Staan op vir JESUS Stand up for JESUS

Staan op vir JESUS Stand up for JESUS THIS PAGE IS OPENED TO PRAISE GOD ALMIGHTY AND TO GIVE HIM ALL THE HONOUR HE DESERVE - HIERDIE BLAD IS DAAR OM GOD TE PRYS EN VIR HOM AL DIE EER TE GEE.

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels . Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’ Preek dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle bewys met dade wat by die bekering

pas. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Op Sionsberg en in Jerusalem sal daar uitkoms wees. So het die Here beloof. Dié wat deur die Here geroep is, is by dié wat gered is. Go to all nations and make them my disciples. You must open their eyes to turn them from darkness to light and from the power of Satan unto God. By believing in me will be forgiven their sins and they will become part of the people of God. 'Sermon that they should repent and they should turn to God; and they must prove by deeds that befit repentance. And if they pray in faith, will heal the sick and the Lord will heal him. If he has sinned, he will be forgiven. Confess your sins to one another and pray for one another, that ye may be healed. The prayer of a righteous man is powerful and effective. Baptizing them in the name of the Father and the Son and the Holy Spirit, and teaching them to obey everything I have commanded you. And lo, I am with you always, to the end of the world. Therefore submit to God; Resist the devil and he will flee from you. No temptation is more than a man can resist, you overtake. God is faithful. He will not let you be tempted beyond your strength; when you are tempted, he will also provide a way out so that you can stand it. He has rescued us from the dominion of darkness and brought us into the kingdom of the Son he loves. He who conceals his sins will not prosper, nothing prosper; who confesses and renounces them finds mercy. Whoever the name of the Lord shall be saved. On Mount Zion and in Jerusalem shall godsend. So the Lord promised. Those who are called by the Lord is with those who are

(Annetjie) Goeie môre
12/06/2026

(Annetjie) Goeie môre

(Coert) WAPENRUSTINGHet jy jou wapenrusting aan? Efesiers 6: 10-18Helm van verlossingBorswapen van geregtigheid Gordel v...
12/06/2026

(Coert) WAPENRUSTING

Het jy jou wapenrusting aan? Efesiers 6: 10-18

Helm van verlossing
Borswapen van geregtigheid
Gordel van die waarheid
Skoene vir die bereidheid om die evangelie te verkondig
Skild van geloof aan die linker hand
Twee snydende swaard; Ware evangelie van God.

Het jy die bloed van Jesus oor jou gepleit vir volle beskerming?
Het jy deur Jesus Christus vir jou engele gevra om jou op te pas?
Om dit te doen word jou siel, gees en vlees volkome beskerm.
Doen dit elke oggend en aand.

WIE IS JOU WARE VYAND?

EFESIERS 6: 12
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

BY ONS IS MEER AS BY HOM/HULLE. BY HOM/HULLE IS MENSLIKE MAG, BY ONS IS DIE HERE ONS GOD WAT ONS SAL HELP EN ONS OORLOG SAL VEG.”

2 KONINGS 6: 16/17
“Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.

2 KRONIEKE 32: 7/8
“Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie. By ons is meer as by hom. By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg.” Die manskappe was bemoedig deur dié woorde van koning Hiskia van Juda.

EFESIERS 6: 18
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

ANGUS BUCHAN

From the day we are saved, we need to put God's armour on every day. Once that is done, we need to stand, because the battle is not ours, it is the Lord's. Put on the armour of God daily to enable you to fight the evil spirits in the heavenly realms.

"A final word: Be strong in the Lord and in his mighty power. Put on all of God’s armour so that you will be able to stand firm against all strategies of the devil. For we are not fighting against flesh-and-blood enemies, but against evil rulers and authorities of the unseen world, against mighty powers in this dark world, and against evil spirits in the heavenly places.
Therefore, put on every piece of God’s armour so you will be able to resist the enemy in the time of evil. Then after the battle you will still be standing firm. Stand your ground, putting on the belt of truth and the body armour of God’s righteousness. For shoes, put on the peace that comes from the Good News so that you will be fully prepared. In addition to all of these, hold up the shield of faith to stop the fiery arrows of the devil. Put on salvation as your helmet, and take the sword of the Spirit, which is the word of God.
Pray in the Spirit at all times and on every occasion. Stay alert and be persistent in your prayers for all believers everywhere."
Ephesians 6:10-18

ANGUS BUCHAN

The Lord reminds us that the battle is not against flesh and blood but against principalities and powers of the air. We know that the weapons we have are more than capable of pulling down those strongholds. Do no fear, but put on the armor of God daily.
- an excerpt from "The Bible in 366 Days For Men".

