Gelowig op Pad

Gelowig op Pad Terug na God. Terug na Christus. Terug na sy Woord. Skrifgetroue geloofsinhoud vir geloofsreisigers.

10/09/2026

Genesis 28:18-22

09/09/2026

Mens hoor soms die uitdrukking: “My Verlosser loop op water!”
En dit klink indrukwekkend. My Jesus kan wonders doen. Hy kan ingryp wanneer ek my in die lewe vasloop. Hy kan voorsien, beskerm, genees.

Maar is dit al wat ons in Jesus sien?
Wat wil ons van Hom hê wanneer Hy na ons toe kom?
Wil ons Jesus hê — of wil ons net ’n Vriend met voordele hê?

09/09/2026
09/09/2026

Genesis 28:10-17

08/09/2026

Daar is oomblikke wanneer jy kyk na wat voor jou lê en wat jy in jou hand het, — en jy weet: dit is nie genoeg nie.
Te min geld. Te min krag. Te min wysheid. Te min van jouself vir die mense en verantwoordelikhede wat op jou wag.
Die dissipels het daardie dag presies daar gestaan: duisende mense voor hulle — en vyf brode en twee visse in hulle hande.

08/09/2026

GENESIS 28:1-9

07/09/2026

Ons leef nie onder konings nie. Maar ons weet hoe dit voel om deur leiers en stelsels bestuur te word sonder dat ons belange werklik geken of op die hart gedra word. So ken ons die meeste leiers: gou om te sê wat aanvaarbaar is, wat gedoen moet word, hoe jy moet d**k, waar jy moet inpas, wat jy moet betaal.
Maar wanneer jy hulp nodig het, wanneer jy moeg is, ken daardie selfde leiers jou nie en beteken daardie selfde stelsels vir jou niks. Wanneer jy beskerming nodig het en nie weet waarheen nie, is daar niemand en niks vir jou nie.
Dit is die probleem wat Markus in ons gedeelte van vanaand wil skets wanneer hy twee manne langs mekaar plaas:
Herodes, die man met die titel van “koning”, en Jesus, die Man sonder titel, sonder troon.
Hiermee wil hy vir ons vra:
Wie is dié eintlike Koning?

07/09/2026

GENESIS 27:41-46

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gelowig op Pad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share