Bybelkennis

Bybelkennis Facebook Blad van www.bybelkennis.co.za. 'n Dinamiese bron van kennis oor die bybel

“Here ends another day, during which I have had eyes, ears, hands and the great world around me. Tomorrow begins another...
27/08/2026

“Here ends another day, during which I have had eyes, ears, hands and the great world around me. Tomorrow begins another day. Why am I allowed two?” G.K. Chesterton

Selfbeheersing en dissipline

Baie van ons leef twee verskillende lewens – een waarvan hou, maar moeilk is om vol te hou; een wat ons haat, maar waartoe ons dikwels versoek word. Die eerste lewe is een van selfbeheer en dissipline; die tweede is ‘n lewe van onstabiliteit.



Die Bybel beveel selfbeheer en dissipline aan: selfbeheersing is ‘n vrug van die Gees (Galasiërs 5:23); Oefen jou lierwer om in toewyding aan God te lewe (1 Timoteus 4:7). Ongelukkig is selfbeheersing ‘n deug wat ons maklik ignoreer.

Ons is ongemaklik met die idee van selfbeheer en beklemtoon eerder genade. Ons is opgewonde oor die vryheid van die evangelie, maar die evangelie bevry ons nie van selfbeheer nie.



Selfbeheer en dissipline is gawes wat ons moet gebruik om sonde te beheer en heiligmaking te bevorder. Ongelukkig word ons so maklik verlei na ‘n lewe van verwarring en onstabiliteit. Ons word beïnvloed deur die ou mens (die mens wat ek was) en die nuwe mens (die mens wat ek besig is om te word) word verwaarloos. Die nuwe mens sien elke oomblik as ‘n gawe van God en wat goed gebruik moet word; die ou mens ignoreer tyd en geleenthede. Die nuwe mens sien dat gewoontes vernuwe kan word; die ou mens aanvaar dit as ‘n inherente swakheid wat nie verander kan word nie.



Is dit nie tyd dat ons ons weer aan ‘n lewe van selfbeheer toewy nie? Daar is geen beter tyd as juis nou nie.

   "Here ends another day, during which I have had eyes, ears, hands and the great world around me. Tomorrow begins another day. Why am I allowed two?"  G.K. Chesterton   Selfbeheersing en dissipline Baie van ons leef twee verskillende lewens – een waarvan hou, maar moeilk is om vol te hou; e...

Adding more electronics to worship doesn’t mean adding more electricity. It’s when God-circuits are connected that elect...
26/08/2026

Adding more electronics to worship doesn’t mean adding more electricity. It’s when God-circuits are connected that electricity really flows – Leonard Sweet

Hoe vergewe ek ander?

Die Bybel sê dat Christene moet vergewe. Maar hoe doen ons dit? Rick Warren gee ‘n paar riglyne.

Gee jou reg om wraak te neem, op.
Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God (Romeine 12:19). Moenie dinge self probeer regstel nie; laat dit oor in God se hande.



Reageer op die bose deur goed te doen
Hierdie is die ware indikator van vergifnis. Kan jy vir iemand wat in die verlede iets verkeerd aan jou gedoen het, bid? Ons moet vergifnis ‘n gewoonte maak deur herhaaldelik te vergewe totdat dit natuurlik voel. Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer. Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer.” (Matteus 18:21 – 22).



Gebruik vergifnis om die evangelie te versprei
Ons kan die goeie nuus van Jesus versprei, want dit is deur Hom dat dit vir ons moontlik is om te vergewe.



God wil hê dat ons onvoorwaardelik moet vergewe. Ons moet barmhartigheid bewys aan mense wat ons leed aangedoen het – tot dieselfde mate wartoe Hy ons in Jesus Christus vergewe het. Ons wil gewoonlik voorwaardes heg aan vergifnis en barmhartigheid. “Jy moet eers dit doen, voor ek jou sal vergewe.” Dit is nie wat ons Verlosser gedoen het nie.



As ons baie seer gekry het, mag ons tyd nodig hê om te genees en te vergewe. Maar om te vergewe, is God se wil. Deur op die Heilige Gees te vertrou, kan ons vergewe.