REBECCA BROWN

God the Father says that you must make it a habit to always ask Him to renew His full armor on you every day. This will protect you from a lot of demonic attack."
"Do you mean the armor described in Ephesians chapter 6?" I asked.
"Yes, that's it."
"Oh, I guess I always thought that was just symbolic."
"It is," Michael replied, "But it is literal and real as well. It goes onto your spirit body."
I realized that in His great mercy, the Lord had just given me two keys to gaining victory in the spiritual battle raging in my life.
"Thank you so much for coming to tell me," I said.

Spreuke 26: 2
Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.

1 KORINTIERS 10: 13
Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

ROMEINE 13: 12
Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.

2 KORINTIERS 10: 3–5
Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak

2 TIMOTEUS 2: 3/4
Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.

2 TIMOTEUS 1: 7
Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

(Coert) TELEGRAM Goeie more almal. Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus bedien ook op “Telegram”. Daagliks word daar ...
11/06/2026

(Coert) TELEGRAM

Goeie more almal. Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus bedien ook op “Telegram”. Daagliks word daar videos, leerstellings en briewe uitgestuur. Voel welkom om aan te sluit.

Vriendelike groete en seen
Coert Jordaan

Hiers die “link” na my telegram platform

https://t.me/StaanopvirJESUSStandupforJESUS

(Coert) BLOED VAN JESUS-Pleit soggens en saans die bloed van Jesus oor jou huis vir beskerming.-In PSALMS 91: 11 gee God...
11/06/2026

(Coert) BLOED VAN JESUS

-Pleit soggens en saans die bloed van Jesus oor jou huis vir beskerming.

-In PSALMS 91: 11 gee God ons toestemming om te vra vir engele. Vra vir aggressiewe skakel engele om jou perseel

-In SAGARIA 2: 5 se God Hy is self die muur van vuur om Jerusalem. Vra dat God die muur van vuur om jou perseel sal wees vir volle beskerming in die Naam van Jesus Christus

-In PSALMS 125: 3 se God die volgende oor jou grondgebied: Oor die grondgebied van die regverdiges sal 'n goddelose nie die mag kry nie, sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie.

-In PSALMS 146: 3/4 waarsku God ons om nie ons vertroue op mense te stel nie : Moenie op magtiges vertrou nie, nie op 'n mens nie; hy kan jou nie red nie. Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen.

-In JESAJA 54: 17 verseker God ons dat geen wapen sal teen ons gesmee word nie: Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here.

-SPREUKE 3: 25/26: Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

-SPREUKE 19: 23 Wie die Here dien, se lewe is veilig; so 'n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

-PSALMS 121: 3-8 staaf en bevestig die Here “Hy beskerm jou”: Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.

-SPREUKE 26: 2 Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.

BY ONS IS MEER AS BY HOM/HULLE. BY HOM/HULLE IS MENSLIKE MAG, BY ONS IS DIE HERE ONS GOD WAT ONS SAL HELP EN ONS OORLOG SAL VEG.”

2 KONINGS 6: 16/17
“Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.

2 KRONIEKE 32: 7/8
“Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie. By ons is meer as by hom. By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg.” Die manskappe was bemoedig deur dié woorde van koning Hiskia van Juda.

DEUTERONOMIUM 31: 6
Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”

2 TIMOTEUS 1: 7
Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Het jy jou wapenrusting aan? Efesiers 6 vers 10 - 20

Helm van verlossing
Borswapen van geregtigheid
Gordel van die waarheid
Skoene vir die bereidheid om die evangelie te verkondig
Skild van geloof aan die linker hand
Twee snydende swaard; Ware evangelie van God.

Het jy die bloed van Jesus oor jou gepleit vir volle beskerming?
Het jy deur Jesus Christus vir jou engele gevra om jou op te pas?
Om dit te doen word jou siel, gees en vlees volkome beskerm.
Doen dit elke oggend en aand.

