WRD Dames Bediening

WRD Dames Bediening WRD was founded in 2012.

The founders believed in the three important pillars of every Christian's life... Worship (telling Jesus how much you love Him), Reach out to the lost and Discipleship (build lasting relationships).

Hi daar mooiste,Geniet jou lente daggie. Op nuwe seisoene!🎉🎉
01/09/2026

Hi daar mooiste,

Geniet jou lente daggie. Op nuwe seisoene!
🎉🎉

Môre-sê,Moet nóóit ophou bid vir die redding van jou familie en vriende nie. Die Here is getrou en Hy hoor jou gebed en ...
31/08/2026

Môre-sê,

Moet nóóit ophou bid vir die redding van jou familie en vriende nie. Die Here is getrou en Hy hoor jou gebed en sal dit beantwoord... Al swaai sommige stadig om soos 'n skip daar ver op die horison van die oseaan. Jesus het Sy tyd, Sy Gees weet presies hoeveel water elke plantjie nodig het om te groei. Ons moet net volhard in gebed, nooit moed opgee nie en baie geduld hê.

Lekker daggie en baie blessings!
-Past Chantal Esterhuizen 🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

Goeie môre vriendin,Soms gaan ons deur geweldige dinge. En wanneer ons na die Here toe kom, verwag ons dat die Here met ...
28/08/2026

Goeie môre vriendin,

Soms gaan ons deur geweldige dinge. En wanneer ons na die Here toe kom, verwag ons dat die Here met ons gaan praat in hierdie groot, sterk wind, of aardbewing of vuur, maar die Here werk nie noodwendig so met ons nie. Hy kom dalk na ons toe in die gesuis van 'n sagte koelte. Ons moet net fyn ingestem wees op hoe Sy Gees met ons wil werk. Die enigste manier hoe ons ingestem kan wees, is deur 'n lewendige, intieme verhouding met Jesus te hê.
Kom nader en Jesus sal jou antwoord, dis dalk nie hoe jy mag d**k of verwag nie, maar Hy sal kom... Hy sal jou antwoord.

I KONINGS 19:11-12 AFR53
En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit; in die wind was die Here nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie. [12] En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die Here nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte.

Lekker daggie en baaaaaaaie liefdetjies!
Past Chantal Esterhuizen 🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

Goeie môre liefste vriendin,Vandag wil ek jou vra... Kom ons bid vandag werklik vir ander. Kom ons staan in die bres vir...
18/08/2026

Goeie môre liefste vriendin,

Vandag wil ek jou vra... Kom ons bid vandag werklik vir ander. Kom ons staan in die bres vir ander mense... MAAR veral, en hier kom die moeilike ene... Kom ons bid vir ons vyande. Ons bid soos Dawid vir Sy vyande gebid het. Ons dra hulle werklik op in gebed en vra ook vir Vader om hulle te seën. En soos jy bid, bid ook vir diegene wat jy nog moet vergewe. Deur vir hulle te bid kom die Here en Hy haal die wortel van bitterheid uit jou hart uit en plaas ware vergifnis daar. Vergifnis is baie belangrik... Dit kan jou fisies siek maak as jy rondloop met onvergewens-gesindheid. Onthou altyd, vergifnis gaan nie oor die ander ou nie, dit gaan oor jou. "Are you in right standing with God?" Gebed kan berge versit, wat dit ookal is... BID!!! Maar bid veral vir ander vandag. Toe Job vir sy vriende begin intree het, het die Here hom weer begin seën, ver bo dit wat hy vantevore gehad het. Bid! Bid! Bid!

Goeie môre môre,Mag jy 'n geseënde week geniet en mag Sy vrede, vreugde en genade jou deel wees. Mag Sy liefde jou omrin...
17/08/2026

Goeie môre môre,

Mag jy 'n geseënde week geniet en mag Sy vrede, vreugde en genade jou deel wees. Mag Sy liefde jou omring en Sy hand jou lei en beskerm oral waar jy beweeg. Amen!
-Past Chantal Esterhuizen 🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

Goeie mooiste mens,Die Here nooi jou uit om net vandag in Sy arms in te loop en Hom te vertrou met alles. Hy is jou Papp...
14/08/2026

Goeie mooiste mens,

Die Here nooi jou uit om net vandag in Sy arms in te loop en Hom te vertrou met alles. Hy is jou Pappa, Hy het jou lief met 'n ewigdurende liefde en Hy wil jou net styf vashou vandag en verseker alles sal okei wees. Gryp Hom vas en weet dat Hy altyd in beheer is van al jou sake.

