Lofkidz

Lofkidz Ons is Lofkidz wat Jesus dien!

RSI9 inskrywings sluit mΓ΄re! πŸ₯³πŸŽ‚Hoe werk dit?Bring 'n onversierde koek, jou versiersuiker en versierings, en kom versier ...
31/08/2026

RSI9 inskrywings sluit mΓ΄re! πŸ₯³πŸŽ‚

Hoe werk dit?
Bring 'n onversierde koek, jou versiersuiker en versierings, en kom versier die koek soos jy graag wil binne 90 minute β²οΈπŸŽ‚πŸ€© Almal welkom!

D**k buite die boks!

Skryf hier in - https://forms.gle/AAWX2VXAxjkQVi3N9 πŸ†

WhatsApp Amorie vir meer inligting - 0749728014

πŸ’™πŸ’š Lofkidz by die Huis πŸ’šπŸ’™πŸ“š Tema: Jesus les ons geestelike dorsπŸ“– Lees saam: Die vrou by die put - Johannes 4:1-30Lees dit...
31/08/2026

πŸ’™πŸ’š Lofkidz by die Huis πŸ’šπŸ’™

πŸ“š Tema: Jesus les ons geestelike dors

πŸ“– Lees saam: Die vrou by die put - Johannes 4:1-30
Lees dit uit julle gunsteling vertaling, die Kinderbybel, of kyk die uittreksel uit The Chosen

πŸ’¬ Gesels saam:
Ons almal het 'n dors in ons gees. Kan ons dit met wΓͺreldse goed vul?

🎯 Hierdie week se uitdaging:
πŸ’§ Kry lewende water by Jesus. D**k wat in jou lewe jy gebruik om daai geestelike dors te probeer les, en lΓͺ dit by Jesus se voete neer.

🧠 Vers om te onthou:
Johannes 4:14
maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom 'n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.

Blessings vir die week! πŸ™πŸ»

πŸ’™πŸ’š Lofkidz by die Huis πŸ’šπŸ’™πŸ“š Hierdie week se tema:Jesus is lief vir kindersπŸ“– Lees saam:Jesus en die kindertjies - Matteus ...
17/08/2026

πŸ’™πŸ’š Lofkidz by die Huis πŸ’šπŸ’™

πŸ“š Hierdie week se tema:
Jesus is lief vir kinders

πŸ“– Lees saam:
Jesus en die kindertjies - Matteus 19:13-15

πŸ’¬ Gesels saam:
Wat leer ons uit hierdie gedeelte van Jesus se siening van kinders?

🎯 Hierdie week se uitdaging:
❀️ Onthou: Jy is vir Jesus belangrik
Moenie terugstaan om iets vir Jesus te doen omdat jy d**k jy is nog te klein of te jonk nie. Deel hierdie week Jesus se liefde en vriendelikheid met ander, en luister na wat die Heilige Gees vir jou sΓͺ om te doen.

πŸ™Œ Jesus kan jou NOU al gebruik!

🧠 Vers om te onthou:
Markus 10:14
Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

Mooi week πŸ™πŸ»

🍰 *Ready Steady Ice 9 is om die draai!* πŸŽ‰Dis weer tyd om kreatief te raak! Bring jou buite-die-boks idees en kom versier...
11/08/2026

🍰 *Ready Steady Ice 9 is om die draai!* πŸŽ‰

Dis weer tyd om kreatief te raak! Bring jou buite-die-boks idees en kom versier 'n koek vir Lofkidz se jaarlikse fondsinsameling.

✨ *Saterdag, 5 September | 14:00*

Dis hope pret, baie lag en beslis 'n dag om te onthou! Skenk daarna jou skepping en kom kyk Sondag tydens die veiling wat ons daarvoor kry.

πŸ“ Skryf hier in:
https://forms.gle/thAtm4GLZk1ZQrLo7

Ons kan nie wag om julle kreatiwiteit te sien nie! πŸ’™πŸ’š

Groot Nuus🌿🦜Hierdie Sondag skop ons die kwartaal af met 'n lekker avontuur... 🌎Ons is baie opgewonde om twee spesiale ga...
24/07/2026

Groot Nuus🌿🦜

Hierdie Sondag skop ons die kwartaal af met 'n lekker avontuur... 🌎

Ons is baie opgewonde om twee spesiale gaste, Arnold en Heidi van der Spuy, by Lofkidz te verwelkom. Hulle doen sendingwerk in die Amasone en gaan vir ons vertel hoe God besig is om Sy liefde met mense diep in die oerwoud te deel.

As jy wil:
🌿 Trek gerus iets groens aan.
🧸 Bring 'n oerwoud-teddie (aap, papegaai, tier, slang, ens.) saam!
πŸ’° *'n Spesiale offergawe om by te dra tot Amazon Missions*.

Ons sien uit daarna om al ons kidz en teenz weer te sien en om na die wonderlike getuienisse te luister πŸ’š

Sien julle Sondag!

25/06/2026

Vadersdag 2026 was behoorlik aan die brand! πŸ”₯

Saam met ons pappas het Lofkidz die Here geloof en geprys. Ons het 'n spesiale Woord ontvang, lekker saam gekuier en heerlik gebraai.

Die boodskap van die dag was "’n Pappa van God" – 'n herinnering dat ons geroep is om ons huise en gesinne volgens God se Woord te lei, lief te hΓͺ en te vorm.
Ons bΓͺre hierdie Woord in ons harte en streef daarna om elke dag nader aan God se plan vir ons gesinne te leef.

Dankie aan elke pappa wat deel was van hierdie besonderse dag. Ons hoop julle het dit net soveel soos ons geniet! πŸ”₯πŸ‘¨β€πŸ‘§β€πŸ‘¦

"Maar ek en my huis, ons sal die Here dien." – Josua 24:15

πŸŽ₯ Geniet die hoogtepunte van ons Vadersdag-viering!

πŸ’™πŸ”₯

17/06/2026

Die afgelope paar weke het ons die kinders geleer van dissipelskap en hoe om die Evangelie te versprei.

Die Sondag het Lofkidz visvang speletjies gespeel 🐠🎣🐑🐟

Mattheus 4:19
En Hy sΓͺ vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Geniet die eerste dag van skool, liewe kidz en teenz πŸ’™πŸ™πŸ’š
14/01/2026

Geniet die eerste dag van skool, liewe kidz en teenz πŸ’™πŸ™πŸ’š

🌟 Lofkidz Fliekaand 🌟Ons jaarafsluiting was sΓ³ spesiaal! Ons het buite saam ’n fliek gekykβ€”ten spyte van die wolke πŸ˜…β€”en ...
25/11/2025

🌟 Lofkidz Fliekaand 🌟

Ons jaarafsluiting was sΓ³ spesiaal! Ons het buite saam ’n fliek gekykβ€”ten spyte van die wolke πŸ˜…β€”en die Here was weereens goed vir ons: dit het eers aan die einde van die fliek liggies begin reΓ«n.

The Best Christmas Pageant Ever was ’n groot treffer, en ek glo dit het elkeen van ons herinner aan die hart van Kersfees: om Jesus se liefde aan ALMAL te wys. ❀️

Dankie aan almal wat die aand so besonders gemaak het! 🎬✨

Address

Bakenkloof Straat 359
Pretoria
0084

Opening Hours

09:00 - 10:00

Telephone

+27125655221

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lofkidz posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share