Angus Buchan
The Lord reminds us that the battle is not against flesh and blood but against principalities and powers of the air. We know that the weapons we have are more than capable of pulling down those strongholds. Do no fear, but put on the armor of God daily.
- an excerpt from "The Bible in 366 Days For Men".

DAILY MOMENTS WITH GOD

The devil doesn't care what opportunity you give him, he is just looking for an open door.
Make sure you are not giving the enemy any open doors through your words and your actions.
Make sure you are praying and pleading the blood of Jesus over your life, your family, your home, your job, and whatever else concerns your life. Do your part to lock the enemy out and not invite him in.
Amen

Ons almal wat die Heilige Gees ontvang het, vorm saam deel van die “Een Liggaam van Christus”
(1 Korintiers 12: 12–31).

In Matteus 26: 47–56 word Jesus gevange geneem. Toe een van Sy dissipels die soldaat se oor afkap, het Jesus Hom sterk daar teenoor uitgespreek. In hierdie versie wat ek nou beskikbaar gaan stel, het God nou net vir my gegee en bewys aan almal dat ons met die Heilige Gees binne ons na God kan roep, en Hy sal vir ons engele stuur en voorsien.

53 Of d**k jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel.

Nou dis presies wat ek daagliks in my lewe doen. Ek roep na n Lewendige Almagtige God. En Hy voorsien

1 KORINTIERS 6: 3
Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge.

BLOED VAN JESUS

Baie mense vra my waar in die Skrif gee God vir my die toestemming om die bloed van Jesus oor myself, my gesin en my besittings te pleit. In die tyd van die volk Israel in Egipte het God tydens die laaste plaag van die Tien Plae opdrag gegee dat n lam geslag word en die bloed daarvan op die deur kosyne gesmeer word vir beskerming en teken dat die doods engel nie daar sal ingaan nie. Al die eers geborendes van die Egiptenaars het gesterwe. Mens en dier. Vandag gebruik ek Jesus se bloed op dieselfde wyse vir beskerming oor myself, my besittings en my familie (Geestelik in geloof). Daar is krag in die Bloed van die Lam. Jesus is die Lam wat vir ons geslag is. Alles in gebed en natuurlik God se Wil en nie my wil nie. God is n waarmaker van Sy Woord. Onthou, God is Gees – ons moet Hom in gees en in waarheid aanbid en dien.

SOUTOORLOG:
Salf en sout jou perseel, huis, plot, plaas, meenthuis

https://youtu.be/nrrXrYErYSs

Kook saam my vir die Koning!!!
Al die Lof en Eer kom Hom toe
Amen

(Annetjie) Goeie nag
11/06/2026

(Annetjie) Goeie nag

https://www.facebook.com/share/p/1LRuGerG8H/
11/06/2026

https://www.facebook.com/share/p/1LRuGerG8H/

Goeie more almal.

Vandag wil ek oor 'n BAIE bekende vers gesels. So bekend dat wanneer mense die vers hardop sê, hulle dit sommer aframmel. Die vers is so bekend dat wanneer jy net noem waar die vers staan, kan enige iemand die presiese woorde vir jou opnoem. Dit is 'n groot bekommernis, want mense interpreteer die vers verkeerd, en gebruik dit om by hulle behoeftes in te pas en om hulself te sus as hulle deur swaar tye gaan. As jy reg geraai het, die vers is"

Filppense 4:13
Ek is tot alles in staan deur Hom wat my krag gee.

Ek het na 'n paar vertalings gaan kyk van die vers en die beste wat dit beskryf is die Amplified vertaling:

I can do all things *[which He has called me to do]* through Him who strengthens and empowers me *[to fulfill His purpose* —I am self-sufficient in Christ’s sufficiency; I am ready for anything and equal to anything through *Him who infuses me with inner strength* and confident peace.]

Wanneer mense deur moeilike tye gaan in hulle finansies, of siekte of huwelik of enige tipe OMSTANDIGHEDE dan is hulle lief daarvoor om hierdie verse te gebruik. Die res van die tyd wanneer hulle deur goeie tye gaan en als loop soos stroop, dan lewe mense soos hul wil en volg hulle eie raad en opinies en maak hul eie besluite sonder God. Wanneer dit goed gaan het hulle nie God se krag nodig om deur dit te gaan nie. Dan maak hulle sommer staat op hul eie krag. Wanneer die lewe weer druk, dan haal hulle Jesus uit die kas uit om hulle weer te help. Dit klink mos nie reg nie.