Blessings upon blessings! - Past Chantal Esterhuizen 🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

Voel jy soos 'n uitgeworpene? Voel jy doelloos? Voel jy alleen en op moed verloor se vlakte? Ek is hier om jou te bemoed...
13/08/2026

Voel jy soos 'n uitgeworpene? Voel jy doelloos? Voel jy alleen en op moed verloor se vlakte? Ek is hier om jou te bemoedig vandag... Sy Naam is Jesus. Hy neem jou aan as Sy eie en maak jou deel van Sy familie. Hy is die Een waarin jou doel lê vandag. Hy vul die leemtes en alleenheid. Hy gee jou moed om elke oomblik van die dag in die gesig te staar. Nader jy net tot Hom en Hy sal tot jou nader, sê die Woord van God. Sit by Sy voete en vertel Hom jou hele hart en wag op Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan. Hy sal jou rus in Hom gee. Hy sal álles nuut maak. Neem jy net die eerste stap en giet jou hart voor Hom uit in jou binnekamer. Onthou, jy is waardevol, jy is meer as genoeg en jy het 'n doel.

Bless you vandag! - Past Chantal Esterhuizen
🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

SPREUKE 31:10-12, 23[10]  Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. [11]  Die hart van haar man ...
11/08/2026

SPREUKE 31:10-12, 23
[10] Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. [11] Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. [12] Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
[23] Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.

Vroutjie, die Here het jóu man vir jou gegee as 'n skenk uit Sy skatkamers. Jy het 'n verantwoordelikheid om hom en hom alleen lief te hê, te eer as koning van jou huis en hom te wys hoe baie jy hom waardeer. Is hy perfek? Vir seker nie, MÁÁR hy is aan jou gegee om te koester. Onthou net... Môre is nie gewaarborg nie. Hy mag een oomblik nog hier by jou wees en die volgende oomblik nie meer nie. So moenie suinig wees met jou mooi hart en komplimente teenoor jou man. Hy is ook 'n mens met 'n behoefte... Al moet hulle lyk asof hulle stink en sterk is, hulle het ook emosies. Wees vir hom vandag die vrou wat hy verdien. Lekker daggie verder en baie liefdetjies! - Past Chantal Esterhuizen
🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

09/08/2026

Geseënde vroue dag jou mooiste vroutjie. ❤️

Goeie môre mooiste,Jy is 'n seën vir die Koning van alle konings. Dankbaar kan jy vandag teenoor Hom staan, dat Hy jou s...
07/08/2026

Goeie môre mooiste,

Jy is 'n seën vir die Koning van alle konings. Dankbaar kan jy vandag teenoor Hom staan, dat Hy jou so onbeskryfbaar seën. Nie net alleen is ons geseënd nie, maar is daar 'n oproep in ons gees om ook weer van daardie seën uit te deel aan ander... Jy moet ook 'n seën vir ander wees. My manlief het altyd die siening gehad... "Ek gee 'n geldjie vir die kar wag, net om vir Jesus dankie te sê, dat ek nie daar in die wind en weer hoef te staan en karre op te pas nie." Sê jy ook vir Jesus elke dag dankie dat jy bevoorreg is? Jy hoef nie net deur jou finansies 'n seën te wees nie... Lewe net elke dag die Vrug van die Gees en maak 'n verskil deur ander in die gees op te tel waar hul dalk verslae voel of 'n hand nodig het om êrens te help. Moenie jou mooi hart of menswees weg steek nie, plaas dit voor almal om dit raak te sien en wees tot seën enige manier moontlik. Baie lekker daggie en baaaaaaaie liefdetjies!
-Past Chantal Esterhuizen 🙌🏾👆🏾👑✝️❤️

Address

Pretoria
1001

Telephone

+27123832070

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when WRD Dames Bediening posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to WRD Dames Bediening:

Shortcuts

Share