07/09/2026
Ons het die naweek ’n Vrouekamp beplan…..
Maar wat gebeur het, was soveel meer as ’n program, ’n venue, lekker kos en ’n klomp vroue saam. ❤️
Want iewers tussen die lag en die trane, die worship en die gesels, die diep gesprekke en die simpel oomblikke was die Heilige Gees.
Nie omdat ons Hom probeer forseer het nie.
Nie omdat alles perfek was nie.
Maar omdat harte oop was.
En wat ’n voorreg was dit om te sien hoe Hy elke vrou op haar eie unieke manier ontmoet.
Elke vroutjie wat daar was, was besonders.
Die een wat hard gelag het.
Die een wat stil gebly het.
Die een wat gehuil het.
Die een wat ander se trane afgevee het.
Die een wat net ’n drukkie nodig gehad het.
Die een wat ’n woord gespreek het sonder om te besef hoe nodig iemand anders dit gehad het.
Elke vrou het iets van haarself gebring en saam het God iets besonders gebou.
Ons het dalk Vrydag daar aangekom as ’n groep vroue. Maar ons het Sondag vertrek met iets wat moeilik is om in woorde te verduidelik.
Meer vol. Meer verbind. Meer bewus van Hom.
En as ek aan hierdie naweek terugdink, is daar een ding wat vir my uitstaan:
Die Heilige Gees was reeds daar.
Hy het gewag vir oop harte.
En girls wat ’n mooi klomp oop harte was julle. ❤️
Dankie vir elke lag, elke traan, elke gebed, elke gesprek, elke drukkie en elke stukkie van jouself wat jy saamgebring het.
Julle is besonders. Elkeen van julle.
En ek glo ons gaan nog lank na hierdie naweek terugverlang, want party naweke eindig wanneer jy huis toe ry.
Hierdie een gaan saam met ons huis toe. 🩷