Paulus het in die vorige verse voor hierde beskryf dat hyl al baie gehad het en al niks gehad het nie, maar sy woorde is *"Ek was baie bly in die Here"* (Fil 4:10) Hy was bly, maak nie saak wat sy omstandighede was nie. Hy het sy blydskap van God gekry, al was hy in die tronk. Hoekom? Want die Gees van God, die Heilige Gees, was binne hom. Ek self weet hoe moeilik dit is om vreugdevol te bly in moeilike tye, die lewe kan baie tough raak, maar of dit goed of sleg gaan, moet jy jou oë op Jesus hou.

God gee jou die nodige krag om te doen wat Hy wil hê jy moet doen, nie wat jy self uit jou eie wil doen nie. Wanneer jy optree uit jou eie mag uit, kan jy nie van God verwag om Sy krag te gebruik nie. Wanneer jou eie krag jou in die moeilikheid gebring het, kan jy nie van God verwag dat Sy krag deur jou moet werk om jou daaruit of deur dit te kry nie. Sy genade is ontelbaar en Sy sagmoedigheid is genoeg om jou deur dit te kry.

Wanneer jy 'n wedergebore Christen word, in jouself sterf, tot bekering kom en bevryding ontvang en die Heilige Gees as geskenk ontvang het, moet jy die "eie ek" neersit sodat God se Gees in jou beheer oor jou kan vat. Jy is net 'n "vessel" wat God gebruik. Net soos die Satan binne mense liggame lewe en hy hulle gebruik om te steel, slag en uit te roei, net so gebruik God Sy Gees om mense as instrumente te gebruik om Sy werk te doen.

God se Gees moet in jou wees voordat jy die vers kan gebruik. Jy moet opgeroep wees vir Sy doelwitte en Wil voor Sy krag deur jou kan werk en jou sterk kan maak. Jou "eie ek" maak jou swak. Jou eie begeertes en behoeftes maak jou swak. Wanneer jy in God se Wil en weë leef, tree Sy krag outomaties in. Jy kan nie voldoende wees sonder Jesus nie. Jy sal reg wees vir enige iets wanneer jy in Hom en deur Hom die lewe intree. Die nuwe lewe in Christus. Wanneer jy die ou lewe agtergelaat het. Wanneer jy wedergebore is in die Gees.

God se krag het deur Paulus gewerk omdat Paulus 'n Goddelike perspektief oor die lewe gehad het. Hy het nie gedoen wat hy wou doen nie, maar wat God vir Hom gesê het om te doen. Hy het homself ingestel op wat Hy moes doen en nie wat hy gevoel het om te doen nie. Sy prioriteite was reg, en hy was dankbaar vir alles wat God hom gegee het. Die hunkering na meer en beter besittings is baie keer die simptoom van 'n dieper leemte in mens se lewe. Die Bybel leer ons dat daar waar jou hart is sal jou skatte ook wees. Maak vir jou skatte bymekaar in die Hemel waar die skelms dit nie kan steel nie en die motte dit op kan vreet nie. Paulus het geweet wat vir hom wag die dag wanneer hy sy laaste asem uitblaas. Dit is hoekom hy sy vreugde in God gevind het en nie in die wêreld nie. Hy het nie kind of kraai gehad op aarde nie en ook nie eers 'n huis en besittings nie.

Is jy onder alles omstandighede bly in die Here? Paulus het geleer om hom in alle omstandighede toe te rus, of hy nou gebrek moes ly en of hy oorvloed gehad het. Hy kon homself toerus omdat God se krag in sy lewe sigbaar was. Jy moet leer om op God se behoeftes te vertrou en jy moet weet dat Jesus se krag jou tevrede sal sal maak. As jy nie van die begeerte ontslae kan raak om altyd meer en beter te wil hê nie, dan moet jy tot God bid en vra dat Hy dit van jou af weg moet vat. Vra Hom om jou te leer om in alle omstandighede tevrede te wees.

As jy leeg voel, wie en wat is jou toevlug? Die antwoord lê daarin dat jy die regte perspektief en prioriteite moet hê, en Christus as jou bron van krag in alle tye moet nastreef.