  Adding more electronics to worship doesn’t mean adding more electricity. It’s when God-circuits are connected that electricity really flows – Leonard Sweet   Hoe vergewe ek ander? Die Bybel sê dat Christene moet vergewe. Maar hoe doen ons dit?...

How far can salvation go? What are its limits and boundaries? Christ is our Saviour. How far is he able to save – ­Charl...
25/08/2026

How far can salvation go? What are its limits and boundaries? Christ is our Saviour. How far is he able to save – ­Charles Spurgeon

Ek lees nie al die boeke van die Bybel nie

Ons verkies sekere boeke van die Bybel bo ander. Die Psalms is goed; Johannes laat ons harte warm klop; Esegiël en Openbaring maak ons deurmekaar. Een van daardie afgeskeepte boeke is Filemon. Meeste van ons weet net dat dit ‘n kort boekie is. Maar in Filemon kry ons ‘n prentjie van die werklike lewe – hoe die evangelie wortel skiet in die lewens van twee mense.



Hoe die evangelie in die lewens van Filemon en Onesimus uitgeleef word, gee aan ons ‘n visie van wat God in ons gemeenskappe wil doen.

Ons wil sien dat baie “Filemons” radikaal vrygewige deelnemers aan die sending van God word.
Paulus het vir Filemon na Christus gelei tydens sy sendingreis wat Kolosse ingesluit het. Hy was ryk – hy het ‘n klomp slawe gehad. Ongelukkig het een van sy slawe – Onesimus – weggeloop. Hy het waarskynlik nog van Filemon se goed gevat. Onesimus loop hom in Rome in Paulus vas. Paulus doen wat Paulus doen en lei vir Onesimus na Christus toe. Hy vind uit dat Onesimus ‘n wegloperslaaf is en dat hulle ‘n gemeenskaplike kennis het – Filemon.



Die boek is eintlik die brief wat Paulus met Onesimus vir Filemon stuur. Paulus het vir Onesimus oorreed om na sy eienaar terug tegaan. Maar uit sy brief is dit duidelik dat Paulus ook ‘n verandering by Filemon verwag.



My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou ‘n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons in Christus kan doen (vers 6). Filemon was ‘n geharde besigheidsman, maar hy is deur die evangelie in ‘n vrygewige man verander. Ons kan sê dat Paulus eintlik vra: “Watter vrygewigheid eis jou geloof van jou?” Die antwoord waarna Paulus soek, is die vrylating van sy slaaf.



Die sending van God sal vooruitgaan deur mense wat die implikasies van genade en vrygewigheid verstaan. Dit beteken dikwels dat wat ons gee en dien duur is. Ons kan net gee wat ons het, maar ons moet altyd onthou dat dit wat ons het God vir ons gegee het. Dieselfde genade wat Filemon verander het, is die genade wat die kerk moet verander. Ons is nie selfgemaakte mense nie. Ons is deur Jesus Christus se bloed gekoop. Dit maak van ons mense gevul deur genade.



Ons wil sien dat die “Onesimusse”in ons gemeenskappe leiers word wat die wêreld verander.
Onesimus se slawerny is ‘n beeld van die slawerny van sonde waarvan ons almal slawe is. Ons is verslaaf aan sondige begeertes, afgodery, selfsugtigheid en baie ander dinge wat ons daarvan weerhou om leiers te word wat die wêreld kan verander. Paulus sê dat die evangelie jou vry maak om dit te wees wat God jou gemaak het om te wees – bruikbaar vir God se doel; deel van sy groter plan.



Baie mense is geneig om te glo dat hulle as gevolg van hulle verlede nutteloos is. Nie waar nie: God het ‘n plan vir jou. Onesimus het gedros en gesteel, maar deur die evangelie is hy verander en word die leier van een van die belangrikste gemeentes in die antieke wêreld.



Die evangelie kan harde besigheidsmense vrygewig maak en verslaafdes bemagtig. Dit laat ons bymekaar sit as broers en susters in God waar daar geen hiërargie is nie. Wat God met Filemon en Onesimus gedoen het, doen Hy steeds elke dag.

