Lewensverryking Seminare

Lewensverryking Seminare Plek van VRYMAKING, VERNUWING EN VERRYKING! Dit gebeur tot voordeel van hulleself en die mense rondom hulle. Wat bied Lewensverryking Seminare vir jou?

Vir meer as 30 jaar lank gebruik die Here Lewensverryking Seminare kragtig om mense se lewens te verryk en te verander, om mense nader aan Hom te trek, hulle seer en pyn te genees en om hulle lewens om te draai. Letterlik derduisende mense regoor Suid Afrika het dit reeds reeds ervaar en kan vandag nog daarvan getuig. So baie van ons loop met onnodige bagasie uit die verlede rond wat ons verhoudin

gs met onsself, ons huweliksmaat, kinders, ouers, vriende, kollegas en dan uiteindelik met God, beïnvloed. Nuwe probleme duik op, nuwe uitdagings kom voortdurend na vore, ‘n gebrek aan kommunikasie maak die kloof net groter en verhoudings ly daaronder. By Lewensverryking het ons besef dat mense slegs die storms van die lewe werklik oorwin wanneer al hul bagasie op die regte manier hanteer word. Elke Lewensverryking Seminaar bied ‘n unieke geleentheid vir volkome genesing wanneer die groot Geneesheer, God, hulle ontmoet. Kom kry hulp, hoop en genesing in ‘n veilige omgewing. Hierdie is jou geleentheid om vry te kom van die pyn, en seer asook die las wat jou en jou verhoudings beïnvloed. In gehoorsaamheid aan die Here is dit ons visie om lewens te verryk tot die wederkoms van Jesus Christus, onder leiding van die Heilige Gees, deur middel van die Woord van God. Ons leef tans in ‘n “weggooi-kits-kultuur” wat verkeerdelik impliseer dat absoluut alles vervangbaar is - ook my huweliksmaat, my vriende, ouers of kinders, selfs my beginsels. Ook het navorsing getoon dat die gemiddelde persoon ses jaar sukkel met ‘n probleem voordat hulle bereid is om hulp te soek. Die lewe en verhoudings is eenvouding net te kosbaar om soveel tyd te verloor. ‘n Lewe van oorwinning is vir elkeen moontlik.

‘n Lewensverryking Seminaar is werklik lewensveranderend. Belê nou tyd in jouself en jou geliefdes. ‘n Belegging in ‘n Lewensverryking Seminaar lewer altyd die beste resultaat. Bel dadelik vir jou bespreking en gesels met Daleen by 087 095 0512 / 083 251 6725, of stuur 'n e-pos aan [email protected] . Jy kan ook ‘n aanlyn inskrywing op die webwerf doen by www.lewensverryking.co.za.

Hierdie week se gebed is vir die oomblikke wanneer jy moeg raak, swaar dra of voel jy het nie meer antwoorde nie. 🤍God s...
29/05/2026

Hierdie week se gebed is vir die oomblikke wanneer jy moeg raak, swaar dra of voel jy het nie meer antwoorde nie. 🤍

God sien die laste wat niemand anders sien nie en Hy bring rus, herstel en vrede waar jou siel moeg geword het.

Jy hoef nie alles alleen te dra nie.

28/05/2026

Julle huwelik verdien meer as net oorleef -
dit verdien groei, begrip en tyd om weer te verbind. 🤍

Hierdie is nie net ’n seminaar nie.
Dis ’n geleentheid om stil te raak, mekaar weer raak te sien en doelbewus aan julle verhouding te bou.

📅 12–15 Junie 2026
📍 Dinokeng
💰 R6600 per paartjie

✔️ Afbetaal opsies beskikbaar
🌐 www.lewensverryking.co.za

Bespreek nou en belê in julle “vir altyd”.