1 Tes 5:18
Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Die verwagitng is nie om God VIR alle omstandighede dankbaar te wees nie, maar IN alle omstandighede. Jy kan God nie vir teëspoed bedank nie, maar wel dat Hy deur teëspoed jou sal beskerm en by te staan en dat Sy Gees jou staande sal laat bly. God hou sy beloftes aan elkeen wat Hom lief het. Die Gees in jou stel jou instaat om Hom lief te hê, jy kan dit nie uit jou eie vermoë doen nie.

Wat beteken dit om God lief te hê?

JOHANNES 14:15
“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.

JOHANNES 14:21
“Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”

JOHANNES 14:23
Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

As jy met 'n opregte hart en eerlikheid kan sê jy is LIEF vir Jesus, kan jy die volgende vers in jou hart bêre en koester, maak nie saak wat die omstandighede is nie.

Romeine 8:28
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

✝️🌻🦋🐟🙌♥️🙏

(Annetjie) Vergelding.Lees 2 Kronieke 33:1-13 Nadat hy alles deurgebring het, het daar ñ kwaai hongersnood in daardie la...
11/06/2026

(Annetjie) Vergelding.

Lees 2 Kronieke 33:1-13 Nadat hy alles deurgebring het, het daar ñ kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly - Luk15:14

In Lukas 15:14-16 lees ons hoe die gevolge van ñ losbandige lewe ñ mens uiteindelik inhaal. Solank die jongste seun in wellus en weelde geleef het, het hy net geld uitgegee. Solank hy geld gehad het, het die verlore seun vriende gehad. Maar toe hy sy laaste sent verkwis het, het sy laaste vriend ook verdwyn. Die sonde doen immers nooit iets anders as om jou te beroof van wat jy besit nie. Dit voeg niks by tot die kwaliteit of genot van jou lewe nie.
Die verlore seun se lewensnood het so erg geword dat hy moes gaan varke oppas. Jesus praat hier met Jode, en vir hulle was daar niks meer vernederend as om met varke te werk nie. Om varke op te pas het vir hulle beteken om tot die heel laagste vlak van die lewe te daal. In sy vernedering het die verlore seun nie eens ñ loon ontvang nie. Hy het dit selfs oorweeg om van die peule te eet wat hy vir die varke gevoer het.
Wat ñ aangrypende prentjie van wat van ons word wanneer ons wegdraai van God af en die Satan die beheer van ons lewe oorneem. Maar gelukkig wag die genadige Vader op die terugkeer van die rebel wat nog altyd sy kind is.

Daar is niemand wat so ver verlore raak dat die Herder hom of haar nie sal kan vind nie. En daar is nooit ñ tyd waarvan die Skepper van die tyd sal sê: Nou is dit vir altyd te laat nie.

Ek is die naam van kind nie werd- wou self my sake reël. My lewe, kanse, tyd en geld is nutteloos verspeël. Dankie Vader, dat U altyd met oop arms wag dat ons na U terugkeer.

(Coert) Mind Control & Gevalle EngeleVir die meeste van ons bestaan Christenskap uit ’n doodgewone lewenstandaard en die...
11/06/2026

(Coert) Mind Control & Gevalle Engele

Vir die meeste van ons bestaan Christenskap uit ’n doodgewone lewenstandaard en die soeke na die ewige lewe. Vir baie van ons is geloof en genade genoeg om die ewige lewe te behaal — of so d**k die meeste van ons. Ongelukkig is alles nie so maklik nie. Die meeste van ons gaan sit Sondae in die kerk, drink n koppie koffie en eet n koeksister en d**k ons is hard oppad hemel toe. As alles maar net so maklik kon wees.

Vandag gaan ek almal dieper vat in die geestelike dimensie. Jy kan dit vat en jou eie maak, of jy kan dit afknip, aflag en maak asof jy die brief nooit gesien of gelees het nie, maar my werk as instrument van God is om mense te waarsku en in te lig oor dit wat hier buite in die geestelike wêreld gebeur. Julle sal ook besef hoekom die erns van die saak so knaend op my hart druk. Die wêreld moet dit hoor en beter verstaan. Die Christendom moet weet wat hier buite om hulle aangaan en gebeur.

