05/01/2016
Daarom, voor ek vir reën vra, smeek ek om U genade en vergifnis.
Ek bid ook vir wysheid om tussen goed en sleg te kan onderskei.
Ek bid veral Here dat ek nooit arrogant sal word nie, want alle eer kom U toe.
Ek bid ook vir wysheid en krag vir die hele gemeenskap om op die regte manier deur hierdie droogte te kom.
Ek verstaan nog steeds nie hoe die gemsbok in hierdie tyd so sterk kan bly nie, maar ek bid dat U ons almal die gemsbokke van hierdie droogte sal maak.
Here nou dat U my hart ken, smeek ek by U: “GEE ASB VIR ONS ALMAL REëN … EN GEE ASB VIR ONS ALMAL GENOEG REEN!!”
Amen
Pieter van Schalkwyk