Hierdie week se gedagte: Jy hoef nie altyd sterk te wees nie. 🤍God ontmoet jou nie net in jou krag nie, maar ook in jou ...
27/05/2026

Hierdie week se gedagte: Jy hoef nie altyd sterk te wees nie. 🤍

God ontmoet jou nie net in jou krag nie, maar ook in jou moegheid - en bring herstel waar jy leeg voel.

Rus. Haal asem. Laat Hom herstel bring.

Mag jou woorde, jou reaksies en selfs jou stil oomblikke iets wys van God se liefde. En wanneer die lewe moeilik raak, m...
24/05/2026

Mag jou woorde, jou reaksies en selfs jou stil oomblikke iets wys van God se liefde. En wanneer die lewe moeilik raak, mag jy steeds kies om getrou te bly. 🤍

Here, laat ons lewens ’n getuienis wees van U vrede, hoop en genade.

21/05/2026

’n Sterk huwelik begin lank voor die troudag. 💍

Gee julle verhouding die beste fondasie - met praktiese leiding, eerlike gesprekke en toerusting vir die pad vorentoe.

Want liefde alleen dra nie ’n huwelik nie…
doel, begrip en groei ook. 🤍

📅 24–26 Julie 2026
📍 Leribisi Lodge, Pretoria Oos
💰 R5000 per paartjie
✔️ Afbetaal opsies beskikbaar
🌐 www.lewensverryking.co.za

Bespreek nou en bou saam aan ’n huwelik wat hou.

Hierdie week se gedagte herinner ons dat ons grootste getuienis dikwels nie ons woorde is nie… maar die manier waarop on...
20/05/2026

Hierdie week se gedagte herinner ons dat ons grootste getuienis dikwels nie ons woorde is nie… maar die manier waarop ons leef.

Mag jou lewe hierdie week iets wys van God se liefde, vrede en hoop - selfs in klein oomblikke. Jy hoef nie perfek te wees nie. Net gewillig om Hom elke dag te volg. 🤍

📖 1 Petrus 3:15

In die besigheid van elke dagvergeet ons soms om net stil te word.Mag hierdie gebed jou herinnerdat daar vrede, rus en n...
15/05/2026

In die besigheid van elke dag
vergeet ons soms om net stil te word.

Mag hierdie gebed jou herinner
dat daar vrede, rus en nuwe krag
in God se teenwoordigheid is.

14/05/2026

’n Gelukkige huwelik is nie iets wat net gebeur nie -
dit groei in die klein oomblikke, die moeilike gesprekke en die keuses om aan te hou bou.

Gee weer aandag aan julle verhouding.
Kom groei, herstel en versterk julle huwelik saam.

📅 12–15 Junie 2026
📍 Dinokeng
💰 R6600 per paartjie

Afbetaal opsies beskikbaar.
🌐 www.lewensverryking.co.za

Bespreek nou.

Met Hemelvaart onthou ons dat Jesus nie net gekom het om ons te red nie, maar ook om vir ons ’n ewige hoop voor te berei...
14/05/2026

Met Hemelvaart onthou ons dat Jesus nie net gekom het om ons te red nie, maar ook om vir ons ’n ewige hoop voor te berei.

Hy het opgevaar na die Vader - en die belofte gegee dat daar plek is vir elkeen wat Hom volg.

Mag Hemelvaart jou vandag herinner dat jou hoop nie net in hierdie wêreld lê nie, maar in die ewige teenwoordigheid van God.

📖 Johannes 14:2-3

Ons spandeer so maklik tyd aan alles wat ons moeg maak,maar vergeet soms van die Een wat ons weer vol maak.In God se tee...
13/05/2026

Ons spandeer so maklik tyd aan alles wat ons moeg maak,
maar vergeet soms van die Een wat ons weer vol maak.

In God se teenwoordigheid vind ons rus vir die hart,
vrede vir die gedagtes
en nuwe krag vir elke dag.

Address

1353 De Villebois Mareuil
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lewensverryking Seminare posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share