Ewige Lig Kinderkerk

Ewige Lig Kinderkerk Ewige Lig Kinderkerk se aktiwiteite, inligting en foto's word op hierdie bladsy geplaas.

Ouers kan dus op hoogte bly van waarmee die kinders besig is op Sondae by die Ewige Lig gemeente in Pretoria, Kaap, Vaalwater, Alldays en Mosselbaai.

Prys die Here vir nog 'n Ewige Liggies Kinderkerk tak! Ons is opgewonde om hierdie Sondag al ons Mosselbaai Ewige Liggie...
28/08/2026

Prys die Here vir nog 'n Ewige Liggies Kinderkerk tak! Ons is opgewonde om hierdie Sondag al ons Mosselbaai Ewige Liggies te verwelkom. Kom ontmoet jou juffrou en maats. Dit gaan lekker wees!

Met Verrassing-Sondag was die kinders verras met heerlike pizza, speletjies, kleurvolle aktiwiteite en lekker saam dans ...
26/08/2026

Met Verrassing-Sondag was die kinders verras met heerlike pizza, speletjies, kleurvolle aktiwiteite en lekker saam dans en lag. Hierdie Sondag gaan ons weer voort met die geesvervulde lessies.

Hierdie Sondag om 08h00 en 10h00 gaan die 12-13 jariges 'n worship-oggend geniet saam met 'n live band en 'n 360 photobo...
18/08/2026

Hierdie Sondag om 08h00 en 10h00 gaan die 12-13 jariges 'n worship-oggend geniet saam met 'n live band en 'n 360 photobooth. Bring 'n vriend/vriendin saam. Sien jou daar!

Hierdie Sondag is weer Verrassing-Sondag om 08h00, 10h00 en 18h00. Dit gaan groot pret wees in die klasse! Bring jou maa...
18/08/2026

Hierdie Sondag is weer Verrassing-Sondag om 08h00, 10h00 en 18h00. Dit gaan groot pret wees in die klasse! Bring jou maats saam.

Ons Ewige Liggies het omtrent gestraal toe ons geleer het van ons identiteit in Jesus, God-Drie-Enig, Vrug van die Gees ...
14/08/2026

Ons Ewige Liggies het omtrent gestraal toe ons geleer het van ons identiteit in Jesus, God-Drie-Enig, Vrug van die Gees en Jesus se dissipels. Dit was so lekker om ook te hersien wat ons verlede kwartaal geleer het.

24/07/2026
Soos ons die tweede helfte van 2026 intree, kyk ons terug op die kreatiwiteit, vreugde en opgewondenheid van al ons Ewig...
22/07/2026

Soos ons die tweede helfte van 2026 intree, kyk ons terug op die kreatiwiteit, vreugde en opgewondenheid van al ons Ewige Liggies wat elke Sondag opdaag met 'n oop hartjie om meer van Jesus te leer. Dit maak ons nóg meer opgewonde vir al die interessante dinge wat voorlê vir die jaar! Hou die spasie dop...

Dit is weer vakansietyd!😁 'n Geleentheid om lekker kreatief te wees, op te vang met al jou maats, en lekker saam te spee...
01/07/2026

Dit is weer vakansietyd!😁 'n Geleentheid om lekker kreatief te wees, op te vang met al jou maats, en lekker saam te speel. Kom kuier saam met ons hierdie skoolvakansie, elke Sondag het iets anders wat wag. Sien jou daar!

Ewige Lig Kinderkerk Pretoria: In die skoolvakansie gaan ons 'n reeks aanbied vir alle 12-13 jariges oor identiteit, elk...
09/06/2026

Ewige Lig Kinderkerk Pretoria: In die skoolvakansie gaan ons 'n reeks aanbied vir alle 12-13 jariges oor identiteit, elke Sondagoggend 08h00 en 10h00 op 5, 12 en 19 Julie 2026. Daar is 6 dele en 6 sprekers wat elkeen 'n kragtige boodskap sal bring. Moet dit nie mis nie!

Ons gesels oor:
1. Wie sê God is ek?
2. Valse identiteit
3. Ek behoort aan God
4. Die stem waarna ek luister
5. 'n Innerlike transformasie
6. Geskep vir 'n doel

Ewige Lig Kinderkerk Pretoria: Fliek en cupcakes vanaand. Bring 'n kussing en kombersie saam, asook iets om te drink!
22/05/2026

Ewige Lig Kinderkerk Pretoria: Fliek en cupcakes vanaand. Bring 'n kussing en kombersie saam, asook iets om te drink!

Address

1154 Tibouchina
Pretoria
0182

Opening Hours

09:00 - 17:00
18:00 - 19:00

Telephone

+27721994992

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ewige Lig Kinderkerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share