Kom na My toe almal - Lynnwoodrif Geloofsfamilie

Kom na My toe almal - Lynnwoodrif Geloofsfamilie Kom na My toe…. Ons visie is ‘n visie met ‘n uitnodiging na Christus toe: Hy nooi ons om by Sy hart uit te kom, nader aan Hom te groei en te kom rus.

Kom na My toe almal... (Matt 11:28)
Om mense na Jesus te bring. 'n Ware geestelike tuiste vir JONK en OUD met 'n hart vir barmhartigheid, evangelisasie en om 'n gemeenskap van hoop te wees. Dit nooi almal wat moeg en oorlaai is, wat sielerus nodig het, om dit by Hom te vind. Dit hou die belofte in dat jy nie net rus sal vind in Sy teenwoordigheid nie, maar ook herstel sal word na liggaam, siel en

gees. Dit is ook ‘n visie met ‘n uitdaging van Christus af: Vertel vir almal van God se hart, Sy rus en herstel wat Hy so mildelik gee en wees deel van die skep van n gemeenskap van hoop. Ons Waardes is:
* Oorgegee aan God
* Passievol oor alle mense
* Opgerig in Gemeenskappe

19/03/2026
✨ Paassangdiens ✨Wat ’n besondere en geseënde Paassangdiens het ons saam beleef. Met sang, gebed en die Woord het ons we...
17/03/2026

✨ Paassangdiens ✨

Wat ’n besondere en geseënde Paassangdiens het ons saam beleef. Met sang, gebed en die Woord het ons weer stilgestaan by die wonder van Paasfees – die opstanding van Jesus Christus en die hoop wat Hy vir ons bring.

Dankie aan elkeen wat deel was van hierdie spesiale diens – die sangers, musikante en almal wat gehelp het om die dag so mooi te maak. Julle toewyding en liefde vir die Here het werklik die boodskap van Paasfees laat leef.

Mag die vreugde en hoop van die opstanding ook in elkeen se hart bly leef, lank nadat die laaste noot gesing is. ✝️🌅

Hier is ’n paar oomblikke uit ons Paassangdiens wat ons graag met julle deel.

11/03/2026

“Die appel val nie ver van die boom af nie.” 🍎

Dis hoe mense dikwels na mekaar kyk.
Maar Jesus kyk anders – Hy sien die hart.

Luister na hierdie kort gedeelte uit ons Midweekboodskap.

▶️ Kyk die volledige boodskap hier:
https://youtu.be/eXEIAG4MO6s

Address

269 Lancia Street
Pretoria
0081

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 08:30 - 10:00
18:00 - 19:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kom na My toe almal - Lynnwoodrif Geloofsfamilie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category