Philadelphia Gemeente

Philadelphia Gemeente Philadelphia Gemeente bedien beide 'n permanente gemeenskap van gelowiges asook 'n studente bediening. Jy sal die warmte beleef!

Dit is vir ons heerlik om jou hier in die Hervormde Gemeente Philadelphia te verwelkom. Dis die gebed in ons hart dat jou vasmeer in die gemeente (ons hawe) vir jou ‘n tyd van groei en ware ontmoeting met God sal wees. . Kom kuier saam ná eredienste, kom eet saam tydens Nagmaaletes, skakel by ‘n Geloofsfokusgroep in en kom kamp saam.

03/08/2026
Markie en musiek in die hartjie van Tukkie-wêreld…waarvoor kan mens meer vra!🥳Kom geniet pannekoek, ‘n heerlike markie e...
30/07/2026

Markie en musiek in die hartjie van Tukkie-wêreld…waarvoor kan mens meer vra!🥳

Kom geniet pannekoek, ‘n heerlike markie en samesyn by Philadelphia Hervormde Kerk se jaarlikse fondsinsameling: die Delphi Fees🥳

Koop kaartjies op die skakel in ons bio! Kaartjies by die hek ook beskikbaar🤩

1 Augustus - Ons kerk se jaarlikse fees ter fondsinsameling van die kerk is op ons🥳Henru & Schwabie gaan saam met Helena...
20/07/2026

1 Augustus - Ons kerk se jaarlikse fees ter fondsinsameling van die kerk is op ons🥳

Henru & Schwabie gaan saam met Helena Hettema vir ons die vermaak vir die aand hanteer, en kom wandel tussen die stalletjies van die MARKIE saam met jou vriende of familie.

Kaartjies in ons bio!

19/07/2026

Wat beteken ons werklik in ons gemeenskap van gelowiges?

Om by die Delphi-Fees te wees beteken vir ons meer as om bloot fondse vir die kerk in te samel. Dit is die skep van ‘n hegte gemeenskap in ‘n besige, gebroke wêreld. Ons skep ‘n plek waar ons vir mekaar kan omgee by Philadelphia Hervormde kerk.

Ondersteun ons kerk deur ‘n kaartjie te koop vir slegs R120!
1 Augustus is die dag - kom maak ‘n draai!

13/07/2026

Die Delphi-Fees dien as ‘n fondsinsameling vir ons kerk - kom ondersteun ons deur die markie te geniet, kunstenaars soos Henru en Schwabie en Helena Hettema te luister en ons heerlike gemeenskap van gelowiges te ervaar.

Kaartjies in ons bio!

Maak reg vir 'n besige Februarie. 🌟 Kry julle kalenders reg en hou die volgende datums dop, dis propvol opwindende aktiw...
07/02/2026

Maak reg vir 'n besige Februarie. 🌟 Kry julle kalenders reg en hou die volgende datums dop, dis propvol opwindende aktiwiteite en oomblikke wat julle nie wil misloop nie! Ons gaan groot gaan, so maak seker jy is reg vir al die aktiwiteite.
Sien julle daar!

Stof af jou vellies, want Philadelphia & Juventus bied vir die derde opeenvolgende jaar die “Trek aan volgens jou status...
26/01/2026

Stof af jou vellies, want Philadelphia & Juventus bied vir die derde opeenvolgende jaar die “Trek aan volgens jou status”-Valentynsokkie aan.

Address

127 Lunnonstreet, Hillcrest
Pretoria
0002

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Philadelphia Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Philadelphia Gemeente:

Shortcuts

Share