  How far can salvation go? What are its limits and boundaries? Christ is our Saviour. How far is he able to save – ­Charles Spurgeon   Ek lees nie al die boeke van die Bybel nie Ons verkies sekere...

“The care of the soul is ‘a matter of the highest importance;’ beyond anything which can be brought into comparison with...
24/08/2026

“The care of the soul is ‘a matter of the highest importance;’ beyond anything which can be brought into comparison with it.” – George Whitefield



Die kultuur om ons verander

As volgelinge van Christus sal ons nie altyd inpas in die wêreld waarin ons leef nie. Dikwels gaan ons in sekere gebiede van ons lewe teen die stroom van die kultuur. Ons het ‘n vaste Bybelse fondament nodig om vas te staan te midde van ‘n veranderende kultuur. Ons moet weet hoe God se woord ons verstaan van sake van die dag vorm. Ons moet weet hoe ons die evangelie met deernis en moed aan die mense om ons kan verkondig.



Ed Stetzer sê dat daar vier moontlike reaksies is op kultuurverandering.

Ons pas aan
Ons gaan kompromië aan oor wat ons glo en hoe ons optree om die omliggende kultuur te paai. Ons mag selfs glo dat dit liefdevol en strategies is; dat iemand na Christus aangetrek sal word omdat hierdie benadering minder aanstoot sal gee. Ons doel is nie om om Jesus te volg makliker te maak nie. Die boodskap van die evangelie is teenkultureel en aanstootlik vir die mens.



Ons onttrek
Hierdie is die ander uiterste. Ons distansieer ons volkome sodat ons nooit interaksie met die wêreld om ons het nie. Die bedoeling mag eerbaar en opreg wees. Maar Jesus het spesifiek gebid dat die Vader nie sy volgelinge uit die wêreld moet neem nie, maar om hulle binne die wêreld waarin Hy hulle uitstuur, te beskerm (Johannes 17:15 – 16). Die wêreld om ons het dringend die lewensveranderende krag van die evangelie nodig. Om ‘n afgesonderde subkultuur te vorm, is nie die toepaslike reaksie nie.



Ons veg
Hierdie benadering is antagonisties en verdedigend. Hierdie benadering sien die kultuur as ‘n vyand wat verslaan moet word in plaas van mense wat verlos moet word. Ons begeerte moenie wees om te bewys dat ons reg is of om ons pad op die wêreld om ons te forseer nie. Ons doel is om te wys dat Christus waar en waardig is.



Ons verweer
Dit beteken ons raak met oortuiging en deernis betrokke by die kultuur. Ons staan vas op die waarheid van God; ons word deur die Gees bemagtig; ons vertel die wêreld van God se liefde. Ons begeerte is nie om te oorwin nie, maar om te verlos. Dit is belangrik wat ons doen, hoe ons dit doen en hoekom ons dit doen. Ons harte moet brand met ‘n begeerte om God te verheerlik. Ons kan nie stilsit en stil bly terwyl God nie verheerlik word en mense ‘n pad loop wat tot selfvernietiging sal lei nie. Ons moet God vra dat sy Naam bekend en geliefd sal word in ons kultuur. Hierdie begeerte beteken nie net gebed nie, maar ‘n produktiewe lewe elke dag.



‘n Verkeerde reaksie op ons kultuur help nie die saak van Jesus Christus nie. Dit is letterlik ‘n saak van lewe en dood.

  “The care of the soul is ‘a matter of the highest importance;’ beyond anything which can be brought into comparison with it.” – George Whitefield   Die kultuur om ons verander As volgelinge van Christus sal ons nie altyd...

God as Pappa – Francois Malan'n Leser vra:Iemand my gevra hulle het Bybel deurgelees en vind nêrens in Bybel dat ons vir...
21/08/2026

God as Pappa – Francois Malan

'n Leser vra:

Iemand my gevra hulle het Bybel deurgelees en vind nêrens in Bybel dat ons vir God as Pappa moet aanspreek nie. Nou voel hulle dis `n woord vir ons aardse vaders. Moet hulle of moet hulle nie vir Hom aanspreek as Pappa nie.

