Gereformeerde Kerk Bet-El

Gereformeerde Kerk Bet-El Ons is dissipels van Jesus, en wil Hom volg in leer en lewe. Hy het ons duur gekoop met sy bloed. Ons is baie dankbaar daarvoor.

As 'n gereformeerde gemeente van ons Here Jesus Christus, ons enigste Verlosser en Koning, is ons belydenis-grondslag die onfeilbare Woord van God, die Bybel, soos bely/verwoord/saamgevat in die Drie Formuliere van Enigheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus, Dordtse Leerreëls)

In die tradisie van ons Calvinistiese oorsprong is dit ons roeping om deur voorbeeld so te lei sodat

God deur sy Woord en Gees mense na Hom toe sal roep. Ons glo dat God ons sal seën deur ‘n groot nageslag en ‘n land waar ons vry is om onder knegskap van Christus te lewe. “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid." (Rom 11:36)

Dit is ook ons roeping en opdrag om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees (Matt 5:13-16). Ons wil poog om ‘n verskil in ons stad te maak. As gemeenskap van gelowiges wat elke Sondag saamkom om Hom te aanbid, wil ons ook gehoorsaam wees aan die Groot Opdrag, deur die Evangelie van ons Here Jesus Christus te verkondig, sodat mense se lewens verander kan word en mense hulle hele lewe aan Hom kan toewy in dankbare gehoorsaamheid aan sy Woord (Matt.28:16-20). Daarom wil ons ook elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus, tot lof van sy Naam en opbou van sy gemeente (2 Kor.10:3-5)

In uitvoering van Christus se gebed in Johannes 17, strewe ons na eenheid met Christene wat suiwer in leer, diens en tug is. In hierdie verband vind ons talle gemeentes binne die GKSA wat aan die vereistes soos ons dit sien vir eenheid voldoen. Ons strewe egter om ook eenheid op te bou met ander Gereformeerdes buite die GKSA wat suiwer is in leer, diens en tug.

03/08/2026

gereformeerd.org

02/08/2026

gereformeerd.org

27/07/2026

gereformeerd.org

26/07/2026

gereformeerd.org

20/07/2026

gereformeerd.org

19/07/2026

gereformeerd.org

13/07/2026

gereformeerd.org

12/07/2026

gereformeerd.org

06/07/2026

gereformeerd.org

05/07/2026

gereformeerd.org

Address

31ste Laan 415, Villieria
Pretoria
0186

Opening Hours

09:00 - 12:00
18:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Bet-El posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Gereformeerde Kerk Bet-El:

Shortcuts

Share