NHK Bergsig Diakens

NHK Bergsig Diakens Hierdie Diakens is indiens van die Here Ons Diakens hou projekte om fondse intesamel sodat ons weer ander kan help

27/11/2013
13/11/2013

WEND TALENTE EN GAWES AAN OM LEWENSDOELWITTE TE BEREIK: Jou talente (vrugte van die Gees) sluit in:

LIEFDE
Ons liefde moet heel eerste tot God gerig wees.
VREUGDE
D**k maar net wat 'n glimlag in plaas van 'n frons vandag in my en jou huis kan doen.
VREDE
Geseënd is die vredemakers... (Matt 5:9)
GEDULD
Spreuke herinner ons daaraan dat ons nie liggeraak moet wees nie.
VRIENDELIKHEID
'n Sagte antwoord laat woede bedaar (Spr. 15:1)
GOEDHARTIGHEID
Dit is 'n les wat ons kinders by ons moet leer.
GETROUHEID
Dit herinner my alke keer watter groot verantwoordelikheid ons het.
NEDERIGHEID
Dit kom normaalweg nie vanself nie, maar moet aangeleer word.
SELFBEHEERSING
Ons het 'n roeping om al ons gawes en talente te gebruik in gehoorsaamheid aan ons Skepper. As ons gekies het om die Here se pad vir ons lewe te volg, sê die woord vir ons hoe ons hierdie talente en gawes wat ons uit sy hand ontvang het, moet gebruik.
Groetnis Neeltjie

28/10/2013

Die tafel is die plek waar ons ophou presteer en probeer.... waar ons ons maskers laat sak en toelaat dat ons gevoed word....Groetnis Neeltjie

28/10/2013

KOM TAFEL TOE!!!
Die geleentheid om tot stilstand te kom, saam brood te breek en ons hart met mekaar te deel is een van God se groot gawes aan ons. Groetnis Neeltjie

Dit was 21 Desember ons is amper weer daar!!!!
25/10/2013

Dit was 21 Desember ons is amper weer daar!!!!

Aanbidding was die tema waarmee ons begin het, en daarna saal toe vir heerlik kuier rondom koffie, tee en 'n versnapperi...
16/09/2013

Aanbidding was die tema waarmee ons begin het, en daarna saal toe vir heerlik kuier rondom koffie, tee en 'n versnappering..... dis 'n fees!!

09/08/2013

UIT ONS KONTEKS
So blind gejaag:
Ons praat sowaar almal met tyd Frans. Ek doen dit ook daagliks. Wat my daartoe dryf is die vervoerstelsel - taxi's of siyaya's. Ja d**k ek wanneer die soveelste een voor my inswaai: "Ons gaan almal hel toe". A nee a! Hier word 'n mens op elke hoek en draai geproewoekeer.

Genadiglik word ander mense ook beproef. Soos die twee mense wat verlede week in 'n bloedrooi Nissanbakkie voor my ry. Ek was oop en bloot getuie van die taxi se ongeskiktheid en ek was getuie van die gebare en vingertaal in die bakkie. Vir soveel handbewegings is daai bakkie nie gebou nie.

Die hande en vingers skiet die een letter op die ander af. En dit hou aan en aan en aan.... Ek raak later nuuskierig en dog toe: Dit moet 'n ander soort baklei wees. By die volgende kruising loer ek nuuskierig vorentoe om die eienaars van die hande en vingers te sien. Tot my skaamte sien ek dit is twee mense wat gebaretaal praat. Albei of een van hulle is doof en dit gons en lag behoorlik.

Ja, broertjie en sustertjie - tot u dominee se skaamte... Die stadsgejaag bestorm mos jou siel en neem dit sommer oor. Ons jaery van groen lig tot groen lig en rooie tot rooie verblind mos 'n mens se oë. En as jy so blind gejaag is, dan sien mens nie die mooi dinge nie en die stad het mooi dinge.

Ja en die mense met gestremdhede is mooi en doen mooi en maak mooi - maar sien ons dit raak?

