EG Kerk Pretoria-Tuine

EG Kerk Pretoria-Tuine Na God se eer is ons ten volle gewy om kinders van God toe te rus om Hom te dien.

Dis alweer sulke tyd vriende!Kom stap saam met ons 5km en help om 'n verskil te maak in ons jongmense se lewens.Volg die...
05/09/2026

Dis alweer sulke tyd vriende!
Kom stap saam met ons 5km en help om 'n verskil te maak in ons jongmense se lewens.
Volg die skakel om te registreer of om 'n donasie te maak ten bate van Bybels vir laerskool kinders.
https://utickets.app/events/bible-run-b8ny

EG Kerk SA

Take part in a 5km walk or run in Pretoria and help provide Bibles for primary school learners. Family-friendly morning fundraiser; book your spot today.

29/08/2026
Dis alweer sulke tyd vriende!Kom stap saam met ons 5km en help om 'n verskil te maak in ons jongmense se lewens.Volg die...
08/08/2026

Dis alweer sulke tyd vriende!

Kom stap saam met ons 5km en help om 'n verskil te maak in ons jongmense se lewens.

Volg die skakel om te registreer.
https://utickets.app/events/bible-run-b8ny

EG Kerk SA

Voel jy soms dat die lewe meer van jou vra as waarvoor jy toegerus voel?Kom ontdek saam met ons hoe God deur Sy Woord on...
18/07/2026

Voel jy soms dat die lewe meer van jou vra as waarvoor jy toegerus voel?

Kom ontdek saam met ons hoe God deur Sy Woord ons toerus vir elke uitdaging en elke goeie werk.

Bring jou familie en vriende saam.

Tema: Om toegerus te wees vir meer
Sondag, 19 Julie 2026 om 08:30
875 Commercialstraat
EG Kerk Pretoria-Tuine

Gelukkige Vadersdag!Ons wil graag elke pa aanmoedig om opnuut sy Godgegewe rol as vader in sy huis op te neem.Tyd langs ...
21/06/2026

Gelukkige Vadersdag!

Ons wil graag elke pa aanmoedig om opnuut sy Godgegewe rol as vader in sy huis op te neem.

Tyd langs die dam, op die rugbyveld of netbalbaan skep kosbare herinneringe, maar het nie ewigheidswaarde vir u kind se siel nie.

Wees die pa wat met vreugde sy kind kerk toe bring.
Wees die pa wat die leiding neem met huisgodsdiens en gesinsgebed.
Wees die pa wat besorg is oor sy kind se siel - waaroor elke ouer eendag voor die Here rekenskap sal moet gee.

Ons kinders het nie net vaders nodig wat vir hulle voorsien nie, maar ook vaders wat hulle na Christus lei.

Spr. 20:7 "Wie in sy regskapenheid wandel as ‘n regverdige—gelukkig is sy kinders ná hom."

Gelukkige Vadersdag aan al die pappas! Mag die Here julle versterk en toerus vir die belangrike taak wat Hy aan julle toevertrou het.
EG Kerk Pta-Tuine
Kinderbediening

EG Kerk SA

Vakansie Bybelskool 2026 by EG Kerk Pretoria-TuineKom kuier saam ons vir ’n week vol pret, speletjies en waardevolle Byb...
28/05/2026

Vakansie Bybelskool 2026 by EG Kerk Pretoria-Tuine
Kom kuier saam ons vir ’n week vol pret, speletjies en waardevolle Bybelse waarhede!

13 - 17 Julie 2026
Bespreek vroegtydig!
EG Kerk SA

Kon jy nie ons eredienste bywoon nie? 🎧Geen probleem nie — jy kan nou enige tyd en waar jy wil na ons boodskappe luister...
19/05/2026

Kon jy nie ons eredienste bywoon nie? 🎧
Geen probleem nie — jy kan nou enige tyd en waar jy wil na ons boodskappe luister op Spotify!

Of jy in die kar ry, by die huis ontspan of net bemoediging nodig het gedurende jou dag.

Gaan volg gerus ons Spotify-profiel sodat jy nie boodskappe en reekse misloop nie. Deel dit ook met familie en vriende.

https://open.spotify.com/show/1IGCQJlm4GzCj52T0EJXYn?si=oetLTD-4RJOk9LPaaZO4PA

Podcast · ds. Francois du Toit · Kos vir my Siel is ’n platform waar eredienste weekliks gedeel word om geestelike voeding vir die alledaagse lewe te bied. Deur die verkondiging van God se Woord en die evangelie van Jesus Christus word luisteraars bemoedig, versterk en herinner aan God se genade...

Plasing van waardering!Proshield - Veiligheid tydens die geleentheidhttps://www.facebook.com/proshieldreaction068 600 04...
17/05/2026

Plasing van waardering!

Proshield - Veiligheid tydens die geleentheid
https://www.facebook.com/proshieldreaction
068 600 0435

Medi-Cab - Mediese bystand
https://www.facebook.com/medicabsa
082 575 5868

Route 514 Market - Dankie vir die perseel tot ons beskikking
https://www.facebook.com/profile.php?id=61577613214211
083 268 8637

Ons waardering gaan uit na elkeen van hierdie maatskappye wat saam ons gewerk het om die Bybelstap 'n sukses te maak, gaan maak gerus 'n draai op hulle facebook en ondersteun hulle.

DANKIEBaie dankie aan elke persoon wat ons Bybelstap gister, 16 Mei 2026, moontlik gemaak het. Dankie vir elke bydrae, o...
17/05/2026

DANKIE

Baie dankie aan elke persoon wat ons Bybelstap gister, 16 Mei 2026, moontlik gemaak het. Dankie vir elke bydrae, ondersteuning, gebed en hand wat gehelp het om die dag so besonders te maak. 📖👣

Dit was vir ons ’n voorreg om saam te stap en saam die Here se teenwoordigheid te beleef.

Hou gerus ons Facebook-blad dop vir die aankondiging van die volgende Bybelstap-datum.
Ons sien uit daarna om weer saam met julle te stap!



EG Kerk SA
Route 514 Market Padstal/Farm stall

Featured Content from DJI Mimo

Erediens 17 Mei 2026 om 08:30.Die stem van God in die storm
16/05/2026

Erediens 17 Mei 2026 om 08:30.

Die stem van God in die storm

Address

875 Commercial Street
Pretoria
0082

Telephone

+27848161361

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Pretoria-Tuine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share