GKSA Sendingkoördinering Mission Coördination

GKSA Sendingkoördinering Mission Coördination Koördinering van sending en evangeliseringsinisiatiewe van GKSA gemeentes. Coördination of mission- and evangelisation initiatives of GKSA congregations.

20/01/2026

Bybelskool 2026

Ondersteun gerus die Klassieke Musiekfees. Die fondse gaan vir sendingwerk in Burundi. Mag die aand 'n lieflike geur wee...
19/07/2024

Ondersteun gerus die Klassieke Musiekfees. Die fondse gaan vir sendingwerk in Burundi. Mag die aand 'n lieflike geur wees tot eer van ons Here Jesus en tot diens van Sy evangelie.
2 Korintiers 2:15

20/09/2023
12/12/2022

Jaareinde 2022

Bedieningswerk vanuit D’kar

Vanjaar was nie ‘n maklike jaar nie, dit was ‘n jaar vol uitdagings, meer as gewoonlik, nie net in D’kar nie maar ook elders op die sendingveld.

D’kar is ‘n gemeente wat ontstaan het in die middel 1960’s. Daar is tans ‘n volwaardige kerkraad en die gemeente reik ook buite sy grense uit na ander bedieningspunte waaronder Bere, Motopi, Mababe en Qabo val. Die kerkraad bestaan uit 4 ouderlinge, 1 emeritus predikant en 1 dienende predikant. Ons is dus 6 op die kerkraad. Wat aanvanklik net ‘n sendinguitreikpunt was reik nou ook uit na ander gebiede. Natuurlik het dit nie oornag gebeur nie. Dit het na jare se volgehoue sendingwerk gebeur.

Daar is op die oomblik ongeveer 130 belydende lidmate en 170 dooplidmate met 10 in die voorbelydenisklas en vier in die belydenisklas. Kinders in die Sondagskoolklas wissel van 75 tot 100.

Bere is een van die bedieningspunte van D’kar. Daar is ‘n baie bekwame Sondagskoolonderwyseres wat regtig ‘n gawe het met kinders. Die stoele, klere en boeke wat ons as skenkings ontvang het was ‘n groot hulp vir haar. Ons wil weereens vir een en elk wat hiertoe bygedra het uit ons harte daarvoor bedank, maar bo alles gaan ons dank aan ons hemelse Vader wat dit vir ons moontlik gemaak het.

‘n Bedieningshoogtepunt hierdie jaar was die klankbybeltjies. Elke keer as jy by iemand se erf verbystap en jy hoor hoe die Bybel in die agtergrond gelees word kan jy nie anders nie as om te d**k aan die woorde van Paulus in Romeine 10:17: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Mense wat andersins nooit met die Woord van God in aanraking gekom het nie, kan nou die hele dag daarna luister. In Johannes 8:32 sê die Here Jesus aan sy dissipels: “32 En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.”

Op die sendingveld waar mense nog nie met waarheid van die Woord in aanraking gekom het nie, heers daar ‘n atmosfeer van vrees dat onheile hulle kan tref as jy nie bepaalde rituele pligsgetrou nakom nie, en dit verstewig hul band met die tradisionele dokter, wat dan op sy b***t vir jou deur sy dolosse wysmaak wie jou getoor het. Dit veroorsaak groot wrywing tussen families. As die toordokter na homself as ‘n dominee (moruti) verwys, is hulle daarvan oortuig hy van die Here gestuur is. Dit raak een groot bose kringloop want die tradisionele dokter word as’t ware die huisdokter en die huispredikant wat die familie teen onheile beskerm en waarsku, en hy doen beslis teen ‘n prys. Sy vergoeding is gewoonlik beeste en bokke.

Die enigste genesing vir hierdie sieklike omstandighede is die waarheid van die Evangelie wat jou vrymaak. Ons het by mense aangekom wat hulle Klankbybeltjies amper nooit afskakel nie. Iemand in Mababe het aan my vertel dat hy met sy Bybeltjie aan slaap. In die stilte van die nag word die Bybel vir hom gelees en ons weet dat die Woord van God nooit onverrigtersake terugkeer nie.