Daagliks op hierdie blad sal julle sien dat ons veral konsentreer daarop om mense te leer om soggens en saans hulle wapenrusting aan te trek en die bloed van Jesus oor hulleself en hulle gesinne te pleit vir volle beskerming. Ons leer ook vir almal om deur Jesus Christus vir engele te vra om jou te beskerm — vir jou en jou familie. Vir alles wat ons sê, is daar ’n doel en ’n rede daarvoor.

Ons leef in ’n wêreld waar die antichris tegnologie gebruik om ons te koppel aan satan se netwerk van okkulte. Kom ons vat die televisie as voorbeeld: Vir baie van ons is daar kinderprogramme wat volgens ons geen skade aan ’n kind kan veroorsaak nie. Die antichris is slim. Hulle werk met die kind se verstand. Jy kry drie afdelings in jou verstand:

Bewuste
Onbewuste
Onderbewuste

Wat die antichris doen, is om sekere aspekte binne-in ’n kind se kop in te doktrineer. Alles gebeur in die kind se onderbewuste, soos byvoorbeeld perversiteit. Ek kan nie voorbeelde van sulke programme gee nie, want dit kan ’n regsgeding veroorsaak tussen my en die spesifieke instellings waarmee ek my stelling staaf. Die okkulte is georganiseerd en baie goed gevestig in die moderne wêreld.

Dit wat jy sien, is jou bewuste. Alles wat om jou gebeur terwyl jy besig is met die bewuste, noem ons die onbewuste. Dit wat jy nie kan sien nie, maar wat jou brein optel tydens ’n program waarna jy kyk, word jou onderbewuste genoem. Jy sien dit nie, maar jou brein tel dit op, en wanneer jy slaap, verwerk jou brein al daardie inligting. Soveel “mind control spirits” kom deur die televisie na die mens toe, want baie mense beweeg nie onder die bloed van JESUS nie. Dit is hoekom die wapenrusting so belangrik is.

Alles wat jy sien — goed en sleg — gaan na een punt toe. Alles wat jy ruik — goed en sleg — gaan na een punt toe. Alles wat jy proe — goed en sleg — gaan na een punt toe. Alles wat jy hoor — goed en sleg — gaan na een punt toe. Ook jou seksualiteit, goed of sleg; gees of vlees, gaan na een punt toe. Dit word jou siel genoem. Dit is een van die grootste redes hoe ’n demoon oor ’n mens besit neem, veral as jy buite God se Woord handel en in sonde lewe.

’n Demoon, gees of “mind control spirit” kom die liggaam geestelik binne deur die oë, neus, mond, ore en seksualiteit. Dit is baie belangrik dat almal dit moet weet. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose magte in die lug. As jy jou denke daagliks besoedel met negatiwiteit en negatiewe uitsprake, dan sal jy later ook in negatiwiteit leef. As ek daagliks vir iemand sê hy of sy is ’n gemors, dan sal daardie persoon later soos ’n gemors voel. Jou hele lewe bestaan uit keuses uit. Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou.

Vir iemand wat buite God se outoriteit leef, kan jy as Christen net bid, want vir God is daardie persoon net so belangrik soos jy vir Hom is. Ek glo nie ons mense besef die krag van gebed nie.

Nog ’n baie belangrike voorbeeld hiervan is pornografie. In die vlees beleef jy een van twee dinge wanneer jy daarna kyk: ’n begeerte na die vrou/man wat jy sien en die behoefte om jouself te bevredig, of ’n afsku van perversiteit. Dit bots met jou gees. Maar God het liefde mooi gemaak; satan maak dit vieslik en pervers. In die vlees d**k jy dalk daar is niks fout daarmee nie, maar in die gees pleeg diegene wat getroud is egbreuk en word hulle volgens hierdie demoniese aanslag deur bose geeste beïnvloed. Dit is hoekom jy later nie eers meer die mooi in jou eie man of vrou sal raaksien nie. Satan wil jou huwelik vernietig. Hy haat die huwelik, terwyl dit vir God heilig en baie belangrik is.

Wat leer die Woord ons oor hierdie ernstige saak? As jou oë jou van GOD afvallig maak, ruk dit uit eerder as dat jou hele liggaam in die hel beland. Oor hierdie dinge sal jy eendag rekenskap moet gee. Jy kort bevryding. Satan wil jou vernietig.

