorkom sal word (Num. 12:1; Ef.
4:29-32; Kol. 4:6; 1 Thess. 5:12,13). SEKSIE 4 - OORDRAG VAN LIDMAATSKAP
(A) Amptelike Brief van Oordrag
Die oordrag van lidmate van een plaaslike gemeente na 'n ander sal by wyse
van 'n amptelike sertifikaat van oordrag geskied wat deur die pastoor en/of
ampsdraers wat daarvoor verantwoordelik is, onderteken en uitgereik sal word
nadat die lid kragtens die Grondwet as 'n lid by die ontvangende plaaslike
kerkraad aanvaar is. (B) Pastorale Verantwoordelikheid
Pastore moet alle moontlike stappe doen om die verlies van lidmate vir die Kerk
in sy geheel tee te werk deur 'n amptelike oorplasingsertifikaat uit te reik. (C) Registrasie van Oorgeplaasde Lidmate
By ontvangs van 'n amptelike sertifikaat van aanvaarding vir lidmaatskap sal
sodanige persoon se naam verwyder word van die register van die plaaslike
gemeente wat die oordrag uitreik.
15
(D) Lidmaatskap tot een Gemeente beperk
Alle lidmate behoort by een of ander plaaslike kerk geregistreer te wees, maar
geen lidmaat sal sy of haar naam tegelykertyd op meer as een register van
kerklidmate van Die Volle Evangelie Kerk van God laat opteken nie. (E) Tussentydse optekening van Lidmaatskap
Die register van alle sertifikaatdraende werkers wat in goeie stand verkeer, wat
te Hoofkantoor in bewaring gehou word, sal ook dien as 'n verslag van
lidmaatskap van sodanige persone wat vir 'n beperkte tydperk om een of ander
rede nie as lidmate by 'n plaaslike gemeente opgeteken is nie. (E) Jurisdiksie
Persone soos onder 4.4.5 vermeld, sal steeds onder jurisdiksie van die plaaslike
gemeente, streek en distrik waarvan hy of sy 'n lid is, staan totdat hy of sy
oordrag na 'n ander streeksraad van die Kerk verkry. SEKSIE 5 - STAKING VAN LIDMAATSKAP
(A) DIE GRONDE VAN STAKING VAN LIDMAATSKAP :
1) Bedanking uit die gemeenskap van 'n plaaslike gemeente;
2) Moedswillige afwesigheid by die dienste van die plaaslike gemeente vir ses
maande nadat 'n gepaste waarskuwing gerig is en op besluit van die plaaslike
kerkraad;
3) Aansoek om lidmaatskap by 'n ander kerkgenootskap;
4) Persone wie se lidmaatskap op ander wyses beëindig is. (B) VERWYDERING VAN NAME VAN AFGESKEIE LIDMATE UIT DIE
REGISTER
Die kerkraad van 'n plaaslike gemeente sal die naam van die persoon van die
register van sodanige plaaslike gemeente verwyder in ooreenstemming met
die uitoefening van dissiplinêre bevoegdhede van plaaslike gemeentes
volgens die uiteensetting van die Reglemente. (C) REGISTRASIE IS NOODSAAKLIK VIR LIDMAATSKAP
Geen persoon sal as lidmaat van Die Volle Evangelie Kerk van God
erkenning geniet nie tensy sy of haar naam op die lidmaatskapregister van 'n
plaaslike gemeente van hierdie genootskap of volgens Seksie 4.4.5 te
Hoofkantoor opgeteken is. SEKSIE 6 - BEVOEGDHEID VAN LIDMATE TOT STEMREG
(A) OUDERDOMSBEPERKING
Alhoewel daar geen beperking op persone gelê word wat begerig is om
lidmate van 'n plaaslike gemeente te word nie, onderworpe aan die
voorwaardes volgens Artikel 4, Seksie 1 van die Reglemente, sal geen
lidmaat van enige plaaslike gemeente wat onder die ouderdom van vyftien
16
jaar is, toegelaat word om te stem in die sake-aangeleenthede van die Kerk,
