07/09/2026
FamilieStemme is 'n samesang geleentheid waar die hele familie kan kom saamsing tot eer van die Here.
Geen oefening of ervaring is nodig om te kom saamsing nie. Bring die hele familie en nooi alle belangstellendes. Deel asseblief die skakel om deel te word van die groep wat meer inligting verskaf rakende die geleentheid. Kommunikasie sal tot die minimum beperk word om die las van 'n groot aantal boodskappe te vermy.
Daar sal 'n ligte ete met koffie en tee bedien word na afloop van die geleentheid.
Die aand is gratis met 'n vrywillige kollekte om die onkostes te dek en toekomstige sangaande te verseker.