Mosaic of Grace - Werner van Wyk

Mosaic of Grace - Werner van Wyk "Just a Pile of Broken Glass"
Werner van Wyk is running a private independent christian ministry that focuses on people who feel lost and broken.

1 Aug om 11uur se erediens skakel:
01/08/2026

1 Aug om 11uur se erediens skakel:

Erediens - Lr. Werner van Wyk

🌿 Vandag se bemoediging 🌿Jy mag moeg wees, maar moenie moed opgee nie. God sien jou stryd, ken jou hart en gee nuwe krag...
01/08/2026

🌿 Vandag se bemoediging 🌿

Jy mag moeg wees, maar moenie moed opgee nie. God sien jou stryd, ken jou hart en gee nuwe krag aan dié wat op Hom vertrou. Jou moegheid bepaal nie jou bestemming nie—God se genade dra jou elke tree van die pad.

"Maar dié wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."
— Jesaja 40:31

🙏 Hou vas. God is nog nie klaar met jou nie.

01/08/2026
Vanaand dra ons die boere in ons gemeenskap op, en vra God se beskerming teen die Rooi seisoen. 🙏 Ons is 'n gemeenskap i...
22/07/2026

Vanaand dra ons die boere in ons gemeenskap op, en vra God se beskerming teen die Rooi seisoen. 🙏 Ons is 'n gemeenskap in gebed.

Dankie vir almal se bydrae tot die vakansie bybelskool die week wat verby was. Vandag sluit ons af by die kerk met ń kin...
04/07/2026

Dankie vir almal se bydrae tot die vakansie bybelskool die week wat verby was. Vandag sluit ons af by die kerk met ń kinder program en spesiale diens.

20/06/2026

Dit is 6uur op ń Saterdag oggend. Ek is nog moeg van die week se geswoeg en sukkel om heeltemal wakker te word. Vanoggend is dit die kinder lessie in Pakistan. Hulle opgewondenheid om na my te luister het my verbaas want wie is ek nou eintlik in die prentjie van hulle lewe? Ek is maar ń stukkende tool in ń toolbox wat eenkant verlate weggegooi is, wat gevoel het sy waarde is nie meer nie.... Dit was ń absolute voorreg om met hulle te praat en dit het my nog meer nederig gemaak as ooit. Ek is dankbaar vir die geleentheid om hierdie mensies uit Pakistan uit te kan bedien. My nuwe familie, broeder en suster in Christus doen ongelooflike onbaatsugtige werk onder hulle mense daarso. Ek staan maar net verstom.... Die evangelie het vir ons hier in ons gemaklike banke goedkoop geword. Ons het vergeet hoe duur dit gekoop is en die prys wat werklik daarvoor betaal is. Mag ons dit nie weer vergeet nie.

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mosaic of Grace - Werner van Wyk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share