Ons het hierdie jaar ook meer tot die besef gekom dat mense toegerus moet word al kan hulle nie lees of skryf nie. Ons kan aan hulle die materiaal verskaf in hulle eie taal. Ons kan die Bybel met hulle deurwerk daar op die veepos, nedersetting of dorp. Om dit te kan verwesenlik het ek en ds Gabolelwe saamgespan om Bybelstudies digitaal op te neem en die inhoud op ‘n geheuestokkie te plaas wat ons dan aan mense by bedieningspunte versprei. Dit word dan saam met die klankbybel gebruik.

Voedsel vir die siel

Dr David Jeremiah verduidelik wat in Efesiërs 6 bedoel word as die Woord die swaard van die Gees genoem word. Die woord wat hier vir Woord gebruik word is Rhema en nie Logos nie. Logos is die Woord in sy geheel, maar Rhema is ‘n sekere skrifgedeelte uit die Woord (Logos) wat vir jou deur die Gees soos ‘n swaard aangegee word tydens die aanvegtinge van die duiwel en jy kan jouself verdedig. Jy word herinner aan sekere gedeeltes uit die Logos (Woord) van toepassing op jou omstandighede.

Soms as mens hartseer of moedeloos is gee die Heilige Gees aan jou die swaard (Rhema) wat gedeeltes uit die Bybel waaraan jy herinner word en waarmee jy jouself kan vertroos of bemoedig. Hoe dikwels skiet ‘n Psalmvers of ‘n gedeelte uit die Bybel jou net nie op die regte tyd te binne nie.

In Johannes 14:26 word na die Heilige Gees as ons Trooster verwys: “26maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Die Heilige Gees troos jou juis deur jou te herinner. Maar as jy nie die Bybel ken nie, waaraan moet Hy jou herinner en waarmee moet Hy jou vertroos.

Of af te sluit

Vir ons is dit ‘n wonderlike uitdaging en ons is daarvan oortuig dat wanneer ons in ons diepe afhanklikheid na die Here toe gaan, alles ten goede sal meewerk tot die uitbreiding van sy koninkryk. Ons vra dat u vir ons sal bid. Ekself bid gereeld die woorde van die apostel Paulus in 2 Thessalonisense 3:1 en 2: “31Ten slotte, broers, bid vir ons, dat die woord van die Here vinnig sy loop sal neem, en net soos by julle, geprys sal word, 2en dat ons gered sal word van die kwaadwillige en bose mense; want nie almal het geloof nie.” Daarmee saam lees ons die belofte in vers 3: “3Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.”

U broer in Christus,
Hendrik du Plessis

*(Die foto’s word met toestemming en medewete van betrokke partye geplaas)
Kerkraad Reformed Church D'kar. Vlnr James Morris, Gabolelwe Ngakayaja, Hendrik du Plessis, Aron Johanes en Morris Morris. Jim Morris was afwesig - sy foto word in comment geplaas.

Besoek gerus Crossroads se webblad vir meer inligting oor hulle werksaamhede in Suid-Afrika.https://cpministries.org/int...
26/08/2022

Besoek gerus Crossroads se webblad vir meer inligting oor hulle werksaamhede in Suid-Afrika.
https://cpministries.org/international/south-africa

Shelby, a Crossroads student in Texas, recently wrote this note of gratitude in her lesson. As our mentors lift up their students in prayer, their students are praying for them as well. Through our mentorship program, you can develop mutually enriching relationships with incarcerated people like Shelby.

Die oes is groot, die arbeiders min.
25/08/2022

Die oes is groot, die arbeiders min.

17/08/2022
Dankie aan die Gereformeerde Kerk Brits vir die inisiatief!  Kyk gerus en berei voor om te getuig van die hoop wat in jo...
16/08/2022

Dankie aan die Gereformeerde Kerk Brits vir die inisiatief! Kyk gerus en berei voor om te getuig van die hoop wat in jou leef!

Kultegesprek

13/08/2022

12 Augustus 2022
Mosambiek uitreik 2022

Die uitreikspan het vanmiddag veilig in Macia in Mosambiek aangekom (0ngeveer 208 km vanaf die Lebombo grenspos) op die eerste been van hul 4 dag reis na Milange.

Address

256 Generaal Beyersstraat
Pretoria

Opening Hours

Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00

Telephone

+27615196166

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GKSA Sendingkoördinering Mission Coördination posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share