of in die verkiesing van diakens, of in die beroep van 'n pastoor nie. (B) VERBEURING VAN STEMREG AS GEVOLG VAN AFWESIGHEID
Geen lidmaat wat nalaat om die openbare dienste van die plaaslike gemeente
waar sy lidmaatskap opgeteken is vir meer as drie opeenvolgende maande by
te woon, sal geregtig wees om te stem in enige saak waaroor daardie
plaaslike gemeente moet beslis, totdat hy hom bekeer van die nalatigheid en
weer gemeenskap van die plaaslike gemeente opneem. (C) KENNISGEWING VAN VERBEURING VAN STEMREG
Die sekretaris van die plaaslike kerkraad sal 'n lid skriftelik in kennis stel van
die verbeuring van sy stemreg nadat sodanige besluit deur die plaaslike
kerkraad met 'n gewone meerderheid geneem is. SEKSIE 7 - SKIKKING VAN GESKILLE
(A) PRIVATE SKIKKING TUSSEN BETROKKE PERSONE
In gevalle waar een lidmaat teen 'n ander oortree het, of waar 'n lidmaat teen
verskeie ander lidmate in 'n plaaslike gemeente oortree het, of selfs waar 'n
lidmaat 'n grief dra teen of in twis gewikkel is met 'n ouderling of diaken in
sodanige plaaslike gemeente, as gevolg waarvan 'n breuk in geestelike
gemeenskap sou ontstaan, sal sodanige twis, grief of oortreding nie
aanvanklik in die plaaslike kerkraad of in geval van die ouderling in die
ouderlingsraad (vir dissiplinering van ouderlinge verwys Artikel 11.2.4.1-4),
bespreek word nie, maar dit sal soos hieronder uiteengesit, hanteer word. (B) SKRIFTUURLIKE BEGINSELS
In al die bogemelde gevalle sal die beginsels vir die handhawing van
gemeenskap en skikking van oortredings soos neergelê deur die Here Jesus
Christus volgens Matt. 18:15-17 (in daardie volgorde), nagekom word. (C) PROSEDURE VIR FINALE VERWYSING NA PLAASLIKE KERKRADE
Sou die verontregte party nie daarin slaag om 'n skikking op persoonlike basis
te bewerk nie, sal die hulp van ander persone ingeroep word om mee te werk
tot die uitskakeling van oortreding vanuit die geledere van die plaaslike
gemeente en tot die geestelike herstel van die oortreder. Slegs wanneer
hierdie handelswyse misluk, sal die pastoor en die plaaslike kerkraad of
ouderlingsraad in 'n gees van algehele onpartydigheid en met die toediening
van geregtigheid teenoor alle betrokkenes, die saak ter hand neem. (D) REG OM TE APPELLEER
Vir besonderhede insake die reg tot appèl van lidmate teen die beslissing van
die kerkraad of die ouderlingsraad, verwys na Artikel 11, Seksie 2.3 van die
Reglemente. Filename: Leerstelling.doc
Directory: C:\Documents and
Settings\user\Desktop\Intray\2k60524\FGC_HO
Template: C:\Documents and
Settings\user\Application
Data\Microsoft\Templates\Normal.dot
Title: VOORWOORD
Subject:
Author: T.L.Rowlands
Keywords:
Comments:
Creation Date: 5/22/2006 8:23:00 AM
Change Number: 2
Last Saved On: 5/22/2006 8:23:00 AM
Last Saved By: Judith Nieuwoudt
Total Editing Time: 1 Minute
Last Printed On: 5/24/2006 11:54:00 AM
As of Last Complete Printing
Number of Pages: 16
Number of Words: 7,107 (approx.) Number of Characters: 34,759
(approx.)

Address

Meerlust Str 214, Equestria
Pretoria

Telephone

0795495394

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Volle Evangelie Kerk Equestria posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share