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

In die Ou Testament word God, of die Verbondsgod ‘die Here’, min kere ‘Vader’ genoem, slegs 16 maal (vgl. bv. die lied van Moses in Deutr. 32:6 waar die verbondsgod ‘die Here’ Israel se Vader genoem word, wat hulle geskep het; die Here se belofte aan Dawid oor sy seun in 2 Sam 7:14 ‘Ek sal vir hom ‘n vader wees en hy sal vir My ‘n kind wees;’ Ps 68:6 noem die Here ‘n Vader vir weeskinders; die belofte aan die koning uit die geslag van Dawid: ‘Hy sal My aanroep met die woorde: U is my Vader…’; Jesaja 9:5 die Seun wat gebore sal word, sal genoem word: Ewige Vader’; Maleagi 2:10 ‘Ons het tog almal een Vader, ons is tog deur een God geskep.’).

Toe die Seun van God, Jesus Christus, gekom het, het Hy ons geleer dat dié mense wat in Jesus glo, deurdat die Heilige Gees hulle aan Hom verbind, die voorreg ontvang om God ons Vader te noem en te aanbid as sy kinders vir wie Hy versorg. In die Nuwe Testament word God meer as 200 maal ‘Vader’ genoem.

Jesus leer sy volgelinge om in gebed God aan te spreek as ‘Ons Vader wat in die hemel is ’ (Matteus 6:9); of ‘Vader’ (Lukas 11:2).

Jesus het God ook so in sy gebede aangespreek, bv. Mat. 11:25 ‘Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde…’; of slegs ’Vader’ Joh. 12:27,28; en dan die gebed van Johannes 17: ‘Vader’ 17:1,5, 11 ‘Heilige Vader’, vs24, 25 ‘Regverdige Vader’; en Mat 26:39 in Getsemane: ‘My Vader…’(vgl. Luk 22:42); en toe Hy sterf: ‘Vader, in U hande gee Ek my gees oor (Luk 23:46).

Op drie plekke in die Nuwe Testament word die Aramese vorm ‘Abba’ gebruik: Mark.14:36 sê dat Jesus in Getsemane sy Vader aangespreek het as ‘Abba Vader’; In Romeine 8:15 sê Paulus dat die Gees ons tot God laat roep ‘Abba’, dit beteken ‘Vader’; in Galasiërs 4:6 sê Paulus ‘in ons roep die Gees van God se Seun uit: Abba! dit beteken Vader.’

Waarskynlik het Jesus in sy prediking en gebed die woord ‘Abba’ gebruik in Aramees wat Hy gepraat het. Die Nuwe Testament is in Grieks geskryf, en het Abba weergegee as die Vader, Vader, my Vader, ons Vader. Daarmee het Jesus die algemene benaming van kinders vir hulle vaders op sy verhouding tot God toegepas (vgl. bv. Lukas 2:48-50). Met die gebruik om God as Vader aan te spreek, is ‘n baie intiemer verhouding tussen gelowiges en God uitgedruk as wat in die Ou Testament moontlik kon wees, want ons kry die besondere voorreg om die Skepper-God ons Vader te noem, omdat ons in die nuwe verhouding tot Hom staan. Die Heilige Gees betrek ons in die liefdesverhouding tussen die Vader en die Seun en die Heilige Gees. En dit gebeur omdat God se Seun Hom met ons kom vereenselwig het, ons sonde op Hom geneem het, en van ons kinders van God gemaak het, saam met Hom (Joh 1:12).

Die gebruik van ‘pappa’ of ‘pappie’ is ‘n vertederende vorm van ‘pa’ of ‘vader’. Dit sou seker uitdrukking kon gee aan ‘n intieme verhouding, maar teenoor God mis dit tog ‘n groot mate van respek. In ons verbondenheid met Christus Jesus as die Here van ons lewens en deur ons geloof in Hom kan ons wel met vrymoedigheid en vertroue na God toe gaan (Efesiërs 3:12), maar moet ons onthou dat Hy die Heilige God is, die Vader voor wie Paulus in eerbied kniel in gebed (Ef.3:14) en voor wie die engele en die gestorwe gelowiges en die ganse skepping in eerbied kniel, en die krone waarmee die Here hulle gekroon het voor sy troon neersit en sê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom; Here ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep (Openbaring 4:8-11)..