’n Ander manier van “mind control” kom meestal by okkultiese organisasies voor. Dit is gemeen, pervers en siek, maar dis waarmee baie mense in die samelewing hulle besig hou. Moenie hierdie waarskuwing of vermaning aflag of met minagting behandel nie. Ek praat uit ondervinding. Dit is iets waaraan die gewone Christen op straat glad nie gewoond is nie. Dit is een van die grootste redes hoekom die wêreld lyk soos dit lyk. Dit gebeur nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die hele wêreld.

Wat gebeur, is die volgende:

Jou liggaam — my liggaam — ander mense se liggame bestaan uit ’n siel, gees en vlees uit. Baie mense mediteer volgens hierdie okkultiese praktyke op ’n daaglikse basis uit hulle liggame uit. Dit word in moderne terme “astrale projeksie” genoem. In die geestelike realm het hulle seks met gevalle engele (demone). As jy seks het met ’n demoon, word jy een in gees met daardie demoon. Daarna word daardie demoon of gevalle engel glo in ’n ander mens se “aura” geplaas. Dit is hoekom die dra van die wapenrusting en die pleit van die bloed van Jesus so belangrik is.

Nou, as ’n persoon wat astrale projeksie beoefen ’n gevalle engel in jou “aura” plaas, kan hy/sy enige minuut van die dag weet wat jy doen. Hy/sy kan sien met wie jy praat en alles hoor wat met jou bespreek word. Dit is een van die hoogste vlakke of grade van okkulte wat jy hier buite sal ervaar of beleef in jou geestelike wandelpad of bedieningswerk vir die Here. Ek weet dit klink vreemd, maar ek praat uit 13 jaar se ondervinding in die bevrydingswerk vir die Here. Dit is nie net ’n verhaal of bangmaakstorie nie — dit is vir my ’n realiteit.

WAT IS DIE “AURA” VAN DIE MENSLIKE LIGGAAM?
Die energieveld wat volgens sekere spirituele oortuigings rondom ’n persoon se liggaam bestaan. Dit word dikwels gekoppel aan jou uitstraling of “vibe”.

Nêrens in die Bybel gee God vir ons toestemming om geestelik uit ons liggame te beweeg nie. Vir Henog en Elia het God byvoorbeeld siel, gees en vlees hemel toe geneem. In Handelinge 8:26–40 lees ons hoe Filippus deur die Heilige Gees weggeneem word en later in Asdod aangetref word. As jy geestelik vrywillig uit jou liggaam uit beweeg, stel jy jouself geestelik oop vir demoniese besetting. Daarom glo baie mense dat ons niks in die geestelike realm verloor het nie — dit is hoekom God se engele daar is. Stel eerder jou geloof en vertroue op God. Hy weet wat die beste wil en weg vir jou lewe is. God het altyd die laaste sê. Daar staan geskrywe:

JOHANNES 3:27
“Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie.”

Daar is ’n baie groot verskil wanneer God jou volgens Sy wil in die geestelike realm opneem, soos met Paulus in 2 Korintiërs 12:2–10, en wanneer jy dit uit eie vrye wil en keuse doen deur middel van die okkulte. Moenie dat iemand vir jou sê dit is reg nie. Dit is ’n baie ernstige fout en oortreding voor die Here — ’n sonde wat jou in die hel/verderf kan laat beland.

Ek kan nog baie hieroor skryf, maar doen jouself ’n guns en gaan doen meer ondersoek en navorsing hieroor. Luister na die stem van die HEILIGE GEES. Toets die Woord met die Woord. Mag die Here jou denke vernuwe met wysheid, insig, kennis en krag om hierdie probleem saam met my hok te slaan. Die geestelike realm is baie diep — dit is juis die plek van oorlogvoering waaroor die Bybel ons daagliks waarsku. Daar staan geskrywe:

EFESIËRS 6:12
“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.”

2 KORINTIËRS 10:3–5
“Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van GOD wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van GOD gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan CHRISTUS gehoorsaam te maak.”

Groete en seën word almal toegewens.
Amen.

Vir enige navrae:

[email protected]

Address

Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Staan op vir JESUS Stand up for JESUS posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Staan op vir JESUS Stand up for JESUS:

Share