Die fokus val nog steeds op mense met gestremdhede mense vir wie ons maklik miskyk en misverstaan

Groete neeltjie

28/07/2013
02/07/2013
20/06/2013

JAAR VAN DIE GESTREMDE: (Uit ons Konteks)

Die gesukkel in informele nedersettings.
Verdwaas, verstote, vergete. So som oom Frans sy lewe op. Hy glimlag wrang terwyl hy na 'n radioprogram luister oor die verbetering van toeganklikheid vir persone met gestremdheid by winkelsentrums.

Hy wonder wat hulle sou sê as hulle moes sien waarmee hy elke dag moet sukkel. Sy rolstoel is al oud en die pedale het afgebreek. As die lepel teen die blikbeker slaan, moet hy sukkelend oor ruwe terrein - klippe, graspolle, gate van die afgelope dae se reën - sy weg baan. Niemand bied aan om te help nie, kos is min en wie eerste daar is, eet. Baie keer val hy af, want die wiele steek vas teen teen die klip op die afdraend, dan maar lê en wag tot iemand op pad terug is om hom te help. Hier durf jy nie kla nie, jy word van die grond afgesit deur die grondbaron. by die eetsaal sukkel hy tot by die stoof om 'n paar lekseltjies uit die pot te skraap - binne kan hy nie, want daar is nie 'n oprit vir die geleentheid nie.

Tannie Venter lê in haar bed grootoog en luister. Grootoog beteken natuurlik niks vir haar nie - sy is blind. Gisteraand se storm het haar sinkhuisie se dak laat lek, bo-op haar bed, en weens die klein kamertjie moes sy maar bly lê, daar is nie spasie om die bed te skuif nie. Sy wag geduldig dat iemand haar moet kom haal vir ontbyt. Niemand daag op nie - gister het sy die gondeienaar gevra vir hulp om haar dak te beveilig teen die reën, miskien moes haar stemtoon nie so kwaai gewees het nie, dan sou sy dalk vanoggend hulp gehad het! Later baan sy haar weg voel-voel na buite. Sy val oor 'n stomp voor haar huisie, die het gisteraand afgebreek vanweë die storm. Sy val haar disnis, en voel die warmte van bloed oor haar gesig. Versigtig staan sy op en loop strompelend verder...

Hierdie is slegs grepies uit twee mense met gestremdhede in informele nedersettings regoor die land se lewens. Terwyl daar buite betoog en gesmeek word vir beter geriewe en regte van persone met gestremdhede, voer hulle 'n weggesteekte en donker bestaan. Regte is iets waarvan hulle weet en hoor maar glad nie besit nie. Geriewe is primitief of bestaan nie. Van die grondeienaars vra tot R750 per persoon per maand om in houthuisies en sinkhuisies te bly - en dan is daar soms bykans geen sanitêre geriewe nie. Kosvoorsiening word gebaseer op skenkings wat die grondeienaars ontvang - die beste word natuurlik deur hulle self uitgehou en die res vir die inwoners gegee!

HOE KAN DIE GEMEENSKAP HELP?
Raak betrokke by hierdie skuilings op grondvlak - bou opritte met sement en paadjies waar persone met gestremhede veilig en ongehinderd kan beweeg. Skenk rolstoele, looprame en ander hulpmiddels om hierdie mense instaat te stel om min of meer normaal te kan funksioneer.

Vir meer inligting, kontak Hans by 0832697082 of Heleen by 0824438874, of gebruik die e-posadres [email protected]

Besoek hul webblad by www.armoedebediening.co.za/Facebook.

Website of Doulos Armoedbediening Gemeenskapsprojek / Community project

30/05/2013
Straatverkope deur NHK gemeente Bergsig ser Diakens Saterdag 25 Mei 2013
24/05/2013

Straatverkope deur NHK gemeente Bergsig ser Diakens Saterdag 25 Mei 2013

Address

H/v Leonide & Karel Trichardt Straat/Mountain View
Pretoria
0183

Telephone

0764288142

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NHK Bergsig Diakens posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NHK Bergsig Diakens:

Share