Hebreërs 5:7 sê Jesus se gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. So moet ons ook na God toe kom. Met die Vader mag ons nie te eie word nie, want aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid (Judas 1:25).

God as Pappa - Francois Malan Henriette vra: Iemand my gevra hulle het Bybel deurgelees en vind nêrens in Bybel dat ons vir God as Pappa moet aanspreek nie. Nou voel hulle dis `n woord vir ons aardse vaders. Moet hulle of moet hulle nie vir Hom aanspreek as Pappa nie.

“ “If you are to go to Christ, do not put on your good doings and feelings, or you will get nothing; go in your sins, th...
20/08/2026

“ “If you are to go to Christ, do not put on your good doings and feelings, or you will get nothing; go in your sins, they are your livery. Your ruin is your argument for mercy; your poverty is your plea for heavenly alms; and your need is the motive for heavenly goodness. Go as you are, and let your miseries plead for you.” C. H. Spurgeon

Lees jou Bybel reg

Die Bybel moedig gelowiges gereeld aan om hulle Bybels te lees. Hoekom? Sodat ons daagliks verfris kan word deur die onderrig, bemoediging, teregwysing en leiding gevind in die Woord. Maar hoe moet ons die Bybel lees? Josua 1:8 gee vir ons ‘n paar riglyne: Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oord**k dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.

Wat leer ons uit hierdie vers?



Lees die Bybel gereeld: Oord**k dit dag en nag.
Moenie net lees nie, maar d**k oor wat jy lees: Oord**k dit.
Hou vas aan wat jy gelees het: Sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan.
Laat dit jou lewe reguleer: Dan sal jy slaag in wat jy moet doen.
Dit gaan oor meer as lees – dit gaan oor nadenke en uitvoering – dit doen wat ons gelees het.

  “ “If you are to go to Christ, do not put on your good doings and feelings, or you will get nothing; go in your sins, they are your livery. Your ruin is your argument for mercy; your poverty is your plea for heavenly alms; and your need is the motive for heavenly goodness. Go as you are, and ...

Jou ‘WAT’ is nie so belangrik soos jou ‘HOEKOM” NIEAndy Stanley sê dat ons altyd bekommerd is oor die “wat” in ons lewen...
17/08/2026

Jou ‘WAT’ is nie so belangrik soos jou ‘HOEKOM” NIE

Andy Stanley sê dat ons altyd bekommerd is oor die “wat” in ons lewens. Ons d**k aan ons einddoel en die proses om daar uit te kom. Andy Stanley sê dat ons eers aan die “hoekom” moet d**k voor ons aan die “wat’ d**k.



As ons die “hoekom” moet antwoord moet ons teruggaan na God se roeping vir ons. Jou persoonlike roeping was tot jy die eerste stappie geneem het. Dit het moed vereis. Dit is belangrik, want om ander mense te bedien vereis moed. Jou persoonlike roeping is ook waar jy jou passie gaan kry. Passievolle leiers met passievolle volgelinge vorm die kerk van ‘’n beweging.



Jou “wat” en “hoe” jy iewers uitkom, is nooit so belangrik soos jou “hoekom” nie.

Jou ‘WAT’ is nie so belangrik soos jou ‘HOEKOM” NIE Andy Stanley sê dat ons altyd bekommerd is oor die “wat” in ons lewens. Ons d**k aan ons einddoel en die proses om daar uit te kom. Andy Stanley sê...

Resolved: that every man should live to the glory of God. Resolved second: that whether others do this or not I will. —M...
14/08/2026

Resolved: that every man should live to the glory of God. Resolved second: that whether others do this or not I will. —Martin Luther

‘n Oorywerige geloof (1)

Larry Osborne het ‘n baie interessante boek, Accidental Pharisees, geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs daaraan spandeer.



