NG Gemeente Quaggapoort

NG Gemeente Quaggapoort Die Here sal voorsien...
Loof • Hoop • Dien

U word vriendelik uitgenooi na die laaste erediens by NG Gemeente Quaggapoort op Sondag, 1 Desember 2024 om 09:00. Dit i...
31/10/2024

U word vriendelik uitgenooi na die laaste erediens by NG Gemeente Quaggapoort op Sondag, 1 Desember 2024 om 09:00. Dit is met groot hartseer dat ons totsiens sê, maar ook met groot dankbaarheid dat die Here voorsien en gesorg het vir 80 jaar.

Ons sluit af met ons Kerssangdiens, en ons sal saam Nagmaal gebruik. Ds Marissa Kidson sal die diens fasiliteer.

Ons gaan na die diens saam kuier met tee en verversings.

RSVP: 25 November 2024
[email protected]

Onthou asseblief hiervan. Dit gebeur volgende Sondag, 14 April. Verversings na die erediens. U elkeen is welkom!
05/04/2024

Onthou asseblief hiervan. Dit gebeur volgende Sondag, 14 April. Verversings na die erediens. U elkeen is welkom!

U elkeen is uitgenooi!
21/03/2024

U elkeen is uitgenooi!

Goeiemôre, liewe QuaggapoortSoos u weet is hierdie tyd van die jaar ons DANKSEGGINGSEISOEN, is ons baie afhanklik van hi...
19/10/2023

Goeiemôre, liewe Quaggapoort

Soos u weet is hierdie tyd van die jaar ons DANKSEGGINGSEISOEN, is ons baie afhanklik van hierdie ekstra fondse wat inkom.

Ons weet dis nie vir almal moontlik nie, en dat die stygende lewenskoste ons almal se sakke diep raak - veral nou.

Maar as u die weg oopsien om in hierdie tyd 'n ekstra kerkbydrae te kan maak, kan dit ons baie help.

Daar het reeds 'n paar Rand ingekom, en daarvoor is ons baie dankbaar.

U kan u bydrae in 'n koevert sit gemerk 'Danksegging' en dit sommer in die kollektebord gooi, of dit by die kerkkantoor inbetaal. U kan ook 'n direkte bankbetaling maak.

Baie dankie dat ons mag vra.

Let asseblief daarop dat ons KERSSANGDIENS op 3 Desember na ons OGGENDDIENS om 09:00 skuif.

Ons gaan oudergewoonte 'n GELOFTEDIENS hê op 16 Desember, asook ons KERSDIENS op 25 Desember (beide hierdie dienste om 08:00).

Ons hoop om u iewers by die kerk raak te loop!

Groete.

04/07/2023
Wat 'n besondere boodskap en ongelooflike musiek deur Louis Loock by vanoggend se erediens. Wat 'n voorreg!
11/06/2023

Wat 'n besondere boodskap en ongelooflike musiek deur Louis Loock by vanoggend se erediens. Wat 'n voorreg!

ℹ️ Julle! Kom loer in by ons erediens komende Sondagoggend, 11 Junie om 09:00. Dit gaan FANTASTIES wees!! Trek lekker wa...
07/06/2023

ℹ️ Julle! Kom loer in by ons erediens komende Sondagoggend, 11 Junie om 09:00. Dit gaan FANTASTIES wees!! Trek lekker warm aan, bring 'n kombersie saam, en kom drink 'n lekker koppie tee na die tyd. (As u kan kom help skink - 'n bonus!!). Ons wil hiermee probeer wys al is ons min, wil ons ons gemeente laat lééf! Bring asseblief almal saam wat u ken. 🎵🎶✝️
Louis Loock
Elzanté Music House

U IS UITGENOOI!! Louis Loock kom 'n spesiale optrede by ons gemeente doen op Sondag, 11 Junie 2023 tydens die oggenddien...
23/05/2023

U IS UITGENOOI!!

Louis Loock kom 'n spesiale optrede by ons gemeente doen op Sondag, 11 Junie 2023 tydens die oggenddiens om 09:00. Toegang is GRATIS. Ons sal ons gewone eredienskollekte opneem. Dit sal wonderlik wees as u elkeen dit kan bywoon, en sommer u geliefdes en vriende sal saambring. Ons sal na die diens tee, koffie en ligte verversings ook hê.

Ons gemeente is vandag 79 jaar oud. Op hierdie dag, 15 April 1944, het Quaggapoort van Pretoria-Wes afgestig, 'n basaar ...
15/04/2023

Ons gemeente is vandag 79 jaar oud. Op hierdie dag, 15 April 1944, het Quaggapoort van Pretoria-Wes afgestig, 'n basaar is gehou onder seile op die terrein waar die kerkgebou vandag staan, en om 15:00 daardie middag is die gemeente amptelik gestig. Pretoria-Wes het hulle ou kerkklok geskenk, en 10 kerkbanke. Die hoeksteen is gelê op 27 April 1946, en in November 1946 is die kerkgebou (sonder 'n orrel) in gebruik geneem. 'n Splinternuwe pyporrel word van Holland ingevoer, en word in Augustus 1947 in gebruik geneem, wat deur die predikant self, Ds Smal, dié oggend bespeel is. Die kerk se argitek, Hendrik Vermooten, is op 8 Julie 1950 deur sy pa, Ds Simon Vermooten, uit dié kerkgebou getroud.

26/02/2023

Wanneer ons by ’n etenstafel, in ’n lesinglokaal of op ’n kerkbank gaan sit, gaan sit ons meestal waar ons gewoonlik sit. Ons d**k nie elke keer daaroor en eksperimenteer met die plek waar ons sit nie. Nee, dit is sesuur in die aand, kos is op die tafel en ek weet watter stoel myne...

Address

4 Sishen Street, West Park
Pretoria
0183

Opening Hours

Tuesday 07:30 - 00:00
Friday 07:30 - 00:00
Sunday 08:00 - 10:00

Telephone

+27834751919

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Quaggapoort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share