‘n Passievolle geloof mag ‘n donker kant hê. Vra vir Jesus. Toe Hy as mens op aarde opgedaag het, wou diegene wat hulleself as God se grootste bewonderaars beskou het, niks met Hom te doen gehad nie. Hulle wou Hom stilmaak. Toe hulle nie daarin slaag nie, maak hulle Hom dood – duidelik passie wat skeefgeloop het. Die Fariseërs is nie die enigste voorbeeld nie – d**k maar aan die Kruisvaarders en die Inkwisisie.



Toevallige Fariseërs is mense wat ten spyte van die beste bedoelings en ’n begeerte om God te eer, onwetend ‘n oorywerige model volg wat die werk van die Here saboteer. Geestelike ywer is nie ‘n slegte ding nie: Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here (Romeine 12:11). Maar hier het ons te doen met ywer vir die Here wat nie in lyn met die Skrif is nie.



Meeste mense d**k dit is iemand anders se probleem. Ons sien dit nie in onsself nie. Hoekom nie? Omdat ons dit nie sleg bedoel nie. Dit is die gevolg van blinde kolle. Dit maak nie saak of oorywerigheid die gevolg is van ‘n keuse of per ongeluk nie – dit maak alles deurmekaar, dit maak almal seer, dit is ‘n verleentheid vir die Koning. Ons is veronderstel om stryery te vermy en in liefde mense wat ons teenstaan te onderrig. Om die geloof te verdedig, is ‘n goeie ding, maar dan moet ons dit doen met liefde en goedheid.



Niemand begeer om ‘n Fariser te wees; niemand kyk ooit in die spieël en sien ‘n Fariseër nie. Die woord beskryf altyd iemand anders. Maar Fariseërs is mense soos ons – hulle het God en die Skrif lief en probeer daarvolgens lewe. Niemand beplan om ’n Fariseër te wees nie – jy eindig net daar.



Die reis begin gewoonlik onskuldig. Sendinguitreik, ondervinding in ‘n kleingroep, ‘n nuwe Bybel onderwyser – open jou oë vir dinge wat jy nog nie vantevore gesien het nie. Jy begin in geloof; jy maak groot veranderinge; jy maak gebiede van sonde en kompromieë in jou lewe skoon; jy voeg nuwe geestelike dissiplines by. Jy sien gou dat sekere mense agterraak. Nou kan jou persoonlike najaag van heiligheid gevaarlik word. Jy word gefrustreerd met diegene wat nie jou passie vir die najaag van heiligheid deel nie. Dit is nou ‘n kritiese punt. As jy toelaat dat jou frustrasie lei tot afkeer en minagting vir mense wat jy agtergelaat het, is jy op ‘n gevaarlike ompad. Jy eindig met arrogansie. Minder en minder mense voldoen aan jou definisie van ‘n dissipel. Om reg te wees, is nou belangriker as om vriendelik en liefdevol te wees. Uniformiteit is belangriker as eenheid. Jy is nou op ‘n plek waar jy nie wil wees nie.



Vandag, as ons woord Fariseër hoor, d**k ons aan valsheid, engheid, opgepofde geestelike verloorders. In Jesus se dae was dit ‘n eer om so genoem te word. Fariseërs was ywerig vir God, volledig toegewy aan hulle geloof, meesters van die Bybelse tekste; gehoorsaam aan selfs die mees obskure opdragte. Maak selfs ekstra reëls vir ingeval hulle iets mis. Hulle het die geestelike dissiplines ywerig beoefen. Soms bietjie hard en arrogant – meeste van hulle tydgenote aanvaar dit. Hulle betaal ‘n prys wat niemand anders bereid was om te betaal nie. As jy na die hoogste mate van toewyding wil verwys, speel jy die Fariseër kaart.



Jesus en Paulus het hierdie kaart gespeel.

  Resolved: that every man should live to the glory of God. Resolved second: that whether others do this or not I will. —Martin Luther   ‘n Oorywerige geloof (1) Larry Osborne het ‘n baie interessante boek, Accidental Pharisees, geskryf. Ek...

Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeelEen van die skatte in die Christelike kerk is die Psalms – 150 inspir...
13/08/2026

Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeel

Een van die skatte in die Christelike kerk is die Psalms – 150 inspirerende liedere waarvan baie deur Dawid geskryf is. Maar is dit toepaslik om al die Psalms te sing? Wat van daardie psalms wat vra dat God die vyande moet oordeel. Hier is ‘’n paar voorbeelde:

Mag die dood my vyande oorval. Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk (Psalm 55:16)
Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God! (Psalm 58:7)
Skraap hulle name uit die boek van die lewe dat dit nie saam met die regverdiges opgeskryf staan nie (Psalm 69:29)
Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen ‘’n klip verbrysel (Psalm 137:9)
Mag sy kinders wees word, sy vrou ‘’n weduwee (Psalm 109:9).


Daarteenoor staan Jesus se woorde in sy bergrede: Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, sodat julle kinders kan weet van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes ’n goeies en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen (Matteus 5:43 – 45).





As Jesus sê: Julle het gehoor dat daar gesê is, haal Hy ‘’n rabbynse tradisie aan. Dit is die houding wat God van sy mense verwag teenoor die mense vir wie sy oordeel ryp was: Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘’n weersin hê in mense wat teen U in opstand kom nie? (Psalm 139:21)



Toe Jesus sê: Julle het gehoor dat daar gesê WORD: ‘’n Oog vir ‘’n oog en ‘’n tand vir ‘’n tand, haal Hy Eksodus 21:24 en Levitikus 24:20 aan Hy gaan dan voort: Maar Ek sê vir julle; Julle moet julle nie teen ‘’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na Hom toe. (Matteus 5:38- 39). Hierdie plaas nie vir Jesus teenoor Moses en die wet nie. Dit wys net na die wonderlike waarheid dat Jesus die wet vervul het. God se koninkryk is nou nie mer ‘’n geo-politieke staat nie, maar is ‘’n internasionale koninkryk.



In die psalms wat vervloek beroep die psalmis hom op die verbond en druk nie sy eie wraak uit nie. Maar in Hebreërs 8:13 lees ons: deur van ‘’n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn. In die tyd tussen Christus se eerste en tweede koms is daar ruimte vir versoening en geloof

Dit is interessant dat as Jesus in sy eerste preek (Lukas 4:17 – 19) Jesaja 61;1 – 2 aanhaal, Hy die gedeelte die dag waarop ons God sy vyande straf as deel van sy sending uitlaat. Toe Jakobus en Johannes vuur op die Samaritaanse dorp wat Jesus afwys wou afroep, het Jesus hulle skerp tereggewys (Lukas 9:54 – 56) Hoekom het Jesus hulle tereggewys en mie aangemoedig nie? Dit is nie omdat Jesus die “goeie God” van die Nuwe Testament is teenoor die “kwaai God” van die Ou Testament is nie. Nee, dit is omdat ons nou in die nuwe verbond is – in die tyd van grasie voor die finale oordeel.



Nou verkondig ons die goeie nuus en roep sondaars, wat soos ons dit nie verdien nie, op om hulle te bekeer en te glo. Die bose is steeds daar en ons pleit dat Christus weer sal kom om alles reg te stel. Dit sal uiteindelik ‘’n werklikheid word in die finale oordeel. Wie is ons om vuur op ons vyande af te roep as God ons verwelkom het.



Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (Efesiërs 6:12). Psalm 69 is vol vervloekings. Jesus haal Psalm 69:5 tydens sy kruisiging aan (Johannes 15:25): hulle het my sonder rede gehaat, maar sonder die verbvloeking.



Daar is vervloekings in die Nuwe Testament. Jesus roep di vervloekings van die verbond af op die Fariseërs in Matteus 23. Toe Simon die Towenaar vir Petrus geld aanbied om ook die heilige Gees te ontvang antwoord Petrus hom: Gaan na die verderf met jou geld en al (Handelinge 8:20). Hulle raai hom aan om hom te bekeer en tot die Here te bid dat Hy die gesindheid van Simon se hart sal vergewe. Ook Paulus spreek ‘’n vloek uit: As iemand aan julle ‘’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het, die vloek van God sal Hom tref i(Galasiërs 1;9). Nie een van hierdie vervloekings roep God se oordeel af op individue sonder om ook ‘’n uitweg – bekering en geloof in Christus – aan te bied nie.



As vervloekings toepaslik is, sou dit vir die wrede Romeinse keisers gewees het Beide Paulus en Petrus vra Christene om vir de heersers te bid (1 Petrus 2: 19 – 25; 1 Timoteus 2:1 – 3). As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte (Romeine 12:20).

1



S. Lewis was korrek toe hy gesê het: “The ferocious parts of the Psalms serve as a reminder that there is in the world such a thing as wickedness and that . . . is hateful to God
Daar is boosheid in die wêreld. Maar soos Paulus in Efesiërs 6 sê: ons wapens is geestelik: die woord van God, geloof in Christus, die vryspraak deur God en verlossing. Die verkondiging van die evangelie van vrede is die skoene aan ons voete.

Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeel Een van die skatte in die Christelike kerk is die Psalms – 150 inspirerende liedere waarvan baie deur Dawid geskryf is. Maar is dit toepaslik om al die Psalms te sing?...

Every Christian is also an evangelist, who should teach other and publish the glory and praise of God – Martin LutherDie...
12/08/2026

Every Christian is also an evangelist, who should teach other and publish the glory and praise of God – Martin Luther

Die Here is my herder

As iemand een psalm gememoriseer het, is dit waarskynlik Psalm 23. Waarom is hierdie psalm, een van 150 in die Bybel, so gewild? Dit was nie altyd die geval nie. Sy gewildheid het maar gewissel. In die VSA is hierdie psalm gewild omdat Henry Ward Beecher, prominente prediker, dit in 1858 as die nagtegaal van die psalms beskryf het.

It is small, of a homely feather, singing shyly out of obscurity; But, oh, it has filled the air of the whole world with melodious joy, Greater than the heart can conceive. Blessed is the day on which that psalm was born.

Teen 1916 was die psalm deel van die begrafnisdienste in die Metodiste kerke. Waarskynlik was dit as gevolg van die laaste vers:

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Die feit dat dit ‘n kort psalm is en dat hy oënskynlik individuele godsdiens beklemtoon, het ook tot die pslm se gewildheid bygedra.



Waaroor gaan die psalm? Dit kan as ‘n lied van vertroue geklassifiseer word. (Soos psalm 4, 11, 16, 62 en 131) Hierdie hoop word deur twee sentrale beelde oorgedra:

God is die herder wat die psalmis as ‘n skaap wat versorging nodig het, sien (vers 1 – 4).
God is ‘n gasheer wat die psalmis as sy gas sien (vers 5 – 6).


Wat opvallend is, is God se oorvloedige versorging – as herder en as gasheer. Die dood speel geen rol in hierdie psalm nie, behalwe in die bekende frase: in ‘n dal van doodskaduwee (OAV). Hierdie is ‘n ou vertaling wat sy oorsprong in die Septuagint het. Die Hebreeuse woord beteken waarskynlik nie ‘n dal van doodskaduwee nie. Daarom kry ons in nuwere vertalings eerder frases soos donker dieptes (NAV). As hierdie nuwe vertalings korrek is, vermeld die psalm nooit dood nie – dit gaan eerder oor lewegewende beelde van God wat vertroue inboesem en inspireer.



Maar wat dan van tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae? Tot in lengte van dae het ‘n parallelle verhouding met my lewe lank vroeër in die vers. Die psalmis is diep dankbaar vir God se versorging wat hom in staat stel om goedheid en liefde te alle tye te ondervind. Dit stel hom ook in staat om gereeld na God se huis – die tempel – terug te keer.



Die boodskap is kragtig: die psalmis sal nie deur vyande nie, maar deur goedheid en liefde agtervolg word. Hy sal aanhou om God se teenwoordigheid in die tempel te ondervind. Dit is hoekom die psalm so gewild is. God se beskermende leiding en gasvryheid beteken dat hierdie psalm in feitlik alle omstandighede gebruik kan word. Dit fokus op God se oorvloedige versorging: my beker loop oor (OAV).

  Every Christian is also an evangelist, who should teach other and publish the glory and praise of God – Martin Luther   Die Here is my herder As iemand een psalm gememoriseer het, is dit waarskynlik Psalm 23. Waarom...

Address

Virtual
Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bybelkennis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share